BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 469

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid betoon word. Mat.5:7

3460 Salig is hulle wat barmhartig is, wie in nood en teenspoed sy naaste bystaan en hom help om te oorwin. My genade sal sigbaar op hulle rus, want hulle vervul My gebooie, hulle het My lief omdat hulle aan hul naastes, My skepsels, liefde betoon.

Wie hulpeloos en verlate is, sal die liefde wat aan hom betoon word, in dankbaarheid ervaar, dit sal wederliefde opwek en wat dit beteken, sal julle op aarde nie in sy volle omvang kan besef nie, naamlik dat die geringste liefde `n vry word van die mag van die teenstander beteken, `n verandering wat die terugkeer na My inlui, wat slegs deur liefde kan plaasvind. In alle aardse en geestelike nood ervaar die mens liefdevolle hulp as weldadig. Die liefde werk as krag, want sy gaan immers van My as die Ewige Liefde uit en kan slegs lewewekkend werk. Hulpverlening bring goeie gedagtes voort en goeie gevoelens, die siel van die medemens word aangeraak en aangespoor om net so werksaam te word en elke daad van liefde sal verwydering bring van My teenstander, dus `n verkleining van die afstand na My.

Die nood van die tyd, waarin liggaam en siel ly, waarin liggaamlike lyding niks anders kan wees as die gevolge van die nood van die siel nie, noop die doen van werke van barmhartigheid, sodat die mense hulle kan besin en die weg vind na My. En hierdie weg toon julle hul wanneer julle barmhartig is, wanneer julle in onbaatsugtige naasteliefde die medemens volgens liggaam en siel opbeur deur goeie werke, troostende woorde en liefdevolle sorg.

Dan kan liggaam en siel gesond word, omdat laasgenoemde die krag van die liefde bespeur en sy sterk en gewillig word om op My af te stuur. Die liefde sal wederliefde wek en waar die vonk van liefde ontsteek word, daar kan Ekself al werksaam wees, omdat Ek oral kan wees waar die liefde is. En waar Ek is, sal die nood nie meer so groot wees nie, egter ooreenkomstig die graad van liefde waarin die mens homself bevind. Probeer daarom ywerig deur liefde wederliefde te wek en julle sal die siele bevry deur julle werke van barmhartigheid.

Bevryding van die siele sal vir julle `n geluksalige lot in die hiernamaals oplewer, waar slegs die liefde gewaardeer word en die siele julle ewiglik sal dank dat julle hulle die goeie weg gewys het. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205