BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 491

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Wederkoms - Geloofstryd

3569 Wie hom vir die kerk van Christus uitspreek, sal deur die wêreld aangeval word en sy lot op aarde sal moeilik, maar van korte duur wees. Sodra die nood ondraaglik raak, sal God diegene red wat Syne is en al hulle nood beëindig. God self wys die gelowiges steeds weer op die einde, sodat hulle teen die aanslag van buite af kan standhou, sodat hulle getrou kan volhard totdat Hy hulle verlos.

Hy het hulle reeds lank tevore in kennis gestel hoe Satan tekere sal gaan en Hy belowe hulle Sy beskerming, omdat hulle die waarheid van Sy woord sal insien en sterk sal bly, ten spyte van teenstand. En wanneer die gelowiges die verloop van die wêreldgebeure en die geloofstryd aan die brutale gesindheid van die maghebbers herken, maar ook die waarheid van die goddelike woord insien, sal hulle Sy woord des te yweriger verdedig, omdat hulle geloof steeds dieper sal word en menslike maatreëls hulle nou nie meer kan skok nie.

Hulle sal ook krag van God ontvang volgens die maat van hulle wil en geloof en sal daardeur die moeilike tyd kan deurstaan. God sal hulle, wat aan Hom trou bly, nie in die steek laat nie, tensy Hy hulle nog voor die einde van hierdie aarde na Sy ryk wil bring, indien hulle liggaamlike einde volgens goddelike bestemming aangebreek het.

Tog het Hy in die eindtyd op aarde nog kragtige verteenwoordigers van die kerk van Christus nodig, sodat Hy die skeiding van die geeste kan voltrek. Hy het mense nodig wat Sy Woord kan verkondig en aan die ongelowiges, sonder vrees of huiwering, die liefdesleer van Christus kan predik, sodat die ongelowiges die krag van die geloof kan besef en nog eenmaal wakker geskud kan word uit hulle geestelike traagheid, sodat hulle hul nog in die laaste uur kan besin om die weg na God te gaan, wat alleen aan hulle redding kan bring, wat hulle alleen kan verlos, omdat Hy hulle sal versterk om hulle van die bose los te maak en na God te streef.

Dit is die laaste genademiddele wat die ongelowige mense duidelik die krag van geloof sal laat sien. Maar min sal die krag benut, omdat die mensdom verstrik geraak het in die vangnette van Satan en die wêreld bomatig aanhang, dus die doel van die lewe slegs in sprankelende lewensgenot sien. Daarom is die einde nie meer ver nie en sal dit herkenbaar wees aan die wyse hoe daar teen die geloof ingegaan word, wat waarlik duiwels genoem kan word.

Maar dan moet die belyers van Christus bymekaarkom en gesamentlik die hulp en die koms van Christus verwag. Want dan kan elke dag en elke uur die einde wees, omdat die aardse nood van die gelowiges `n hoogtepunt sal bereik wat God se onmiddellike verskyning sal vereis, omdat die belofte dan vervul sal word wat God deur Sy woord aan die mense gegee het, naamlik dat Hy hulle wat Syne is, sal red uit die grootste nood. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205