BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 492

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

My stem sal weerklink van bo

3571 En My stem sal weerklink van bo. Hy sal geweldig wees en die mense sal daarna moet luister, selfs wanneer hulle andersins geen aandag aan My skenk nie. Afhangende van die toestand van hulle siele, sal hulle gewillig of onwillig hulle oë na die hemel moet wend, want hulle sal hulself blootgestel vind aan `n krag wat hulle nie meer kan vermy nie. Toegegee, dit sal slegs die harte van weinig raak, maar hulle sal geholpe wees, selfs as liggaamlike hulp sal uitbly. Maar by meeste sal vrees en bekommernis oor die liggaamlike lewe oorheers en My stem sal nie voldoende wees om daarna te luister en na My terug te keer nie, ten spyte van uiterste nood en ellende. Hulle sal nie wil insien dat My stem uitgaan na diegene wat nog ver van My staan nie, en met verharde harte, sal hulle net probeer om hulleself te red en tog magteloos wees teenoor die kragte van die natuur.

Hulle sal elke houvas verloor, want die aardoppervlak sal wankel, `n woedende storm sal die lug vul en elkeen sal op homself aangewese wees, want niemand sal die ander kan bystaan nie. En My stem sal weerklink van bo. Ek sal praat met `n donderstem en al die elemente van die natuur sal My Wil gehoorsaam, hulle sal vir My spreek en getuig van My mag. Ek tree die mense openlik tegemoet en dwing hulle nie om in My te glo nie, want nog steeds bly dit vir hulle oop om die werksaamheid van die kragte van die natuur te laat geld, en om My te verloën as die Wese wat ook die kragte van die natuur lei volgens Sy wil. En so sal die finale middel van onderrig voor die einde ook geen geloofsdwang vir die mense wees nie, selfs al spreek dit duidelik genoeg vir My, maar sal ook herken kan word deur die mense wat van goeie wil is en wat nie heeltemal afhanklik van is van My teenstander wat hulle vir ewig van My wil skei nie.

Wat Ek deur My Gees verkondig het, sal vervul word, die aarde sal bewe en die elemente van die natuur sal onberekenbare skade aanrig en talle menselewens eis. Tog is dit sedert ewigheid bepaal, want selfs hierdie gebeure is `n hulpmiddel wat deur My gebruik sal word, ten einde nog steeds mense oor te wen na My toe, omdat ander vorme van benoudheid en angs nie genoeg is om hulle hul weg na My terug te vind nie en Ek `n skerp tugroede oor die verharde mensdom sal moet swaai. En dit is absoluut waar dat Ek nie sal rus voordat Ek weer al My lewende skepsels teruggewen het nie. En dus sal My Liefde, wat hulle wil red van hul ondergang, nooit eindig nie, selfs as hierdie liefde nie herkenbaar is in My werksaamheid nie. Maar wie op My stem Let, sal ook My Liefde gewaarword en hy sal My dankbaar wees tot in alle ewigheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205