BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 490

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Woorde van troos van die Vader

3565 Wie homself swak van gees voel, laat hom na My toe kom. Ek wil hom versterk. Wie dreig om in die geloof te wankel, laat hy My aanroep, want Ek wil nuwe lewe in sy geloof inblaas. Ek wil hom weer deur My Woord opbeur, sodat hy geestelik en liggaamlik sterk kan word en alle weerstande kan oorwin wat hom moedeloos laat word het.

Ek sal hom te ete en te drinke gee en die krag van My hemelse voeding sal hy baie goed bespeur, deurdat hy vol vertroue sy aardse verpligtinge sal nakom en hy sy hart herhaaldelik tot My sal verhef in gebed. En sy toevlug na My sal hom altyd opbeur, want niemand kom tevergeefs na My nie. Niemand klop by My aan sonder dat Ek vir hom oopmaak nie en niemand wat `n gawe verlang, gaan met leë hande van My af weg nie. Maar aan die geestelike nood dink Ek in die besonder. En om dit op te hef, laat Ek die mense dikwels moeilike weë gaan, sodat hulle My kan leer ken en My om hulp sal vra.

Maar wie uit eie beweging na My toe kom, wie My tot sy daaglikse raadgewer maak, wie niks begin sonder om My Seën af te smeek nie, wie hom elke dag en elke uur vir die toevoer van My krag oopmaak deur gebed en werke van liefde, wie dus bewustelik leef en aan sy siel werk, sal ook voortdurend deur My versorg word en geestelik en aards getroos sy welsyn aan My kan oorlaat. Hy sal nie aan gevaar blootgestel word nie, selfs wanneer aardse nood hom bestorm, as beproewing van sy geloof.

Die weg na My is altyd vry. En die brug is te alle tye die gebed, die innige verbinding met My en die aanroep van My Naam. En steeds sal julle antwoorde kry. Julle sal altyd in nood gehelp word, wanneer julle vas en hoopvol glo en op My sal vertrou. Want Ek ken al julle behoeftes en bekommernisse en weet ook hoe om hulle altyd reg te stel. Maar julle moet glo, om nou in te sien watter krag daar in die geloof lê, as julle gehelp wil word.

Laat My heers en let net op julle siele, dat hulle geen gebrek hoef te ly nie. Want slegs dit is julle wil, terwyl Ek die versorging van jul liggame sal oorneem wanneer julle gelowig is en bewustelik op My sal afstuur. En kom daarom steeds na My toe wanneer julle moeg en belas is en Ek sal julle verkwik. Hierdie belofte het Ek julle gegee en Ek sal waarlik daarby hou. Julle sal My nooit tevergeefs aanroep wanneer julle in liggaamlike of geestelike nood is nie, want Ek is altyd bereid tot hulp, omdat Ek julle sedert ewigheid liefhet. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205