BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 494

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die opoffering van die wil

3577 Gee jouself aan My oor en Ek sal jou Vader wees, nie net Skepper en Behoeder nie, maar in vurige liefde jou Vader wat vir jou sorg, wat in die geluk van Sy kinders ook Sy diepe vreugde vind. Ek roep jou voortdurend. Laat jou dus deur My Liefde haal. Kom na My, eweneens met liefde in jou hart. Gryp My Vaderhand vas en bly voortaan by My. Bly in die nabyheid van Diegene wat aan jou alle heerlikhede kan bied en jou hunkering kan stil, wat jou met geestelike gawes kan verbly en bomate met lig en krag kan vervul. Kom na My toe, laat al die aardse agter wat as skeiding tussen My en jou staan. Bring slegs jou siel vir My, jou wil, en laat Ek die leiding oorneem en jy sal waarlik korrek gelei word, want My kinders lei Ek na die doel en Ek laat hulle nooit meer uit My hand nie.

Wie in vrye wil die weg na My gevind het, wie dus sy vrye wil aan My skenk, hy is My kind en vir hom geld My diepste vaderliefde en sorg. Wie sy wil aan My opoffer, moet hom egter van die aardse losgemaak het. Hy moet elke verlange na die wêreld oorwin het, anders kan sy wil nog nie volkome na My uitgaan nie. Gee jouself aan My, dan sal Ek besit neem van jou en wat nou aan My behoort, bly vir ewig van My. Geen enkele fisiese sorg mag dan jou hart beswaar nie, want jou Vader in die hemel neem dit op Homself, soos wat Ek dit belowe het.

'n Liefdevolle vader doen alles vir sy kinders. Hy hou leed en sorg ver van hulle af, as hulle hom maar net onbegrens sal vertrou, in sy arms in vlug en beskerming en hulp van hom verwag. En jou Vader in die hemel dra waarlik die vurigste liefde vir Sy kinders in Sy hart. En Sy kinders sal hierdie liefde mag voel in tye van swaarste aardse nood. Hulle sal My stem verneem en hulle harte sal vinniger vir My begin klop en hulleself heeltemal losmaak van die wêreld.

Streef dit na deurdat jy jouself sal inspan om jou wil geheel en al aan My wil te onderwerp, deurdat jy jouself aan My sal gee, sodat My Vaderliefde jou kan omvou. Slaan geen ag op die bekommernisse en die lyding van die wêreld nie, maar slaan julle oë en harte op na My, Wie bo die aardse wêreld staan en wat paal en perk aan alle nood kan stel deur Sy krag. Trag om My Vaderliefde te verwerf, deurdat jy My al jou liefde laat toekom, deurdat jy slegs sal verlang na My, en Ek sal vir ewig vir jou sorg, want dan sal julle My ware kinders wees na wie My Vaderliefde uitgaan, wat hul weg oor die aarde onder my leiding sal aflê en daarom ook hulle doel sal bereik. Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205