BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Leed is liefde - Mense sonder leed

646 Julle sal My stem hoor, as julle in julle harte die verlange daarna koester. Sien My kind, wel is jou weg op aarde `n voortdurende stryd en dit moet ook so bly tot aan die einde van jou lewe, want dan bly die krag van die wil ook onverswak. As jy op aarde reeds die volkome vervulling van jou begeertes sou ontvang, sou jy traag word in die strewe om na My toe te kom. En daarin soek en vind jy altyd die verklaring van ure en dae wat jou gemoed beswaar. Tog is My Liefde naby jou en verhoed dat jy skade ly aan jou siel.

Die toestand van voortdurende tevredenheid op aarde is uiters gevaarlik vir die siel en My Liefde wil die gevaar van jou afwend en jou tot steeds yweriger geestelike aktiwiteit bring en jou verlange na My versterk, want dit is die ware dryfkrag om geestelik aan jouself te werk.

Ek is jou en julle almal altyd naby, julle herken My egter dikwels nie. Julle soek My, maar julle luister nie na julle innerlike nie, waar Ek julle liefdevol aanspreek. Bly volhard en laat julle verlange na My nie swakker word nie. Dan neem Ek heeltemal besit van julle en sal julle eens die saligste vrede gee, wanneer julle die stryd van die lewe met sukses uitgeveg het.

En laat My nou dan tot jou hart spreek: `n Ongestoorde lewensvreugde val geen sterfling ten deel nie. Die dikwels toegepaste woord leer julle kortliks om die toestand van lyding op aarde te ken. En wie spog met baie vreugde in die aardse lewe, word waarlik nie in liefde deur My versorg nie, want hy kan slegs van ware Vaderliefde spreek, as hy ook die strengheid van die Vader bemerk, of as hy homself so gewillig aan My oorgegee het, dat Ek hom reeds in die aardse lewe geseën het.

Want wie hom in die liefde van die Vader bevind, sal vir die loutering van sy wese deur die vuur van die liefde, of deur leed moet gaan. As sy hart bereidwillig is om lief te hê en in liefde werksaam te wees, dan sal die leed hom ook nie terneerdruk nie en sal hy in leed slegs inniger na My opsien en suiwer liefde word gedurende die aardse lewe. Dog wie van leed gespaar bly, is onuitspreeklik arm, reeds op aarde en eenmaal in die hiernamaals. En wel deur sy eie skuld, want hy het sy medemens geen liefde gegee nie en sal dit daarom ook nie van My ontvang nie. Die lewe op aarde sal hom weliswaar meer geval in ongestoorde lewensgenot en sorglose dae, maar die toestand van sy siel sal droewig en eens baie smartlik wees.

Die vervreemding van die Vaderhart sal merkbaar tot uiting kom, deurdat sy sin en strewe slegs aardse vreugde wil hê en hy sal met ware begerigheid daarna streef, want hy het hom deur sy liefdelose natuur in die mag van die teenwerkende kragte begeef en sal hom meer en meer na hulle toe wend en word dan deur hierdie mag in die maalstroom van die wêreld met al haar verlokkinge, glans en wellus ingetrek.

Daarom, beny nooit die mense waarmee dit skynbaar goed gaan in die aardse lewe nie. Hul lewe is onvrugbaar, hulle versamel niks vir die ewigheid nie, hulle doen niks vir hul siele nie, maar alles vir hul ondergang en geestelike dood. En die aardse lewe is kort, die lewe in die hiernamaals egter oneindig lank. Hulle het op aarde baie laat verbygaan en weinig ontvang en is daarom armer as die armste mense op aarde wat hul dae met leed en vol sorge moet gaan.

Hoe meer julle in liefde werksaam is op aarde, des te meer sal die leed op julle druk, julle eie leed en meer nog die van julle medemens, want `n liefhebbende hart voel as te ware ook die lyding van hulle van wie hulle hou. Dog al die leed is ook weer liefde, innige liefde van die Hemelse Vader, wat julle daardeur waardig wil maak om in sy nabyheid te wees en te lewe in die hemelse paradys. As julle in leed verkeer, weet dan dat julle ook in My Liefde is. Weet dat julle julle Heiland dan steeds inniger in julle hart moet insluit, sodat al julle leed in seën omgesit kan word. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205