BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 73

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Liefde - Haat

765 Sien, My kind, Ek kom met ope arms om hulle te ontmoet wat My gawe wil aanneem. Die sterk verlange van julle harte sal My Liefde na julle dra, My Liefde vir julle wys haarself in julle verlange na My en dit sal ook julle toestand in die hiernamaals wees, julle sal konstant na My verlang en My Liefde sal aan julle vervulling sonder einde verleen. Kyk, Ek plaas liefde in julle harte, sodat julle eendag met verrukking in geluksaligheid sal wees as julle liefde vervul word. Maar Ek het ook die teenoorgestelde impuls in julle geplaas, omdat julle slegs die toestand van geluksaligheid kan bereik deur hierdie impuls te oorwin en so moet julle inspanning in die wêreld veral teen die bestryding van haat van toepassing wees, die gevoel van intense vyandigheid, want haat vergiftig julle siele op `n baie vernietigende manier. Haat vernietig alles wat deur liefde geskep word.

`n Persoon met `n gevoel van haat in sy hart sal nooit ooit volmaaktheid kan bereik nie, want haat is deel van die bose. Haat is vernietigend en so onuitspreeklik neerdrukkend vir die siel, dit is die slegste kwaad, dit is die vyand van elke goeie houding, dit is `n ondeug wat alles onderdruk wat goed en edel is, dit is die oorsprong van sonde. `n Hart wat aan haat oorgegee is, is onbekwaam vir enige edele gevoel. Waar die haat heers, kan geen deug uitgeoefen word nie. Nederigheid, sagtheid, vergifnis en genade, dit is heeltemal vreemde konsepte vir `n hart wat deur haat beheer word. So `n persoon het geen kennis van liefde nie en dit is noodsaaklik as hy op `n positiewe, goeie en God welgevallige manier wil lewe.

Die verskriklike gevolge van haat kan herken word deur so `n persoon in die hiernamaals, hoe die siel van iemand vervorm het wat onder die invloed van haat in sy aardse lewe was. As mense maar net kan weet dat die teenstander volle mag en beheer oor `n haatdraende aardse kind kry, sodat hy dit steeds moeiliker sal vind om hom van hierdie mag en invloed terug te trek en dat hy dit ook steeds moeiliker sal vind om sy weg terug na liefde te vind en dat so `n persoon nie deur `n ander party gered kan word nie, tensy hy opreg daarna streef om homself van die mag van die bose te bevry. Solank hy hom nie met `n vaste bedoeling van hierdie invloed terugtrek om liefde toe te pas nie, sal dit uiters moeilik wees om los te kom.

Dit is seker verstaanbaar dat mense dikwels `n gevoel van haat ondervind wanneer hulle die harteloosheid van ander mense sien en hul onregverdigheid en blykbaar suksesvolle gedrag waarneem, maar hy moet altyd onthou dat daar `n God in die hemel is wat elke ongeregtigheid te gelegener tyd sal terugbetaal. Hy moet dit ook teenwerk met die feit dat Jesus Christus selfs hulle vergeef het wat vir Sy dood verantwoordelik was en dat `n gevoel van wraak nooit in Hom die oorhand gekry het nie, maar vol liefde het Hy altyd met begrip en medelye reageer teenoor die gedrag van sy aardse kinders. Want liefde moet haat oorwin en daarom moet die kinders van die wêreld hulle ook inspan om die gevoel van haat te onderdruk wanneer dit in hulle opkom en dit slegs met liefde terugbetaal, selfs as die versoeking sterk is om die bitterste haat teen die onderdrukkers van mense te voel. Die meeste mense maak die fout om te dink dat hulle beter as ander mense is en dat hulle hul mag oor hul ondergeskiktes op `n baie blatante manier moet uitdruk, nogtans moet die individu nie met haat antwoord nie, in plaas daarvan moet hy die ander persoon in liefde lei.

Hy moet eers sy eie siel in ag neem wat teen die gevaar van haat beskerm moet word en hierdie stryd is dikwels vreeslik moeilik, tog sal die oorwinning van hierdie skadelike eienskap die siel tot volmaaktheid lei, want dan het die liefde sy teenstander oorwin. Die haat sal dan onskadelik gemaak en vernietig wees deur die krag van liefde en die siel sal dankbaar wees vir die inspanning, aangesien sy verlos sal wees van die bittere angs. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205