BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 483

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

God se groot Geduld – Geregtigheid - Genoegdoening

3524 Die dade van liefdeloosheid kry die oorhand en van My Geduld word uitermate baie geverg. My Geregtigheid word uitgedaag, die mensdom stapel sonde op sonde en dink nie aan die gevolge, wat vreeslik is nie. Hulle bespoedig self hul ondergang, want die grens wat daar gestel is, mag nie oorskry word nie. Maar dit sal vinnig bereik word. Nog kan die mense vry te werk gaan, hulle word nie deur My verhinder nie en hulle kan gebruik maak van hul vryheid. Maar spoedig sal My Wil hulle verhinder en hul lot sal vreeslik wees. Hulle wil dit egter nie anders hê nie, want al die denke en strewe van die mense is boos, hulle bring bose dade voort en die liefdeloosheid neem toe, die afstand na My toe word steeds groter en kan slegs in volle verstarring van die geestelike substansie eindig, omdat die uitstraling van My Liefde die gees nie meer kan raak wat haarself van My verwyder het nie.

En die volledige verstarring van die geestelike substansie beteken: Om deur vaste materie omsluit te word, beroof van die vrye wil en sal moet optree volgens My Wil, wat met syne in stryd is. En dus sal dit `n toestand van kwelling en pyn wees waarop die wese self afgestuur het deur sy verkeerde wil tydens sy laaste beliggaming op aarde. Alle liefde het uit die harte verdwyn, of die liefde is slegs vir die wêreld en is derhalwe verkeerd. Die wil is van My afgewend, sodra die liefde nie op My gerig is nie en My teenstander verkry dan mag oor die siele van die mense, want hulle wil is na hom gekeer.

En so is daar geen keer meer daaraan nie, want die dag van die oordeel kom steeds nader en elke dag is `n genade, `n bewys van My oorgrote Liefde en Geduld, om die mense nog die moontlikheid te gee om te verander. Elke dag bring soveel leed dat die mense aandag daaraan moet skenk en hul gedagtes geestelik moet rig. En dit is nog nie te laat om te verander nie. En terwille van die weiniges wat leer om My te herken in leed en nood, beoefen Ek nog geduld. Ek skep geen behae in vernietiging en verwoesting nie, maar Ek verhinder nie die menslike wil nie. Maar eendag sal Ek My Wil daarteen bring, wat hom ook wel vernietigend sal uiter, maar dit sal gepaardgaan met Wysheid en Liefde en sal daarom `n seënryke uitwerking hê op die gees wat nog in ontwikkeling is en wat ook vir die mens seënryke gevolge sal hê wanneer hy My en My Mag daarin sal herken.

Ek sal die liefdeloosheid tot `n einde bring, sodra hierdie grens bereik word. Maar die einde sal vreeslik wees, want My geregtigheid veroordeel ter genoegdoening van die sonde, omdat hulle geen ag geslaan het op My aanmaninge en waarskuwings nie en hulle het nie die kort tyd van genade benut nie, wat nog aan hulle verleen was deur My oorgrote Geduld en Barmhartigheid. Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205