BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 479

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

God se wil - Die mag van die teenstander

3509 Hemel en aarde gehoorsaam My wil en ook die kragte van die onderwêreld, alhoewel die laaste My weerstaan en 'n wil in homself het wat van My afgewend is. Maar watter doelwitte hulle ookal nastreef, wanneer My wil nie die toestemming gee nie, is hulle magteloos, maar Ek laat ook hul kwade wil geld as beweegrede vir My Liefde en Wysheid, ofskoon dit vir die mense onbegryplik is.

Die kennis van goed en kwaad is nodig vir die finale verlossing van die gees uit die gebonde toestand. Die volmaakte wese moet die bose verafsku as die ergste boosheid en moet daarom ook 'n blik kan werp in sy dieptes. Sy moet, om goed te wees, heeltemal van die boosheid afwyk. Aangesien die gebonde wese egter nog onder die invloed staan van die een aan wie ons die toestand van die gebonde wees te danke het, sal sy ook aanvanklik meer toegekeer wees tot die bose. En solank sy self goed voel in 'n bose omgewing, solank sy bose handelinge verrig sonder enige bedenking dat sy verkeerd handel, is sy nog so ver van die volmaaktheid verwyder dat sy nooit My liefde sal kan voel nie. Sy moet eers tot insig kom om dan in vrye wil vir God óf vir die bose te kan kies.

En Ek het die mens self die vermoë gegee om goed van kwaad te onderskei. Tog het Ek ook My teenstander die mag gegee om in te werk op die wil van die mens, om hom te verlei tot bose dade, sodat hy nou vry sal kan besluit. Maar nooit het Ek bestem dat die bose kragte hul versoekings op die mens moet uitoefen nie. Want My wil noem slegs dit goed wat liefde in homself het. Bose dade wat die mense uitvoer onder die invloed van hierdie kragte verhinder Ek nie, want dit moet vir die mens aanleidend wees om daarteen op te kom. Dit moet sy insig in goed en kwaad verfyn. Dit moet hom help om daarvan ontslae te raak en in die diepste afgryse daarvan weg te keer.

Maar Ek laat nie altyd die beplande uitwerkings van sulke dade toe nie, maar verswak hulle of verhinder hulle, na gelang van die noodsaaklikheid van nood en leed om die siele van die mense te hulp te kom. Die bose moet ingesien en verafsku word, aangesien die siel haarself andersins nie daarvan kan vrymaak nie, want dit is beslissend oor hoe die siel, die denke, die gevoel en wil van die mens homself sal instel wat dit betref. Bose gedagtes, bose gevoelens en 'n verkeerde wil bring bose dade voort, maar My teenstander trag om die denke en wil af te pers vir hierdie bose dade, deurdat hy die gevoel van die mens prikkel deur voorstellings wat die liggaam bekoor. En dus poog hy om die siel van die mens heeltemal aan die begeertes van die liggaam te onderwerp en daardeur sal hy sy doel bereik, deur hulle van My te vervreem.

Maar Ek ontneem hom nie hierdie mag nie. Dit hang immers van die mens self af of hy vir hom die leiding sal gee. Want die gees is ook voortdurend besig om goeie gedagtes aan die mense oor te bring, om hulle dus insiggewend te maak vir die begrip van goed en kwaad. En die mens is nie aan die kragte van die onderwêreld prysgegee nie. Alle kragte, ook die bose, dra by tot die verlossing van die gees, aangesien die laaste besluit tog by die mens self lê in welke rigting hy sy wil aktief wil laat word. En nie die goeie, nóg die bose kragte kan hierdie wil bedwing nie, omdat My wil hulle 'n halt toeroep wanneer die vrye wil van die mens nie gerespekteer word nie, want My wil regeer hemel en aarde, die geestelike en die aardse ryk, en Hy regeer vol Liefde en Wysheid om die gevallenes te verlos. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205