BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 496

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Wonders - Valse profete

3580 Laat julle nie op 'n dwaalspoor bring nie, want die teenstander probeer steeds om die duisternis om julle uit te brei en die lig van bo af te skerm. Hy probeer julle met leuens en dwaling te vang en wil julle daardeur ongevoelig maak vir die suiwer waarheid. Hy is steeds daarop bedag om julle uitkyk te vertroebel, julle gees in die war te bring en die Wese van die ewigheid Godheid vir julle te versluier. En daartoe bedien hy homself van sulke hulpbronne, wat moeilik as begogeling van die satan ingesien kan word, indien die ernstige wil na die suiwer waarheid nie teenwoordig is nie. Hy hou vroomheid voor aan die mense, hy kom in die liggewaad van 'n engel, omdat die mense self ’n begeerte het na prag en praal en hy die goddelike heerlikheid slegs met uiterlike prag verbonde voorstel. Hy hou vir hulle die heerlikheid van God voor, waar hy liggelowige mense vind wat behae daarin skep. En daardeur verbrei hy dus die leuen en die dwaling en verduister hy so die denke van die mense. Hulle neem die onwaarheid aan en wys die suiwer waarheid af, wat in 'n eenvoudige gewaad deur God Self na die aarde gestuur word.

En so verbrei die leuen en die dwaling baie vinniger as die waarheid, omdat die mense dit self wil hê en omdat die verbreiders van die dwaling onder die dekmantel van 'n verkondiger van die leer van Christus werk en daarom oral instemming vind. Want die Satan werk met lis en geweld. Hy bedien hom van mense wat die waarheid nie ernstig begeer nie en dan word hulle aan hom gebonde, want hulle begeer God, Wie die ewige Waarheid Self is, ook nie ernstig nie. En so het die Satan, die vors van leuens, ’n maklike spel.

Wat die mense opbou, is slegs onder die aanroep van God van blywende waarde. En God wil in gees en in waarheid aangeroep word, aangesien Hy andersins Sy Oor sluit. En dit skakel alle uiterlikheid uit. Alle seremonies, prag en praal verhinder die ware gebed, die gebed in Gees en in Waarheid. Wie aan die uiterlike aandag skenk, sal moeilik in staat wees om die innerlike verbinding met God tot stand te bring, want steeds sal die teenstander homself tussen hom en God stel, hom aflei en sy sinne deur uiterlikhede gevange neem. En soek God daarom nie in prag en praal nie, soek Hom nie in 'n omgewing waar aardse materie die uiterste uitwerking het nie. Daar het die teenstander van God sy arbeidsveld en hy bewerk dit met sukses.

God openbaar Hom in die verborgene. Hy openbaar Homself aan die mense wat klein en beskeie voortgaan. Hy openbaar Homself aan diegene wat vir Hom moet spreek, want sy openbaringe is bedoel vir die hele mensdom en Hy sal Hom slegs bedien van die afsonderlike mens as werktuig, deur wie Hy Self met die mense wil praat. Sy openbarings het as hoofdoel die verbreiding van die waarheid en die verkondiging van Sy Wil, waarvan die opvolg daarvan, aan die mense die ewige geluksaligheid sal gee. Deur sieners en profete kondig Hy ook die einde van die wêreld aan en maak Hy hulle opmerksaam op die tekens van die eindtyd. En dit is Sy Wil dat die mensdom opheldering daaroor gegee word, sodat niemand sal kan sê dat hy nie aangemaan en gewaarsku is wanneer die einde oor hulle losbreek nie. En altyd sal hierdie sieners en profete mense wees wat self die diepste geloof sal hê en wat sal lewe in die liefde, wat anders is as wanneer die teenstander van God vir hom mense uitkies om vir hom werksaam te wees waarmee hy weerklank vind. Daarom moet daar heel besonder gelet word op die lewenswandel van hulle wat hulleself dienaars van God noem, naamlik of hulle beantwoord aan God se Wil, aan Sy gebooie.

Maar dan kan daar ook aan die openbaringe geloof geskenk word. God werk in die stilte, weliswaar ook openlik en buitengewoon, maar nie deur wonderwerke, wat die mense dwing om te glo, soos wat Hy ook uiterlike vertoon uitskakel, omdat Hy nie poog om die mense van die wêreld deur prag en praal te wen nie, maar Hy hulle harte wil afwend van daardie bedrieglike lig van die wêreld. Onnatuurlike werksaamheid moet deur die mense van die wêreld ook as natuurlik verklaar kan word, aangesien dit andersins 'n geloofsdwang vir hulle sou beteken het, wat egter nooit deur God uitgeoefen sal word nie. En so sal slegs diep gelowige mense spesiale openbarings hê, sodra die Liefde van God hulle hiervoor waardig gemaak het en Hy Homself aan hulle te kenne wil gee.

Maar openlike wonderwerke bring die mense daartoe om te glo. En dit sou geen geestelike vooruitgang vir hulle gewees het nie, want die vrees vir God kan nooit die liefde vervang wat die mens Hom moet skenk om by Hom te aan te sluit nie. Maar die onvolwasse mens sal deur wonderwerke maar net tot vrees aangespoor word, egter nooit tot liefde nie.

Maar die Satan bedien homself van sulke middele, waardeur hy die mense wil stuit in hul liefde tot God. En sy werksaamheid sal ongehinderd plaasvind, veral daar waar die sondigheid groot is en die mense weinig op die innerlike, maar instede op die wêreld gerig is. Ook daar verskyn hy slegs onder die dekmantel van vroomheid. Hy strooi die mense sand in die oë, sodat hulle nie by magte is om duidelik te sien nie en hy oefen gevolglik sy invloed uit, wat nog bevoordeel word deur valse verteenwoordigers van Christus; deur mense, wat hulle geroepe voel om sy leer te verkondig en wie self te min in die waarheid vas staan om die leuen en dwaling as sodanig te herken en hulle daarvan af te skei, aangesien hy met lis en met krag werk. Maar God is Liefde en Sy openbaringe straal slegs Liefde uit en voed op tot Liefde.

En lê so die maatstaf, naamlik waar liefde onderrig en beoefen word, daar is die waarheid, want daar is God Self. Maar waar die lig van die wêreld al te sterk straal, daar vertoon die teenstander van God homself. En sy werk is leuens en teen God gerig, ook wanneer hy die optrede in liggewaad daarby bring. Wie 'n wil het wat op God gerig is, sal hom herken, ten spyte van sy masker. En hy word daartoe geroep om sy medemens te waarsku teen die valse profete, wie steeds sal optree wanneer die mense in nood is, maar wie egter die geestelike nood nog aanhelp in plaas van om dit op te hef. En God roep die mense toe: Behoed julle van die valse profete, want die eindtyd sal deur hulle benut word om teen God werksaam te wees, teen die ewige Waarheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205