BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 47

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Kruis dra in Barmhartigheid - “Vader, laat U Wil geskied”

648 Keer in julle binneste en sien julle swakhede in en vra Jesus vir Sy bystand, dan sal julle krag ook sterker word, sodat julle sal slaag om die beproewinge van die lewe in sagmoedigheid en geduld te verdra. Die Wil van die Vader stuur hierdie beproewinge aan julle, slegs tot julle eie voordeel. Selde sal `n mens homself, sonder om te mor, in die lyding voeg wat bo hom hang en tog is juis dit `n gewillige onderwerping aan God se wil, wanneer die mens bly en dankbaar al die leed uit die Hand van die Vader in ontvangs neem en so slegs alles as die korrekte vir sy sieleheil erken.

Wanneer die smart groter word, lê die Heiland julle `n klein kruis op wat julle uit liefde tot Hom moet dra. Sulke dae sal die siel oneindig gelukkig maak, want wat die liggaam geduldig verdra, word van die siel weggeneem en haar toestand word steeds vryer. Die liggaamlike leed is die grootste hulp vir die siel en as die mens so-iets met vreugde dra, dan is die siel hom dankbaar en neem van haar kant weer elke geleentheid waar, waarin sy die liggaam kan bystaan deur innerlike aanwysings tot welsyn van die mens in aardse aktiwiteite. Al die leed sal maar net `n verdelende uitwerking hê, wanneer dit die mens nie verbitter teen Hom Wie die leed oor hom toelaat nie en daarom is dit slegs heilsaam vir die siel van die mens.

En as die verleiding groot word om in opstand te kom teen die Wil van God, dink dan aan die lyding van Jesus aan die kruis. Hoe onuitspreeklik smartlik was Sy dood nie en hoe berustend het die Heiland nie al die leed op Sy skouers geneem, uit Liefde vir die sondige mensdom nie. En as julle dit voor oë hou, dan sal julle ook julle ligte kruis wil dra, want Jesus lê dit nie swaarder op vir julle as wat julle in staat is om te dra nie. En die ware liefde tot die Heiland versoet al die leed vir julle.

Eens sal daar vir julle `n lig opgaan hoe dit met die leed gesteld is en julle siel sal jubel wanneer julle op aarde gewillig was en julle groot verdienste verwerf het deur die dra van die leed, wat `n buitengewone weldadige uitwerking in die geestelike wêreld het. Die lewensduur laai vir julle wel soveel op die hals, dat dit julle vir eers onoorwinlik skyn te wees en julle sal teenoor God kla en sal in opstand wil kom teen Sy mees gewyde Wil, maar die Liefde van God sal julle spoedig iets anders leer.

Hy sal julle laat insien dat dit slegs vir julle beswil is, wanneer Hy julle met leed beklee en dan sal die bestaan op aarde vir julle `n ryk loon oplewer, as julle dit ingesien het. Bid daarom steeds uit die diepste van julle harte: “Vader, laat U Wil geskied” en julle leed sal verander in vreugde en met dank sal julle die loon in ontvangs neem, wat julle eens in die ewigheid skadeloos sal stel vir al die leed op aarde. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205