BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 504

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Sterk geloof - Die krag van die geloof

3604 En elkeen sal gehelp word volgens sy geloof. Die mens wat My Gees in hom laat spreek, wat dus deur innige verbinding met My, poog om sy geesvonk te verenig met die Vadergees, sal vasstaan in die geloof, selfs wanneer hy ten tye van aardse nood swak en moedeloos word en My angstig om hulp vra. Die gebed tot My is `n teken van die geloof. Die aardse nood bring egter dikwels die liggaam in die noute in so `n mate, dat hy mag verkry oor die siel en hom skynbaar oorweldig. En dan word die mens angstig en moedeloos, maar sy geloof het nie opgehou nie. Want die siel wat eens die pad na My gevind het, sal altyd in nood aan My vashou en so haar geloof bewys. En vir haar kom Ek te hulp.

Dit is `n swak geloof wanneer die mens in tye van nood twyfel aan My en My mag, wanneer hy in gevaar is om die gees nie meer te laat geld nie en aan die wêreld sterker mag en regte toeken. Dan is sy geloof regtig in gevaar en dan kan Ek My ook nie openlik openbaar deur wonderbare hulp nie, omdat Ek dan die geloof sou afdwing, maar dit is vir die siel van die mens skadelik.

Maar wanneer die mens daagliks om My Vaderliefde worstel, wanneer hy hom voortdurend aan My Liefde en genade toevertrou en al sy bekommernisse en behoeftes in gebed aan My voorlê, sal hy ook `n diep geloof hê. En hy moet slegs probeer om die liggaam soveel moontlik die swye op te lê, dit wil sê, hy moet minder aandag aan die aardse probleme skenk en hulle heeltemal gelowig aan My voorlê. Hy moet poog om die siel alleen te laat praat, om dus deur die stem van die Gees die uitstraling van My Liefde te verneem, wat hom krag sal gee om ook die probleme van die liggaam te bemeester. Want die gelowige sal gehelp word, omdat Ek myne nie in nood laat wanneer hulle My om hulp aanroep nie.

En hoe minder aandag hulle skenk aan die behoeftes van die liggaam, des te minder sal dit hulle beswaar. En dit is die krag van die geloof, naamlik om alle aardse sorge aan My oor te laat en rustig op My hulp te wag. Die liefde vir My skepsels spoor My daartoe aan om hulle voortdurend hulp te gee, in die besonder as hulle hulself in geestelike nood bevind. En die geestelike nood raak des te groter, hoe verder hulle van My verwyder is, dus ook sonder geloof is. En dan moet die aardse nood weer hard op hulle druk, sodat hulle die weg na My kan vind.

Maar wie die weg na My gevind het, wie bewustelik My Liefde begeer en dus in My glo, in My Liefde, Wysheid en Almag, het geen harde opvoedingsmiddele meer nodig in die mate soos die ongelowige nie en hy kan ek altyd helpend benader. En sy lot op aarde sal ligter wees, ofskoon hy ook nie heeltemal vry daarvan kan bly nie, weens sy medemens en tot loutering van sy eie siel. Maar steeds sal Ek tot hulp bereid wees, wanneer sy roep uit sy hart na My opstyg.

Laat My Gees dus voortdurend tot jou spreek. Luister ook in aardse nood aandagtig na die stem van die Gees in jou, verbind jou dus in gedagte innig met My en luister na My stem, wat jou sal troos en krag gee, wat jou die innerlike vrede sal teruggee wanneer jy dreig om dit te verloor en wat jou ook aardse raadgewinge sal laat toekom wanneer jy dit nodig het. Want as jy met My verbonde bly, kan daar niks op jou afkom wat jou kan skaad nie, omdat My nabyheid jou altyd sal bewaar teen die werksaamheid van die kragte van die duisternis. Want waar die lig is, kan nooit duisternis wees nie. En waar Ek is, het die vyand van jou siel nooit toegang tot jou siel nie.

En prent dit goed vir jou in, naamlik dat Ek alle nood kan verdryf. En as jy diep en onwankelbaar daarin glo, is My hulp vir jou verseker. Worstel vir `n sterk geloof. Bid sonder ophou daarvoor. Dan sal alle nood ver wegbly van jou, omdat jy self in staat is om dit met My krag te besweer, wat jou `n sterk geloof sal gee. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205