BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 486

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Ek Is Wie Ek Is.

3537 EK IS WIE EK IS van ewigheid tot ewigheid. Ek is sonder begin en sonder einde, want Ek is EEN Gees Wie in sigself Krag en Liefde is, uit Wie alles voortgekom het wat is, wie die Wil en denkvermoë besit en sodoende in alle Wysheid werksaam is.

Ek is Wie Ek is... sonder My is daar niks en sonder My kan daar niks bestaan wat is nie. Ek is die Krag wat die hele heelal deurstroom, die Wil wat alles regeer en die Liefde wat alles vashou wat uit My Mag voortgekom het. Van My het alles uitgegaan wat die heelal met sigbare en onsigbare skeppings vul en ewig sal dit so bly, naamlik dit, wat in samehang met My, deur My geskape is, want Krag kan nie gedeel word nie en is nie te skei van die Bron van Krag nie, Sy bly wat Sy is, naamlik die uitstraling van Myself. Alle skeppings is Wil wat tot vorm geword het, wat met die Krag werksaam is en My gedagtes tot werklikheid laat word het. Maar Ekself is skepping en Skepper tegelyk, want dit bevat My Krag, die oersubstansie van Myself, in homself; dus moet Ek ook oral self wees waar skeppings van My aan die lig kom.

Ek is Een Gees Wie Almagtig, Liefdevol en Wys is, Wie voortdurend aktief is en dus werksaam is in Liefde en Wysheid, vir Wie niks onmoontlik is nie, omdat die Krag van die Liefde onvoorstelbaar is en Sy geen grense ken nie. Ek is Een Gees en dus sonder tyd en ruimte, Ek is van ewigheid en oral en niks bly vir My verborge nie, niks is vir My onbereikbaar nie, want Ek is die enig volkome Wese en uit My kom slegs die volmaakte voort. Wat in My sy oorsprong gehad het, was geestelik en wat as My ewebeeld in alle volmaaktheid gevorm is, was deur die Krag van My Liefde tot lewe gebring. Dit was `n deel van My, onlosmaaklik met My verbind, dit was My uitstraling, wat Ek `n vorm gegee het, wat nou as vrye selfstandige wese, net soos Ek, kan skep en vorm gee deur My Krag wat die wese aaneen toestroom.

En My Gees deurstroom alle wesens wat van My uitgegaan het. En dus is Ekself in hulle en Ek sal nooit ophou om te bestaan nie, net soos wat die wesens wat van My uitgegaan het, ook nooit kan vergaan nie, omdat dit `n deel van My, van die Krag van My Liefde is. En so getuig alles van My wat Ek geskape het, soos wat alles My Krag in hulle dra, want sonder hierdie Krag kan niks bestaan nie. Sigbaar en onsigbaar vir die menslike oog werk Ek en My werksaamheid is steeds die uiting van Krag van My, Wie van ewigheid tot ewigheid is. Wie My erken het, sien My oral, hy weet Ek is oral teenwoordig en hy voel My, want met elke asemhaling neem hy My Krag in ontvangs, wat aan hom My nabyheid verraai.

En elke mens wat sy verstand gebruik, sal My moet erken, want daar is niks wat nie van My getuig nie. Die bestaan en wording van elke skeppingswerk is in My bepaal en My Krag en My Gees het al die geskapenes tot lewe gebring en die lewe alleen is al bewys van My bestaan, dit bewys `n Skepper, Wie aan Sy werke lewe gee, omdat geen enkele wese homself lewe kan gee en in stand kan hou nie. En lewe dra alles in hom wat duidelik sigbaar is, want selfs die skynbaar dooie materie leef, niks bly in sy uiterlike vorm bestaan sonder om te verander nie, dus is dit werksaam in hom, al is dit ook in die kleinste mate, en doeltreffendheid is lewe.

Ek was, Ek is en Ek sal die volmaakste Wese bly tot in alle ewigheid, Wie tot alles in staat is kragtens Sy Wil, Sy Liefde en Sy Wysheid, wat skeppend en gestalte gewend werksaam is, wat ontelbare wesens geskape het en hulle tot in alle ewigheid gelukkig wil maak. Nooit sal `n wese My volmaaktheid kan ewenaar nie en tog trek Ek alles in My nabyheid na My omhoog, om geluksaligheid te skenk deur die uitstraling van My Krag, wat alles deurstroom wat verlang na sy oorsprong, wat dus deur regstreekse oordrag van Krag die vereniging met My gevind het, Wie Was, Is en Sal bestaan van ewigheid af tot ewigheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205