BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 502

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Versoek om innerlike verligting

3597 Elke mens kan vra vir die genade van innerlike verligting en hy sal van God ontvang wat hy begeer. Korrekte denke en goeie optrede sal die gevolg wees wanneer God die persoon se gees verlig, en dus sal iemand wat bid vir die genade van innerlike verligting, `n lewenswyse hê wat ooreenstem met God se wil, want as God se Gees die persoon se gedagtes en aksies bepaal, sal hy slegs doen wat goed is en hoef hy nie te vrees vir iets onregverdig nie. Maar hy moet op die innerlike stem let, hy moet homself oorhandig aan die werking van die Gees, dus moet hy sy hart oopmaak, sodat die gedagtes wat aan hom meegedeel word van die welwillende geestelike kant, hom kan beïnvloed.

Die mens se wil bepaal die geestelike wesens se invloed op hom. As hy begeer om deur God verlig te word, dan sal God wesens aan sy sy plaas wat sy denke korrek sal lei, mits hy hulle nie teenstaan nie. Teenstand sal egter `n onbuigsame wil wees wat nie gelei kan word nie, wat voor die versoek vir innerlike verligting, idees in gedagte gehad het en nie bereid was om dit op te gee, om homself dus sonder weerstand aan God se leiding toe te vertrou nie.

Enigeen wat God versoek vir geestelike verligting, moet bereid wees om homself gedweë te oorhandig aan Sy leiding, hy moet altyd net innerlik luister en gehoorsaam wees aan die influistering van sy hart wat hom aanmoedig om iets te doen of nie te doen nie. Hy moet hom laat lei deur sy gevoel, want dit is God se stem as die persoon ernstig daarna streef om te doen wat reg is. Hoe meer hy sy eie wil aktief laat word, hoe minder hoorbaar sal die Gees se stem wees, want God vereis `n afstanddoening van die wil, `n onderwerping aan God se wil om dan ongehinderd te werk in die persoon deur sy Gees.

God se Gees sal hoorbaar en duidelik praat in almal wat hulself onvoorwaardelik oorgee aan Hom, Hy sal hulle deur alle gevare lei, Hy sal hulle denke reg lei, en wat hulle moet doen al dan nie, sal ooreenkom met God se wil. Toegegee, dit sal nie strook met die mens se vereistes wat dit net sinvol ag om een aangewese doel na te streef nie, wat dus die persoon se eie wil aanspoor om aktief te wees en `n afstanddoening van die wil as `n tekortkoming beskou.

Maar solank as wat die mens homself so kragtig ag en glo om self in staat te wees om alles te bemeester, sal hy ongetwyfeld aardse sukses kan behaal, maar sal nooit geestelik vooruitstrewend ontwikkel nie, want sy denke en aktiwiteit sal nie altyd voldoen aan God se wil nie, omdat hy versuim om innerlike verligting van God se Gees te vra. Want God se vyandelike mag meng dikwels in met sy denke en aktiwiteit. Die persoon luister na influisteringe wat gemaak word deur die wesens wat onderworpe is aan die teenstander en sy lewenswandel sal dienooreenkomstig wees.

Bid daarom vir die genade van innerlike verligting. Bid vir die werksaamheid van die goddelike Gees in julle, en vertrou julle dan toe aan die gedagtes wat in julle binnestroom. Volg die aandrang van julle hart en julle sal nie bang hoef te wees om verkeerd te dink of te handel nie, want God sal julle versoek verhoor en Hy sal Self werksaam wees deur Sy Gees in die mense wat hulself aan Hom toevertrou, soos wat Hy beloof het. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205