BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 458

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Innerlike Woord gedurende die tyd van verdrukking

3408 Gedurende die tyd van ellende en benoudheid sal julle die stem van die Heilige Gees helder en duidelik hoor sodra julle die verbinding met God staande hou en begeer om Hom Self te hoor. Want Hy sal nie Sy gawe van barmhartigheid onttrek nie, maar Hy sal dit steeds oorvloediger oordra, want Hy weet wat julle nodig sal hê, Hy weet dat julle troos en versterking nodig sal hê en dat slegs Hy dit aan julle kan gee. Hoe inniger julle by Hom sal aansluit, hoe meer sal Hy Sy Woord aan julle skenk, met Sy liefde wat Hy in die Woord tot uitdrukking bring. En julle sal die ellende nie so erg voel nie, want God Self sal julle bo die ellende uitlig. Hy kan julle `n blymoedige hart gee, ten spyte van die uiterlike nood, Hy sal julle beskeie en geduldig maak, sodat julle nie gebrek sal lei nie en slegs begeer dat Hy Homself aan julle sal openbaar, dat Hy met julle sal praat en julle Sy barmhartigheid kan ontvang.

En Hy sal hierdie begeerte aan julle toestaan, Hy sal julle geestelike oor duideliker laat hoor en julle sal Sy stem oral en altyd verneem. En hierdie geestelike voeding sal julle gelukkiger maak as enige aardse vervulling. Julle liggaam sal met weinig tevrede wees, julle sal nie meer daaraan aandag gee nie, en tog sal julle siel ryklik versorg word en nooit gebrek hoef te ly nie. En wanneer julle aardse nood in die gesig sal staar, sal dit julle nie meer ontmoedig nie, want julle sal in staat wees om dit te neem na die Een wat Sy hulp aan julle beloof het, want Hy het julle lief soos `n vader sy kinders liefhet.

Die tyd van ellende en droefheid moet julle dus nie angstig maak nie, indien julle julleself as Sy kinders beskou en innige tweespraak met Hom hou vanuit die diepte van julle harte nie. Hy sal julle antwoord en julle sal Sy stem in julle harte hoor, en wat Hy aan julle sê, sal julle ophef en julle gelukkig maak, dit sal julle versterk en vol vertroue maak, dit sal al julle bekommernisse en nood beëindig, want julle sal in staat wees om diep en onwrikbaar te glo, want julle sal deur God se Gees onderrig word en Sy Stem sal julle tref soos `n vaderlike woord van raad wat julle nooit of te nimmer sal betwyfel nie.

En julle harte sal jubel, want julle sal die liefdevolle Vader herken, Wie se Stem julle waardig geag het. En julle geestelike vooruitgang sal julle alles laat vergeet, julle sal alle lyding en ontberinge verdra wat julle op julleself sal moet neem, want julle liggame sal minder sensitief word, hoe meer die siele vergeestelik. Maar die siel sal egter juig wanneer sy die doel bereik het om God te voel en Sy stem te hoor, so dikwels as wat sy daarna verlang. Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205