BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 82

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Liggaamlike gestremdheid en die seën daarvan

839 `n Onvrywillige, maar uiters heilsame lewensbeproewing moet die mens deurstaan, wanneer hy deur sy uiterlike gestalte, nie in staat is om aan aardse genietinge deel te neem nie, d.w.s. wanneer hy deur een of ander gestremdheid die geleentheid tot onverdeelde lewensgenot weerhou is en hy so noodgedwonge moet afsien van aardse vreugde. Hy is nou weliswaar in groter gevaar om in verbittering aan sy Skepper te dink of Hom selfs heeltemal en al af te wys, omdat die wil van `n Godheid, wat volgens sy mening, die sterfling onregverdig met gawes bedeel, onbegryplik is vir hom. Wanneer hy egter ondanks sy teenslag `n diep geloof kry, is geestelike vooruitgang vir hom baie eerder moontlik, omdat dit makliker vir hom gemaak word om die wêreld met sy verlokkinge te weerstaan en hy deur die gebrek aan aardse vreugde, hom baie meer met geestelike probleme kan besighou, wat die toestand van volmaaktheid baie eerder aan hom sal besorg.

En so kom hierdie mense dikwels in `n korter tyd tot die ware kennis omtrent hul lewens. Hulle verlang nie meer volkome vervulling van die lewe nie, maar wag op die tyd wanneer hul aardse bestaan sal eindig, oortuig daarvan dat die ware lewe dan eers sal begin en dat hul aardse lewenswandel ooreenkomstige gevolge sal hê in die hiernamaals. En so het die gestremde mens op aarde dus `n seker voordeel, omdat dit vir hom, wat homself ontsê van aardse vreugde, by wyse van spreke makliker gemaak word, as vir `n welgeskape mens wat voortdurend aan die versoekinge van die wêreld blootgestel is. Maar slegs dan, as hy in oorgawe aan die wil van die Heer, sy opgelegde lot aanvaar en sy Skepper daarvoor dank dat Hy hom hierdie lewe gegee het.

As sulke mense geestelik aktief is, dan sal hulle ook spoedig die vorm van hul liggaam nie meer as teenspoed sien nie, maar die geestelike lewe as `n begerenswaardige doel beskou. Hulle sal altyd net probeer om hul geestelike kennis te verryk en hulle sal ook aan die medemens liefde skenk en vanweë hul lot nie mor of selfs teen God in opstand kom nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205