BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 470

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

My Vader en Ek is één – Die krag van die liefde

3465 My Vader en Ek is EEN. Hierdie woorde moes Ek tot die mense spreek wat nie kon begryp dat die Liefde, die ewige Krag wat skep, waaruit alles voortgekom het, in My was en My dus in staat gestel het om dieselfde te doen wat die Vader, die Voortbringer van alles wat is, kon volbring nie. Ek wou die Krag van die Liefde wat in My werksaam was, aan die mense bewys en Ek wou dit vir hulle duidelik maak dat hierdie Krag die Oerkrag is, wat alles laat ontstaan het en dat hierdie Krag nou werksaam is in `n mens wat die Liefde in homself het. Want die Vader as die ewige Liefde verbind Homself met elkeen wat hom self tot liefde omvorm het en hy sal dus één met Hom wees.

Die Oerkrag verenig Homself weer met dit wat as Kragstroom van Hom uitgegaan het en gevolglik is die mens wat liefde geword het, nie meer van Hom geskei nie. En dus sal ook die Krag in Sy hele werksaamheid tot uitdrukking kom waar die vereniging met die Vader plaasgevind het en die mens wat deur die ewige Liefde vervul is, sal magtig wees, hy sal sy Mag en Krag kan gebruik en dinge volbring wat buite die menslike vermoë lê, hy sal in staat wees om wonderwerke te verrig, net soos wat ook Ek oor hierdie Krag beskik het en dit aangewend het om aan die mense die Krag van die Liefde te bewys.

Ek wou vir die mense die Mag van die liefde aanskoulik gemaak het, om hulle aan te spoor om in die liefde werksaam te wees, om hulle te beweeg om My na te volg en ook die vereniging met die Vader na te streef. Maar die mensdom het dit nie begryp nie, want hul gees was deur liefdeloosheid verduister en die duisternis van gees kon nie anders opgehef word as deur werke van liefde nie, want geestelike helderheid vereis dat die Krag van God se Liefde met strale moet deurdring, maar dit kan slegs daar geuiter kan word waar liefde beoefen en beleef word. Geestelike helderheid is egter Lig, geestelike helderheid is Wysheid wat gebore is uit die liefde. Gevolglik is Lig en Krag één, Wysheid en Liefde kan nie voorgestel word sonder mekaar nie, net soos wat die Vader nie sonder die Seun bedink kan word nie. Die Liefde verwek Krag en Wysheid as die uitstraling daarvan, as Lig wat geen donkerte meer laat opkom nie. En die goddelike Wysheid moes My Wese vervul het toe Ek as mens op aarde gewandel het, omdat die Krag van die Liefde in algehele volheid My liggaamlike omhulsel binnegestoom het en dit geskik gemaak het om wonderwerke te verrig.

Maar die mense sal dit nie begryp nie, alvorens hulle nie self liefde geword het en die Krag van die liefde in hulself kan voel nie. Die innigste verbinding kan hulle met God hulle Vader van ewigheid ingaan, hulle kan één wees met hulle hemelse Vader, die Ewige Liefde, net soos Ek één was met Hom, as hulle maar net in liefde wil lewe en hulself daardeur gelyk maak aan die ewige Liefde, die Oerkrag van Wie hulle eens self uitgegaan het. Om deur die ewige Liefde deurstraal te word, is geluksaligheid wat met niks vergelyk kan word nie, dit is om wetend en magtig te wees en die wete dat die Mag regstreeks van God ontvang word en geen skeiding te voel van die Vader nie, Wie se Liefde alles na Sy eie gebied trek wie homself nie teen Hom verset nie. Hierdie geluksaligheid is so oorweldigend dat die sterflike mens nie die vermoë het om dit te kan verdra nie. Tog kan hy dit nastreef in die wete dat die Vader hom na Homself toe sal bring in die geesteryk, indien hy die vereniging met Hom binnegegaan het op aarde.

Maar My lewenswandel op aarde moes vir die mense die Krag van die Liefde aanskoulik maak, hulle moes die betekenis daarvan leer begryp om My lewenswandel self as voorbeeld te neem en net soos Ek, ook die Vader, die ewige Liefde, as doel van hulle lewe op aarde kies. Die vereniging met God het al op aarde plaasgevind, in `n sigbare uitwerking vir die mense, wat sonder enige liefde was en daarom sonder Lig, d.w.s. onwetend. Ek wou hulle te hulp kom en hulle die weg toon, naamlik hoe om uit die donker van die nag in die helder Lig van die dag in te stap. Ek het hulle onderrig en aan hulle die gebod van die liefde gegee, want God was in My en dus ook Sy Wysheid. Ek was één met My Vader, vir die mensdom onbegryplik, Ek was met Hom versmelt vir ewig, want alles wat self in liefde verander het, keer na die ewige Liefde terug. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205