BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 503

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Satan weet dat hy nie veel meer tyd het nie - Duiwels in die eindtyd

3603 Die poorte van die hel gaan verder oop, namate die einde naderkom. Alle kragte van die duisternis ontplooi hulself en storm op die mense af en die vors van die onderwêreld het groot krag. Hy sien dat hy aan die einde van sy tyd gekom het en probeer dit nog op alle maniere te benut. En in hul verswakte wil stop die mense hom nie, maar hulle is sy gewillige dienaars, wie hy aanspoor om teen God op te tree, om hulle vir altyd van God te skei.

Die vors van die onderwêreld weet dat hy nie meer veel tyd oorhet nie. Onherroeplik sal sy mag gebreek word, wanneer die einde van hierdie aarde aangebreek het. En aan die woede van die Satan is dit te sien dat die einde nie meer ver is nie. Die gruwelikste gebeure hoop hy op. Daar word dade gepleeg wat niemand voorheen as moontlik beskou het nie. Die mense is vir niks meer bang nie en hulle besef selfs nie meer op watter laagtepunt hulle hulself bevind nie, in watter diepte hulle afgetrek is deur `n mag wat buite elke goddelike ordening staan, wat totaal sonder enige liefde is en wat ook in die harte van die mense elke vonkie liefde verstik; wat elke vlammetjie uitdoof wat nog in die verborgene swak gloei.

Dit is `n tyd van grenslose haat en die grofste liefdeloosheid. Die mense lewe onderling nie meer soos broers nie, maar hulle bejeën mekaar op elke manier as vyande. En slegs weiniges staan mekaar by en laat hulself nie geestelik oorweldig nie. Dit wil sê, hulle verweer hulle teen die inmenging van Satan en soek beskerming by God, vraend om hulp teen die vyand van hul siele. En in hulle is die liefde nog nie verstik nie en hulle optrede beantwoord aan die gebooie van God. En daarom sal hulle deur die vyand van hulle siele baie erg in die noute gebring word gedurende die laaste tyd, en wel deur hul medemens, wie die wil van hom uitvoer wat hulle wil verderf.

Die hel het haar poorte geopen. Talle duiwels kom daaruit en begewe hulle in die nabyheid van die aarde, waaroor hulle hul giftige asem versprei en hulself tot nut maak, volgens die wil van hulle meester. En bereidwillig word hulle opgeneem. Die mense self gee hulle hul speelruimte. Hulle duld hulle nie net in hul nabyheid nie, maar hulle staan hulle vrywillig die bodem af, waarin hulle slegte saad kan uitstrooi om hulle heeltemal te vergiftig. Hulle maak hul harte oop en verweer hulle nie teen diegene wat hulle probeer verderf nie.

En as daar `n dienaar van God kom wat die mense waarsku teen die kragte van die onderwêreld en hulle vermaan om hul deure te sluit en slegs toegang te verleen aan God en Sy Liefde, dan word hy onaangehoor die deur gewys. Op sy woorde word geen ag geslaan nie en die vors van die onderwêreld behaal die oorwinning. En dit gebeur slegs deur die wil van die mense, wat vry is om oor hulself te beslis.

En die einde kom steeds nader. God se stem sal nog vorentoe deurdringend gehoor kan word, maar sal ook slegs weinig aandag kry, omdat die mense hulle al te veel in die ban bevind van hom wat hulle omlaag probeer trek in die ryk van die duisternis in. En op die lig wat terselfdertyd helderstralend van bo na die aarde neerstroom, sal geen ag geslaan word nie. En daarom is daar geen terughou meer nie: Die verlossingsperiode sal ten einde loop, om deur `n nuwe tydperk opgevolg te word. Die satan sal gekluister en van alle krag gestroop word en saam met hom alle geeste wat hulle aan hom onderwerp het, soos verkondig in woord en geskrif. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205