BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 488

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Wederkoms – Die wegneming

3557 `n Ongewone donder sal die lug vervul wanneer die die dag van oordeel gaan aanbreek. Dit sal vir die mense die laaste teken wees, maar sal slegs herken word deur hulle wat in My glo. Dit sal die gelowiges vul met groot vreugde, want nou sal hulle die koms van hul Heer elke uur verwag. `n Sterk geloof is nodig om die koms van God in die wolke te verwag, want hierdie gebeurtenis sal so besonders wees, dat die goddelose sal hoon en spot wanneer daaroor gepraat word. Hulle sal die donder wel kan hoor, maar sal nie die koms van die Heer in die wolke kan sien nie. En oor hierdie rede sal hulle geen ag slaan op die ongewone geraas in die lug nie en sal hulle glad nie laat steur in hul lewenswyse nie. Hulle sal steeds uitgelate en gewetenloos wees en sal slegs wêreldse genot najaag.

Maar die gelowiges sal hulle versamel en hulle met vrolike harte voorberei op die koms van hul Heer. Hulle sal aan die einde van hul krag wees en hulle sal weet dat hul lydenstyd nou beëindig gaan word. Eensgesind sal hulle God in die laaste uur van hierdie aarde bely, ofskoon dit die verlies van hul aardse lewe kan beteken, omdat die wêreld onbarmhartig teen hulle sal optree. Maar die verskyning van die Heer sal die planne van die goddelose vernietig, want skielik sal hulle die skare van die gelowiges sien wat van die grond af omhoog swewe. Gelyktydig sal vreesagtige donder weerklink en die agtergeblewe mense sal vol ontsteltenis vermoed dat iets vreeslik oor hulle gaan losbreek. Maar deur die ongewone gebeure van die wegneming verstar hulle en hulle sal nie tot enige denke in staat wees nie. Hulle sal probeer ontvlug, maar sal geen uitweg meer sien nie, want oral sal vlamme op die aarde uitbreek, waarby geen ontsnapping meer moontlik sal wees nie. Hulle sal `n verskriklike einde vind, want daar sal geen redding meer moontlik wees vir hierdie mense wat as ware duiwels op die aarde gewoed het en vol sonde was nie.

Maar die klein kudde van God-getroues sal die einde van die ou aarde kan volg. Voor hul oë sal die goddelike vernietigingswerk afspeel, terwyl hulle dit self ontkom het en nou veilig vertoef op `n plek van vrede, soos wat God beloof het.

Dan het die einde van `n verlossingsperiode en die begin van `n nuwe een aangebreek, sodra die ou aarde weer verander sal word volgens die wil van God. Dan word die God-getroues verplaas na die nuwe aarde om daar weer verder te lewe as stamouers van die nuwe mensegeslag waarmee die nuwe verlossingsperiode sal begin. Slegs vir die wetende mens met `n diep geestelike insig sal hierdie gebeurtenis van die wegneming begryplik en geloofwaardig wees. Dit bekroon egter `n tyd van angstige nood en leed en is die besluit en bewys van Sy heerlikheid en vir wie Hy ’n lot voorberei het wat getuig van Sy heerlikheid. Dit is `n daad van die diepste goddelike liefde vir Sy skepsels, wat nou in Hom die Vader van ewigheid herken. Hulle het die weg na Hom teruggevind en het met Hom één geword deur die Liefde. En nou kan Hy Self onder hulle vertoef, want waar die mens hulself tot liefde omvorm het, bestaan daar geen hindernis meer vir die goddelike Liefde nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205