BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 501

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

God is die Woord – God se teenwoordigheid –Verskillende maniere van oordra van die Woord

3596 En só is Ek in julle midde in die Woord soos wat Ek belowe het. Ek sal julle nie alleen laat nie, julle sal ook My teenwoordigheid kan voel en so kom Ek nader aan julle deur die Woord, want Ek Self is die Woord en iemand wat My Woord het, kan ook van My teenwoordigheid praat en veilig voel in My nabyheid.

Ek is Self `n Gees wat nie gebonde is aan enige materiële vorm nie, maar is Krag en Lig in die hoogste graad en wat, as gevolg van Sy wil en Sy denkvermoë, as `n Wese betitel word, wat in Liefde en Wysheid werksaam is en dus Liefde en Wysheid uitstraal tot in die oneindigheid. En My Liefde gee die Krag en die Lig `n vorm, sodat julle mense daarvan bewus kan word, omdat julle nog nie volwasse genoeg is om Krag en Lig in sy fundamentele substansie te ontvang nie. En hierdie vorm is My Woord, wat Ek oordra aan julle, sodat julle volwassenheid kan kry.

`n Gees wat lig en krag self is, kan maar net in die vorm van lig en krag teenwoordig wees, en dus moet My Woord, die uitstraling van Myself, lig en krag bevat, en dit kenmerk My nabyheid. En daarom het Ek julle die belofte gegee dat Ek by julle sal vertoef tot aan die einde van die wêreld, deur die feit dat My gees altyd met julle sal wees wat lig en krag wil ontvang, deur die feit dat My regstreeks uitgestuurde Woord voortdurend oorgedra word aan julle om My teenwoordigheid aan julle kenbaar te maak.

Ek is met julle, en selfs as Ek nie sigbaar onder julle wandel nie, het julle nogtans die bewys van My teenwoordigheid in julle hande as julle My herken in die Woord. Want Ek is Self die Woord, en julle sal dit voortdurend ontvang sodra julle My en My nabyheid begeer. Dus sal iemand wat My herken in die Woord, ook diep gelukkig wees oor My nabyheid, en alle twyfel, alle vrees en alle bekommernisse sal hom verlaat, want hy sal weet dat die Een naas hom, hom hulpvaardig sal ondersteun in alle nood van liggaam en siel.

Gevolglik bring My Woord krag en seën, want wie na My Woord verlang, open Ek die deur na sy hart waardeur Ek kan ingaan om woning te maak by hom. En Ek sal hom ewig nooit weer verlaat as sy wil na My gerig is en hy My in die Woord herken het nie. Want die Woord is die vorm waardeur Ek Myself uitdruk, waardeur die mees volmaakte Gees van ewigheid Homself aan die onvolmaakte wesens kenbaar maak ten einde hulle tot volmaaktheid te lei.

Ek is naby aan julle. Waarom huiwer en vrees julle dan nog, julle wie My Woord het, regstreeks ontvang of deur die mond van die ontvanger. Ek is met julle almal, omdat julle begeerte na My Woord julle liefde vir My toon. En onthou dat slegs die vloei van My Woord aan julle, julle die sekere bewys sal gee dat Ek Self met julle is. Iemand wat nie begeer om My te hoor nie, begeer nie My nabyheid nie, sy hart dring hom nie na My nie, want anders sou sy verlang het na die uitdrukking van My Liefde, na `n bewys van My teenwoordigheid.

Die begeerte na My Woord kan egter verskillend van aard wees, die mens kan verlang om getroos en versterk te word deur geestelike bemoedigende woorde, hy kan sy kennis op geestelike gebied wil verryk, hy kan ook in dankbaarheid aan My dink en dit daarom kenbaar wil maak en daarom na My teenwoordigheid verlang. Hy kan by My wil bly in `n intieme samespraak en My Woord in sy gedagtes inneem, maar sy gevoel moet altyd geestelik gerig wees, dan sal Ek Myself laat vind en sy roep sal My na hom toe trek, en Ek sal Myself openbaar deur My Woord, want anders sou die mens nie in staat gewees het om My nabyheid te verduur nie.

En so sal My Woord op verskillende maniere tot hom kom, deur die regstreekse werksaamheid van die gees in hom, sodat hy in staat sal wees om My Stem self te verneem, naamlik deur die ontvangs vanaf `n direkte ontvanger wat in My opdrag My Woord verkondig, of by wyse van geestelike oordrag van kennis vanuit die geesteryk, of deur die lees van die Woord wat na die aarde gestuur is, of deur geestelike gesprekke met `n medemens. Ek sal altyd omsien na `n hart wat My vol verlange begeer, Ek sal altyd met diegene wees wat My wil hoor, want Ek is Self die Woord, en so woon Ek Self onder mense wanneer hulle na My Woord luister met die opregte wil om My met hulle te laat praat.

Dan sal Ek hulle die brood van die hemel aanbied, My vlees en My bloed. En as hulle My aldus eet en drink, moet hulle ook innig met My verbonde wees, as hulle My Woord in diepe geloof wil aanvaar dat Ek Self die Woord is, sal hulle My in hulle harte aanvaar en Ek sal hulle voortdurend gelukkig maak met My teenwoordigheid. Want Ek het julle die belofte gegee dat Ek by julle sal bly tot aan die einde van die wêreld, en My belofte word waar deur elke Woord van My, omdat My Woord waarheid is en sal bly tot in alle ewigheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205