BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 72

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Laatste Avondmaal

764 Die leuse van julle lewe moet wees ‘om die Heer in alle dinge te dien sal my voortdurende inspanning wees!’ en Sy seën sal met julle wees waar julle ookal gaan. Luister nou wat die Vader van julle wil hê: Die heiligste sakrament van die altaar was deur God gegee, maar sy betekenis sal julle wyslik moet verstaan. Jy word nou omring deur `n beskermende skild van geestelike vriende wat alles sal weghou wat verkeerd en misleidend is, sodat die mense `n verduideliking deur jou kan ontvang oor `n vraag wat `n gereelde kwessie van geskil geword het. Oor `n periode van tyd was mense se korrekte denke deur `n volledig verkeerde standpunt geïnfiltreer wat verdere konflik en verdeelde opinies veroorsaak het. Sonder om eers toestemming van die goddelike Heer en Verlosser te vra, was `n riglyn gegee wat die goddelike onderrig teenspreek.

Die lewende voorstelling van die Heilige Nagmaal is altyd die aanvaarding van God se Woord in die hart. Wie so My vlees eet d.w.s. wie My Woord met `n hongerige hart ontvang en My bloed drink, d.w.s. wie die waarheid deur My Woord ontvang en heeltemal volgens My Woord leef, hy ontvang My. Dit is hoe My Woord 'dit is My vlees, dit is My bloed.' verstaan moet word: Soos wat die mens brood benodig vir die welsyn van sy liggaam, so word die suiwere Woord van God benodig vir die behoud van die ewige lewe. En net soos wyn krag aan die swakke sal gee, so sal die Waarheid van God die siel versterk, op voorwaarde dat hy haar aanvaar. En wanneer dit gesê word dat die brood en die wyn in My vlees en bloed verander word, dan moet dit begryp word, dat My Woord Myself nader aan die persoon sal bring as daaraan voldoen word, d.w.s. as dit geëet en gedrink word en die mense daardeur Myself met My Woord aanvaar, omdat My Woord liefde leer en Ekself liefde is.

Hy wat My liefhet, sal My opreg in sy hart aanvaar en sal gevul word aan My tafel deur My brood en My wyn, deur die Woord van waarheid en lewe. Die betekenis was in feite reg begryp, maar dit was besluit om die indruk van My Woord seremonieel te vergroot, en toe word daar groter betekenis aan die seremonie gegee, sodat daar verklaar is dat elkeen wat nie daaraan voldoen nie, seën sal verloor. En so was die formaliteit waargeneem, maar die diepere betekenis het verlore geraak. Nagmaal het meer en meer `n formaliteit geword, en die goddelike waarheid kon nie meer in die harte van die mense ingaan nie. In teenstelling het die seremonie bewaar gebly tot hede vandag toe en die mense glo dat hulle aan hul verpligting voldoen het, as hulle die altaar van die Heer met geloof nader.

Maar hoe kan Ek woon in `n mens wie homself nie eers tot liefde verander het nie, wat nie aan My Woord voldoen en My gebooie hou nie? Elkeen wie My fisies en geestelik wil ontvang en My in sy hart wil dra, moet My brood eet en My wyn drink. Hy moet na die brood van die lewe as voeding verlang, wat uit die hemel kom en hy moet die wyn drink, wat die lewende waarheid is, wat na hom stroom wat dorstig is. Slegs dan sal hy My vlees eet en My bloed drink en sal hy ewig lewe, omdat hy dan in My en Ek in hom is.

Slegs op die en geen ander manier mag julle die Nagmaal verstaan wat Ek met die bogenoemde woorde ingestel het, maar wat julle mense met julle eie diskresie geïnterpreteer het, sonder om die diepere betekenis van My Woorde daarin te herken. Hoe meer gretig julle probeer om slegs die seremonie waar te neem, hoe meer dikwels ontvang julle slegs uiterlik My brood en My wyn en minder sal Ekself aanwesig wees en so sal julle My nie ontvang nie, maar slegs in julle verbeelding naby aan My wees, omdat Ek slegs aanwesig is waar die diepgaande liefde vir My geopenbaar word deur My gebooie te vervul en ooreenkomstig volgens My Woord te lewe. Want hy wat My vlees eet en My bloed drink wat aan My wil voldoen en My dien en wat My vóór die wêreld bely, hy sal My ware dissipel wees met wie Ek Nagmaal sal hou en wie Ek sal vul, aan wie Ek sy deel sal gee. Hy sal deur My gevoed word en sal die brood van die hemel in alle ewigheid ontvang. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205