BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 471

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Seën van leed

3472 Wie hulle skik volgens My Wil, sal in My die mees liefdevolle en sorgsame Vader vind, want Ek sal hom nie meer in die benarde toestand van sy siel laat nie. En wanneer die siel nie meer in nood is nie, dan sal ook die liggaam nie meer so hoef te ly nie, ofskoon sy substansies hulle nog kan vergeestelik deur die leed en dit `n vinniger positiewe ontwikkeling kan beteken vir die gees wat nog gebonde is in die uiterlike vorm van die mens.

Julle mense weet nie hoe graag Ek vir julle die weg sou wil verkort wat na My lei en wat julle uiteindelike vrywording as doel het nie. Julle moes `n onvoorstelbare lang tyd oor die aarde gaan vóór julle beliggaming as mens en hierdie laaste periode van ontwikkeling is slegs kort en sal julle tog totale vrywording kan oplewer, indien julle wil korrek gerig is. En Ek wil julle help, sodat julle julle doel op aarde sal bereik, sodat julle julle blik op My sal rig en saam met My die weg gaan tot aan die einde van julle lewe, want dan sal julle nie verkeerd gaan nie. Maar julle wend julle blik dikwels tersyde en laat julle verlei deur die bekoringe van die wêreld. Julle wil streef na aardse goedere waarna julle verlang en dan beland julle in gevaar om in die gebied van My teenstander te kom.

Daarom moet Ek julle dikwels laat aanpor, sodat julle wakker kan word en weer op die weg let, sodat julle My nie vergeet nie en tot My sal roep in nood, sodat julle wil weer vir My sal geld. Dog solank julle nie van die weg afdwaal nie, solank julle julle blik na My ophef en trag om My Wil te vervul, sal Ek voelbaar by julle wees en sal Ek oor elke skrede waak. Ek sal julle by die hand neem en julle lei oor alle hindernisse op die weg heen, wat julle egter sal moet oorwin, omdat julle positiewe ontwikkeling dit vereis.

Maar niks mag julle dan bevrees maak nie, niks mag julle laat moed verloor of moedeloos laat word nie, want solank julle My as Begeleier het, deur julle wil wat op My gerig is, sal julle nooit sonder krag wees nie. Steeds weer sal Ek julle versterk en al lê julle die weg ook vol moeite af, behaal julle so die grootste voordeel vir liggaam en siel, want hule sal hulself meer en meer vergeestelik en julle einde sal salig wees. En eens sal julle, terugkykend, die seën van die leed insien wat julle moes verdra. Want Ek verlang waarlik slegs die beste vir julle, maar Ek kan julle nie die geluksaligheid van die Ewige Lewe gee, solank julle gees nie volmaak is nie, solank julle nog nie volledig gelouter en ontslae van alle afvalstowwe, My tegemoet kan tree nie, want slegs My nabyheid is geluksaligheid vir julle en dit vereis reinheid en suiwerheid en daarmee wil Ek julle help, solank julle nog op aarde vertoef, want My Liefde vir julle is oorvloedig en wil julle leed verkort, sodat dit julle nie beskore sal wees in die hiernamaals nie, waar julle dubbel sal ly, omdat julle dan sonder krag sal wees.

Ek het geen genoeë daarin wanneer julle moet ly op aarde nie en My Liefde sou ook die leed graag vir julle wou bespaar, maar dit sou dan net tot julle nadeel wees, want julle sal nooit as te nimmer die ewige geluksaligheid kan bereik nie, julle sal nimmermeer in krag en vryheid werksaam kan wees nie en julle lot sou ewig dit van `n gevangene wees, kragteloos en gebonde in die sonde en ewig ver van My. Maar My Liefde tot julle is groter as My medelye en omdat My Wysheid die leed insien as die enigste middel om julle terug te wen, om julle vry te maak uit julle gebondenheid, sal julle op aarde deur `n harde leerskool moet gaan en `n kort tydjie `n lot op julle moet neem wat vir julle wel swaar en ondraaglik voorkom, maar wat tog maar net `n bewys is van My Liefde vir julle.

Maar julle het dit self in die hand om die leed vir julle te versag. Julle kan dit self draaglik maak vir julle, wanneer julle julle bes doen om My Wil te vervul, wanneer julle in die liefde sal leef. Want die liefde is krag, die Liefde is Ekself en as julle julleself in die liefde oefen, sal julle ook deurstroom word met krag en julle hoef dan nie meer te vrees dat die leed julle sal terneerdruk nie, want nou oorwin julle dit saam met My en Ek sal julle waarlik nie sonder hulp laat wanneer julle My kinders geword het deur werke van liefde nie.

Bly in die liefde, want so bly julle ook met My verbind, neem deel aan die nood van die medemens en stel julle eie nood tersyde, dan sal julle self die leed vir julle verminder, julle sal dit nie bemerk nie en die aardse leed sal steeds beter te dra wees, want dan suiwer julle julleself deur die liefde en sal dan nie die leed soseer nodig hê om julle siel volmaak te laat word nie.

Sodra julle leer om die leed te sien as `n bewys van My Liefde, sodra julle dit as `n middel beskou waardeur Ek wil trag om julle te verander om julle gelukkig te maak, sal dit julle ook nie meer so smartlik tref nie, julle sal dit geduldig verdra en sal julle nie meer verset teen die ongeluk wat julle dink wat net hard is, maar wat julle egter op aarde al kan omvorm tot ’n ligwese, indien julle daardeur die weg na My kan vind. En benut dus die tyd so tot aan die einde.

Doen alles om julle in die liefde te oefen en omvorm julle hart, sodat Ek intrek daarin kan neem en julle daardeur vol krag kan word om alle teenstand te oorwin. Want waar My Liefde werksaam is, is daar geen swakte, geen moedeloosheid en is daar geen sorge nie. Waar Ek werksaam kan wees, is daar vrede in die siel, hoop en sterkte en `n voortdurende gevoel van sekerheid, want Ek lei Myne by die Hand, Ek beskerm hulle teen die mag van die bose.

En julle sal bewus word van My beskerming; julle sal julle vol geloof aan My oorgee en My laat regeer. En vaderlik sal Ek My oor buig na My kinders en sorg vir hulle tot aan die einde van hul lewe, totdat hulle die geesteryk kan ingaan, waar hulle in My teenwoordigheid tot in alle ewigheid geluksalig sal wees. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205