BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 476

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Geestelike en materiële skeppings

3495 In God se skepping bestaan daar ontelbare wêrelde, wat die positiewe ontwikkeling van die gees ten doel het, wie die weg na God moet terugvind. En ontelbare wêrelde is gevolglik draers van hierdie gees, wat - beantwoordend aan haar toestand van volwassenheid - deels materieel, deels geestelik gebonde hierdie wêrelde bewoon. Daar is nie net aardse materiële skeppings waaraan die taak opgedra is om die gees te herberg nie.

Omdat daar verskillende grade van ontwikkeling is, het die gees nie altyd die materie nodig nie, maar sy kan ook in geestelike skeppings haar positiewe ontwikkeling voortsit, sodra sy die weg deur die aardse materie gegaan het. Maar ook dan moet die gees nog take vervul wat willekeurige skeppings benodig, wat slegs vir die geestelike oog sigbaar is en onvergelyklik is in hul veelsydigheid, aard en bestemming.

Aan al hierdie skeppingswerke kan die gees haarself toets. Sy kan haar wil om lief te hê tot daad laat word, na gelang van haar volheid van krag en lig. Die geestelike skeppings raak vir die geestelike oog eers sigbaar wanneer die wese `n bepaalde graad van volwassenheid bereik het. Voor dit bevind sy haar in wêrelde - wanneer sy die aarde onvolmaak verlaat het - waarin sy geen enkele skepping kan herken nie, omdat dit heeltemal donker om die wese is.

Dus neem ook die skeppingswondere toe met die toestand van volwassenheid, sodat die wese ewighede deur steeds weer nuwe skeppings kan aanskou en hierdeur die oneindige liefde van God kan insien. Die geestelike skeppings is baie uitgebrei en vir die menslike oog heeltemal onvoorstelbaar. Hulle lê voortdurend getuienis af van die vormgewende wil van God, van Sy liefde wat voortdurend probeer om Sy skepsels gelukkig te maak, en van Sy onoortrefbare Wysheid. Hulle is egter onverwoesbaar, maar veranderlik, omdat die wesens nie rus nie. Inteendeel, hulle is voortdurend werksaam. En geestelike skeppings is weer die uiting van krag van volmaakte ligwesens wat voortdurend werksaam is en skep om die geeste wat nog onontwikkeld is, of wat in ’n lae graad van volwassenheid verkeer, geleenthede te bied om voort te gaan met hul ontwikkeling. Geheel onvolwasse wesens het materiële skeppings nodig. Maar vanaf `n bepaalde graad van volwassenheid is dit nie meer nodig nie en word dit deur geestelike skeppings vervang, wat egter die wesens ook die moontlikheid bied om tot die helderste lig te kom. Hoe verder die gees van God verwyder is, des te harder is die omhulsel waardeur sy omring is en des te materiëler is ook die skepping wat aan hul opgedra is om te bewoon. Indien die siel die aarde verlaat het in die toestand waarin sy ver van God verwyder was, dan voel dit vir haar of sy nog deur dieselfde materiële skepping omring is, ofskoon die geesteryk nou haar blyplek geword het. Hierdie skeppings staan voor haar geestelike oog, omdat die begeerte daarna nog so groot is, dat die siel self in haar gedagtes materiële dinge skep en sy nou dink dat sy hierin bly.

Dit is dus geen geestelike skeppings wat ontstaan het deur die wil van God en die ligwesens nie. Inteendeel, dit is `n skynskepping wat die siel self opgetower het deur haar wil, wat sy dus in werklikheid nie sien met haar geestelike oog nie, maar wat sy slegs in die herinnering aan die aarde voor haar gees laat ontstaan het. Sy sal ook nooit van hierdie beelde kan geniet nie, omdat hulle altyd verdwyn, sodra hulle deur die wese gebruik wil word, sodat die siel baie spoedig die verganklikheid van haar skeppings besef, en wat ook die bedoeling daarvan is.

Die geestelike skeppings daarenteen is onverganklik, maar verander voortdurend, hulle word dus steeds meer volmaak vir die geestelike oog van die wese. Hoe verder sy in volmaaktheid groei, kry sy weer nuwe skeppings wat sy mag aanskou, in onvermoede heerlikheid getuigend van die Liefde, Wysheid en Almag van God. En tog is dit ook weer aansporend om in liefde werksaam te wees, omdat al hierdie geestelike wêrelde wesens bevat wat deur die stuur van krag hulself positief ontwikkel en daarom op die versorgende geestelike ligwesens aanstuur, aangetrek deur die volheid van lig wat van hierdie wesens uitstraal.

Materiële wêrelde is gewoonlik sonder lig en benodig ekstra sorg van die ligwesens. Maar die sorg vir die bewoners van materiële wêrelde is `n daad van erbarming van die ligwesens, waarin ook terselfdertyd diep vreugde geleë is, omdat die liefde hulle onophoudelik daartoe aanspoor om vol ontferming werksaam te wees. Geestelike wêrelde straal self lig uit, omdat hulle inwoners ontvangers van lig is in verskillende grade van volwassenheid. En daarom staan die geestelike wêrelde in verbinding met die materiële wêrelde. Hulle straal hul lig uit na oorde van duisternis, beantwoordend aan die bereidwilligheid van die inwoners om lig te ontvang, en hierdie bewoners kan die geestelike wêrelde waarneem as stralende hemelliggame wat in sekere bane draai om die hemelliggaam sonder lig. Die ligstraling vind egter slegs geestelik plaas en word dus slegs ervaar deur die bewoners van die materiële wêreld wat verlang na lig en hulself deur `n lewenswandel omvorm om lig op te neem. Eers in die geesteryk is die ligstraling sigbaar vir die wese wat in staat is om geestelik te sien deur die volmaaktheid van haar siel.

En so het ontelbare skeppings uit God se wil ontstaan om vorm te gee, wat Sy oneindige liefde laat ontstaan het om die onvolmaakte gees na volmaaktheid te voer en die volmaakte gees gelukkig te maak. En Sy mag en heerlikheid kom in al Sy skeppingswerke tot uitdrukking. Dit word egter eers in sy totale omvang duidelik sigbaar vir die wese wat in die sfere van lig geluksaligheid geniet om in die nabyheid van God te vertoef en voortdurend deur sy liefdeskrag deurstraal te word. Want dit is geluksaligheid, naamlik om van God se krag en mag bewus te word, deur Sy liefde omvou te word en in gelyke wil met God werksaam te mag wees tot in alle ewigheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205