BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Waardeloosheid en verganklikheid van aardse besittings

671 Die grootste probleem in die teenswoordige tyd is die vergryping aan aardse besittings. Dit neem werklik skrikwekkend toe en oneindige lang tye sal verbygaan alvorens die gevolge van sulke projekte uitgekanselleer sal wees. Om in te gryp in die openbare lewe is slegs in `n beperkte mate moontlik, want talle volgelinge van Mammon kan weer daarvan voordeel trek deur onwettig te poog om dit te verkry wat God se barmhartige wil van die mens weggeneem het, ter wille van sy siel se redding.

Aardse goedere moet bestaan, ten einde die mens se krag te toets en om hulle wil en drang daarna weg te lei, want slegs die vrywillige verwerping van sulke aanloklike stimuli kan die siel se skeiding van die materie veroorsaak. As die arm van God dus na alle eienaars uitreik, en hul besittings neem of met mag vernietig, dan sou hierdie geestelike vlak nooit bereik kan word deur middel van `n doelbewuste vrywillige verwerping nie, en om daardie rede moet alle versoekings vir die siel in die wêreld bly, om die mens in staat te stel om bo homself uit te styg en homself los te maak van die verlange na alles wat die wêreld bied.

As mense dus streef na geld en goedere, op so `n verskriklike wyse dat hulle slegs dit oorweeg, maar nooit hul siel se redding nie, dan hou `n tyd soos dit ook `n verskriklike gevaar in vir die mensdom, en net God kan hierdie gevaar teenwerk deur mense bewus te maak van die verganklikheid van alle aardse besittings deur natuurrampe, siektes of ander gebeure wat al die besittings min of meer verminder en dit so te sê disintegreer, sonder om deur `n ander hand aangeraak te word, sodat die aansporing vir sonde sal verminder en mense maklik die Bewerker van hulle veronderstelde skade kan herken.

Dit maak beslis sin om daaroor te dink wanneer die tussenkoms van `n hoër mag so baie duidelik waarneembaar is. Dit wat die mens glo om met `n absolute sekerheid self te besit en wat hy angstig wil beskerm teen die wêreld en sy medemens, moet weer en weer geskud word. Want hierdie behoefte vir die uitsluitlike eienaarskap is `n gruwel voor die aangesig van God. Enigeen wat vrywillig sy aardse besittings met sy naaste deel as hy min besit, iemand wat sy surplus gebruik om die armes te ondersteun; sy besittings voldoen aan hul ware doel en sal beskerm word vir die persoon, ja inderdaad, selfs vermeerder word. En `n persoon hoef nooit te vrees om groot ontbering te ervaar as hy altyd `n poging aanwend om die swaarkry van die armes te verlig nie.

Want die maat waarmee julle meet, sal die maat wees wat julle ontvang. Iemand wat altyd eerste aan homself en sy goeie lewenstandaard dink, moet voorbereid wees, want God sal Sy teenwoordigheid laat voel en hom gryp waar hy die gevoeligste is, deur sy aardse besittings te verloor sodat hy sy sogenaamde goeie lewenstandaard sal bevraagteken, en slegs dan sal die siel haarself bewys deur haar weg uit die fisiese ontbering te vind en alles op haar beurt doen om `n aangename lewe te leef voor die aangesig van God en om dan na geestelike besittings te streef.

Geld en besittings dui sekerlik mag op die aarde aan, maar nie in die ewigheid nie. Alles sal daar waardeloos wees, die siele van diegene wat mag en rykdom beskou as hulle god, sal daar in `n baie lae toestand leef, terwyl diegene wat afkerig was teenoor aardse besittings en hulle waardeloosheid herken het, sal in `n verhoogde posisie geplaas word. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205