BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 459

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Menslike wil - God se wil - Bemoedigende woorde

3413 Op die korrekte tyd sal Ek ingryp in die wêreldgebeure en dit in ander bane lei. Maar voordat My wil in aksie sal kom, sal Ek die menslike wil laat vryloop tot die uiterste toe. Wat die mens wil uitrig, sal Ek toelaat om hulle dan voelbaar te onderrig, aangesien 'n saggeaarde onderrig geen meer nut sal hê nie, omdat die mense hulle oor toesluit wanneer die verderflikheid van hul handelinge aan hulle getoon word. Ek pla hulle dus nie wanneer hulle na middele gryp wat elke regskape denkende mens behoort te verafsku nie. Ek verhinder dus ook nie die groot nood wat hulle wil teweegbring nie. Ek ontneem hulle ook nie die lewenskrag wat hulle gebruik om dade uit te voer wat te veroordeel is nie, maar Ek laat hulle toe om werksaam te wees volgens hul eie goeddunke. Daar is egter 'n grens gestel wat hulle nie sal kan oorskry nie. En eendag sal hulle wil tot niks in staat wees nie, omdat My wil sterker is.

Julle, my gelowiges, moet julle nie aan nare gedagtes oorgee nie. Julle sal elke dag vol vertroue moet lewe en steeds maar net My nabyheid nastreef deur onbaatsugtige liefdeswerke. Julle moet help waar julle hulp benodig word en daardeur julle harte ontvanklik maak vir die krag van die liefde wat van My na julle oorloop wanneer julle dit nodig het. Want daar sal eise aan julle gestel word en om daaraan te kan voldoen, sal julle genade en krag van My moet ontvang. Wat daar ookal mag gebeur, dit is My werk, My wil en jou lot wat ontwikkel soos wat jou toestand van volwassenheid dit verg.

Die mense woed nog steeds en elkeen probeer om sy krag deur dade van liefdeloosheid te vergroot en dit is die verderf. Want Ek moet hulle kragteloosheid vir hulle bewys. Maar Ek het Myself voorheen in herinnering gebring dat Ek die mense in so 'n nood sal laat beland sodat hulle na My sal roep. Hul siele sal My moet soek. Hulle moet My nie met die mond aanroep nie, maar uit die diepte van hulle harte moet hulle My om hulp vra. Oral sal nood en ellende wees en tog sal die leed nie in staat wees om die mense te omvorm nie. Hulle sal liefdeloos en heerssugtig bly en sal hul vermeende reg met geweld soek. En waar hulle dit nie sal kan kry nie, daar sal hulle met gewelddadige stryd middele optree. En Ek sal dit toelaat. Maar die einde sal Ek self bepaal. Ek sal op die regte tyd kom en sal My stem laat weerklink.

Wees daarom nie bang nie, maar wag vol geloof op my hulp as dit julle toeskyn dat ernstige gevaar vir julle dreig. My vaderlike oog sal oor julle waak wat met My verbonde sal bly in gebed en werke van liefde. Ek sal niks op julle laat afkom wat julle in gevaar sou bring en Ek sal voortdurend by julle wees wanneer julle My aanroep. En dit is beslis so dat die ure van nood deur My beëindig sal word voordat julle, my gelowiges, daardeur getref sal word. Want Ek het My beskerming aan julle belowe. My woord is waarheid en sal ewig waarheid bly. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205