BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 505

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Paradys - Stormagtige tye voor die Laaste Oordeel

3606 Die laaste oordeel sal `n einde maak aan alle gruwels en daar sal vir `n lang tyd vrede op aarde wees. Daar sal `n toestand van goddelike orde op aarde bestaan waar slegs liefde sal regeer, waar die liefde alle mense onderling sal verbind, waar die liefde van die enkeling ook die werksaamheid van God se Gees gewaarborg sal wees, waar elke mens in staat sal wees om God se Stem te hoor en uitermate gelukkig sal wees om te weet dat God so naby aan hulle is en waar God ook sigbaar onder sy eie sal vertoef op `n wyse wat nog vir die huidige mense ondenkbaar is. Mense op die nuwe aarde sal weer in die paradys lewe, in siele harmonie, in vurige verlange na God en Sy Liefde en in voortdurende vervulling van hul verlange. En al die boosheid sal vir `n lang tyd verban word.

Maar voordat hierdie toestand op aarde kan bestaan, moet `n storm oor die aarde kom wat `n reinigende en verwoestende effek sal hê, `n storm waarin slegs die diep gelowige en God-getroue mense sal kan standhou. Hulle sal in groot nood beland, maar die tyd van hul verdere lewe op die nuwe aarde, sal ruimskoots vergoed vir alle vorige nood en lyding. Want sodra die bose magteloos geword het, sal hulle nie meer geteister word nie en die geluksaligste vrede sal hulle lot wees. En daarom moet die finale stormagtige tyd nie deur die gelowiges gevrees word nie, want God se wil is Meester bo al hierdie gebeure. God se liefde sal werksaam wees onder Sy eie en Sy Mag sal die mag van Satan op die regte tyd breek.

En ongeag van wat die gelowiges te wagte kan wees, - wêreldse mag, menslike haat of liefdeloosheid, sal dit nie in staat wees om die komende saligheid op aarde of in die koninkryk van die hiernamaals te verhoed vir diegene wat getrou sal bly aan God nie. Hulle sal die siel nie kan doodmaak nie, ook al wil hulle die liggaam doodmaak. Maar God sal ook dit verhoed, omdat Hy wil hê dat Syne die paradys op die nuwe aarde moet bewoon, omdat hulle die stamouers van die nuwe geslag moet vorm en omdat hulle skadeloos gestel moet word vir hul vorige tyd van nood, as `n teken van God se oorgroot liefde Wie vir Sy eie `n salige lot op aarde wil berei. En daarom sal hulle ook in die tyd van storm deur God toegerus word met buitengewone krag, waarmee hulle in staat sal wees om alle boosheid te oorwin en wat hulle in staat sal stel om teen die ergste vyandigheid stand te hou. Want die grondslag van hulle geloof sal erg geskud word. En slegs in diegene wat hulle begeerte vir die aardse wêreld oorwin het, sal die krag ontstaan om weerstand te bied.

Maar iemand wat steeds sal toelaat om betower te word deur die aanloklikheid van die wêreld, sal alle weerstand opgee. Hy sal nie behoort aan die skare van God-getroues nie. Hy sal sy siel verkoop vir `n slegte beloning, want hy glo dat wat hy gekry het, sal op die Oordeelsdag verval. En alle gruweldade sal op hierdie dag tot `n einde kom, alle God-weerspannige geeste sal verban word en die hele heelal sal `n toestand van rus betree, `n toestand van vreedsame aktiwiteit wat onvergelykbaar sal wees met die rus van die dood, wat die lot sal wees van die verbande geeste wat in volledige kragteloosheid in vaste materie gekluister sal word en wat vir eindelose tye nie werksaam sal kan wees nie.

En hierdie tyd gaan julle mense nou tegemoet, en julle het nie veel meer tyd oor nie. As julle gereed wil wees gedurende die laaste dae voor die dag van oordeel, moet julle nog ywerig werk om julleself te verbeter. Julle sal steeds inniger in kontak met God moet kom. Julle sal daagliks en uurliks krag moet versamel en volhard in voortdurende gebed, sodat julle voortdurend kan krag ontvang, sodra julle jul harte oopmaak en God se genade en krag begeer. En Hy sal by Syne wees en met hulle vertoef tot aan die einde. Hy sal by hulle vertoef in die paradys op die nuwe aarde en onlosmaaklik met hulle verbonde bly tot in alle ewigheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205