BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 506

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Oorsaak, sin en doel van leed – Insig en Verganklikheid

3610 Die wêreldsgesinde mense is so ver van die waarheid verwyder, dat hulle daardeur ook nie weet welke krag daar uit die geloof en die innige verbinding met God te put is nie. Hulle skenk daarom steeds net aandag aan wêreldse gebeurtenisse en besef nie dat die verkeerde houding teenoor God die oorsaak is van alle wêreldgebeure wat die mense leed aandoen nie. En solank hierdie insig by die mense ontbreek, sal hierdie smartlike toestand nie verander nie. Die leed sal slegs weer ander vorme aanneem, sodat die mense deur die verskeidenheid van hul nood en beproewinge eens op die gedagte sal kom dat `n ander Mag as die menslike mag agter alle teenspoed staan. Dat nie net die menslike wil die veroorsaker is nie, maar dat die wil van `n hoër Mag tegelykertyd in aksie kom en dat hulle teenoor hierdie hoër Mag `n vaste standpunt sal moet inneem.

Die kennis van die suiwer waarheid verklaar alles. Dit maak die groot nood begryplik, omdat oorsaak, sin en doel daardeur herkenbaar is. Dan eers is daar ’n moontlikheid vir verandering, wanneer die mense hulle by die sin en die doel aanpas, dus probeer om die oorsaak van lyding en nood op te hef, wat egter vir die wêreldsgesinde mens onbegryplik is en sal bly solank die wêreld vir hom die vernaamste sal wees, solank hy sy liggaam alle voorregte verleen en die siel gebrek laat ly.

Die kennis van die waarheid kan egter slegs aan die mens gestuur word wat hom van die wêreld losgemaak het, want sodra die kennis aan die wêreldsgesinde mens oorgedra word, sien hy dit nie as waarheid in nie en wys hy dit daarom af. Derhalwe moet hy deur vergrote leed in `n toestand geplaas word waarin hy bereid sal wees om die waarheid aan te neem, deurdat hy deur lyding en nood geleer het om die waardeloosheid van wêreldse goedere in te sien en die verlange daarna verminder het. En beantwoordend daaraan styg die verlange na die waarheid, op voorwaarde dat hy nie deur slegte kragte beïnvloed sal word wat sy denke heeltemal verwar en hom van die waarheid probeer aflei nie, wat die haat in die mens aanwakker, hoe meer die wêreld met haar vreugde hom teleurstel. Hierdie mense vind nie meer die verbinding met God op aarde nie en elke middel wat God aanwend, mis sy doel.

Want dit is vir die siel van die mens van groot voordeel, indien sy nog op aarde die verganklikheid van aardse besit leer insien, wanneer sy leer om dit te verag en nie meer oormatig aan die aardse gebind word nie, wanneer die siel vanaf die aarde heengaan, selfs as sy in `n lae toestand van volmaaktheid die hiernamaals ingaan.

Die oorwinning van die materie in die geesteryk is dan nie so moeilik nie en die positiewe ontwikkelingsproses kan vinniger voltrek word, sodra daar eenmaal `n begin daarmee gemaak is in die geesteryk. Hierdie siel neem in die geesteryk die waarheid wat haar aangebied word eerder aan, sy is nie meer so weerspannig teen God as op aarde nie. En daarom is die lot van die siele wat heengegaan het, nie so hopeloos wanneer hulle op aarde deur groot leed die verganklikheid van aardse goedere ingesien het nie, wanneer sy skynbaar in ’n tyd van nood haar aardse lewe as slagoffer verloor het.

Sodoende is ook die leed en die nood wat deur die bose wil van mense veroorsaak word, nuttig vir die siele wat nog ver van God verwyder is. En daarom laat God dit toe dat die mense in vrye wil teen mekaar tekere gaan tot Hy dit self sal stopsit, as dit met sy plan van ewigheid ooreenstem. En solank as wat die mense in onwetendheid lewe, solank hulle hul ore sluit vir die waarheid, laat Hy hulle deur hul eie handelinge volwasse word en hulle sal deur onuitspreeklike nood en lyding moet gaan, omdat hulle dit self so wil en daarom ook self die veroorsakers van hul lyding is. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205