BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 487

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Opheldering oor die proses van skryf - Waarheid

3547 Die aanbied van My Woord is `n suiwer geestelike proses wat slegs verwesenlik kan word deur 'n mens wat ’n innige verbinding met My tot stand gebring het en wie nou bewustelik na sy innerlike luister. Want aangesien die mens self nie besig hoef te wees nie, maar slegs die ontvanger is van die uitstraling van gedagtes, moet hy hom na 'n toestand verplaas, sodat die uitstralings hom kan tref. En hierdie toestand is een van ’n volledige losmaak van die aardse wêreld en 'n versinking in die geestelike ryk. Dit wil sê: 'n bewustelike afwend van die aardse om die sinne te fokus op My ryk wat nie van hierdie wêreld is.

Die geestelike uitstralings sal nou die hart van die mens tref in die vorm van gedagtes wat die ontvanger nou kan opskrywe. Hoe makliker die mens in staat is om homself los te maak van sy aardse omgewing, met des te minder belemmering vind die oordrag van geestelike leringe plaas. Die strydvraag, naamlik van welke geeste die oordrag van gedagtes af uitgaan, word vanself beantwoord deur die inhoud daarvan. Waar liefde onderrig word, waar My verlossingswerk in diepte behandel word, kan slegs Ek die bron wees en moet die oorgebringde gedagtes as My Woord herken word.

Elke aanbieding van My Woord moet deur innige gebed voorafgegaan word, anders kan hierdie proses nie plaasvind nie, anders sal die mens suiwer aardse arbeid verrig. Maar dit sou ook dan nog sonder dwaling kan wees, omdat ook die gedagtes van die mens gelei kan word deur die wesens van die lig, om te verhinder dat die Woord wat aan die mense toegestuur word, aangetas word. Dit behels slegs gevalle waar die verbinding met My minder diepgaande is.

Want 'n mens wat deur My geroep is om te werk vir My ryk, wat geroep is om ’n tussenganger te wees tussen My en die mense wat nie op My afstuur nie, word deur My beproef. En sy denke sal hom nie vergis nie, omdat sy wil goed is en hy My dus wil dien. Die geeste van leuens en bedrog wat sy wil en sy hand wil bedien, verhoed Ek, so ook word elke onkundige wese toegang tot hom verbied, indien hy vir My werksaam wil wees.

En elke opname is 'n daad van wilsvryheid. Dit betuig van sy wil om My diensbaar te wees. En so gryp Ek sy wil vas en lei hom. En dan sal die mens slegs My wil uitvoer. Hierdie geestelike onderrigting is nie te vergelyk met menslike opvattings wat deur eie nadenke verkry word, sonder die bewuste oorgawe van die wil aan My wil nie. Want omdat die mens 'n vrye wil het, kan hy sy gedagtes ook in die rigting stuur waarin hy glo.

Hy word nie deur My gedwing om korrek te dink nie, net soos wat hy ook nie belet word om verkeerd te dink nie. En dus het alle geestelike kragte ook toegang tot hom, wat hy nou deur sy wil, kan begunstig. Maar as die mens sy wil bewustelik aan My oorgee, dan kan hy maar net My wil in hom hê, want nooit sal Ek hom oorlaat aan die magte wat nog 'n wil het wat My opponeer nie.

Wie na My verlang, hom neem Ek in besit en Ek laat hom ewig nie meer van My af weggaan nie. En eers wanneer 'n mens homself bewustelik vir My aanbied, dus sy wil aan My oorgee, kan Ek hom roep vir 'n amp op aarde waarin hy vir My werksaam moet wees. Maar dan sal hy ook beskerm wees teen verkeerde denke, teen verkeerde geestelike invloed. Want dit gaan daaroor om My Woord wat My Liefde na die aarde stuur, te ontvang en te verbreed. En Ek sal waarlik My Woord beskerm teen onsuiwer, onware inhoud wat die teenparty aan die mense wil voorhou.

Waar My Woord ontvang word, daar is waarheid. En verkeerde lering word uitgeskakel, omdat verkeerde denke die invloed is van bose kragte wat geen toegang het tot 'n mens wat My wil dien nie, solank hy vir My werksaam is.

`n Suiwer geestelike proses kan maar net suiwer geestelik verloop. Daar moet 'n onvoorwaardelike oordrag van gedagtes plaasvind, omdat eie denke, dus die gebruik van die werksaamheid van die verstand, langer tyd verg om geestelike resultate in hierdie vorm deur te gee.

Daar is dus 'n uiting van krag herkenbaar wat steeds net kan uitgaan van gewers van krag, dus ligwesens wat ontvangers van krag is. En dit waarborg ook suiwer waarheid. Want al die wat vol lig is, staan vas in die waarheid en die ewige waarheid is Ek Self. Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205