BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 498

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Kerk van Christus - Die poorte van die hel

3589 Die kern van die leer van Christus is die gebod van die liefde tot God en die naaste. Waar dit dus onderrig en beoefen word, is die ware Christendom, daar is die kerk van Christus wat haar grondslag het in `n vaste geloof in Hom en daarom ook sal bly bestaan wanneer al die ander ten gronde sal gaan.

Sy kerk omvat die gelowiges wat volgens Sy gebod van die liefde lewe en hulle daardeur deur Sy Gees vervul word, wat homself duidelik of ook wel in die verborgene sal openbaar, na gelang dit vir die siel van elkeen afsonderlik nuttig is. En aan hierdie kerk het Jesus Christus die onverganklikheid beloof met die woorde: “Die poorte van die hel sal haar nie oorweldig nie”.

Tegelykertyd het Hy egter met hierdie woorde tot uitdrukking gebring dat die kragte van die hel haar sal bestorm. En Sy Woord is waarheid en sal vervul word aan die einde van die tyd wat God geestelik vir die verlossing toegeken het. Dan sal die kerk van Christus aangeval word deur alle magte wat God vyandiggesind sal wees. Maar sy sal oorwinnaar bly en herken word as onverganklik deur hulle wat aan haar behoort, deur die gemeenskap van die gelowiges wat vasgestaan het in die ware Christendom, wat die leer van Christus navolg en in die liefde lewe.

Maar hierdie kerk van Christus sal klein wees, slegs `n klein groepie sal aan haar behoort en tog sal sy oor die hele aarde verteenwoordig wees. Oral sal mense woon wat waarlik in liefde werksaam sal wees en wat gevolglik ook egte Christene sal wees. En hul liefde sal aan hulle wysheid gee en daaruit sal hulle ook wederom diep gelowig word. Hulle sal die God van Liefde, Wie Hom in Jesus Christus op aarde beliggaam het, erken en bewustelik strewe om na Hom te luister.

Aan hulle het God beloof om by hulle te bly tot aan die einde. Hy het hul Sy Gees beloof, omdat hulle in waarheid aan Sy kerk behoort wat Hy Self gestig het. En so sal Hy hulle ook tot die laaste toe behoed van ondergang, geestelik en wêrelds, omdat hulle sal lewe soos wat Christus hulle geleer het, in liefde tot God en die naaste.

En hulle wat op die einde behoue sal bly van die dood, sal behoort aan die wat God na Hom gaan bring na die ryk van vrede, voordat die groot vernietiging op aarde sal plaasvind. Die klein kudde wat Sy kerk uitmaak, sal weer die kern wees op die nuwe aarde. En ook daar sal die leer van Christus weer verkondig word. Die liefde sal beoefen word en die mense sal vanuit die diepste geloof lewe, want die liefde van God het Hom aan hulle geopenbaar, wie dan ook Self onder hulle sal vertoef, omdat hulle Sy gebod van die liefde tot God en die naaste vervul het.

En dus sal die kerk van Christus bly bestaan en sal alle tye trotseer, omdat daar altyd mense aan haar sal behoort wat deur hul geloof in die Verlosser van die wêreld, met liefde vervul sal wees en hul aktiwiteite `n onafgebroke diening in liefde sal wees. Want niks kan vergaan wat in God sy oorsprong het nie, wat die liefde as grondslag het en daarom self goddelik is. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205