BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 83

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Vervulling van die voorspellings van die Skrif -Die ontvangs van die Woord

857 "Ondersoek in die Gees", spreek die Heer "en julle sal in die waarheid staan". Wie kan julle beter na die waarheid lei as Jesus, jul Heer, self? Dit het deur Sy wil gebeur dat die deur na die geesteryk wyd geopen is. Hy het die roep van die aarde laat weerklink in die hiernamaals en aan diegene wat `n antwoord verlang, word dit gegee, want elke wil wat deur die Gees werk, word vervul. So sal die nuwe tydperk begin wat sal voortgaan. Die Heer het na hierdie tyd verwys. Hy het daarvan melding gemaak tydens sy verblyf op aarde. Hy het ook die tyd aangegee waarin die geestelike verval van die mensdom sou begin en groot nood oor die aarde sou kom. Hy het van alle gebeure melding gemaak wat die moeilike tydperk sou voorafgaan en ook gewys op die duidelike versterking wat Syne deur die hemel gebied sal word, sodat hulle nie sonder beskerming en troos in die algemene chaos ten gronde sal gaan nie.

As julle nou aan die verskynsels van die huidige tyd aandag skenk, sal julle ook weet dat die tyd naby is. Julle sal egter ook moet verstaan dat die voorspellings, wat dui op die verbinding van die aarde met die hiernamaals, vervul moet word en alles sal nie meer so onwaarskynlik vir julle voorkom nie, wanneer julle besef dat die Skrif maar net vervul word. Die sigbare hulp wat vir julle aangebied word, moet net aan julle die geloof teruggee wat julle al verloor het, naamlik die geloof in die ewige Godheid wat sigbaar en voelbaar onder julle vertoef, herken deur diegene wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou. Dit moet in julle geloof laat ontstaan in sy onmeetlike groot Liefde, waarmee Hy elke mensekind sou wil omvou as hy hom nie teen hierdie goddelike Liefde verset nie. En daarom wil Hy Hom openbaar in `n vorm wat die menslike denke moet opwek en wat terselfdertyd getuig van die voortdurende sorg vir Sy mense. Wie aan hierdie bekendmaking aandag skenk, wie dit ontvang as daaglikse Brood uit die hemele, wie dit die inhoud van sy lewe maak, wie verlang om in die volle waarheid te lewe, vir hom is die Heer te alle tye naby. En hy het ook nooit te vrees dat die Heer die skenking van sy barmhartigheid sal beperk of dit heeltemal sal ophef nie. Dit is vir die Vader in die hemel nog baie meer welgevallig wanneer die mense na die Wysheid uit die hemele verlang.

Elke geestelike begeerte sal aan voldoen word en God seën hulle wat Hom en Sy Woord begeer. Wie hom tot die hemelse aangetrokke voel, word deur die Liefde van die Vader vasgehou en dit gee aan hom die sorg wat hy nodig het vir sy opwaartse weg: Opheldering in alle sake, raad en hulp, krag, troos en onophoudelike genade. En indien die liefde vir die hemelse Vader die dryfkrag is, word die mens spoedig met kennis bedeel, wat aan hom alle goddelike skeppingswondere toereikend verklaar en tog ook buitengewoon gelukkigmakend is vir die nog op aarde vertoefende mens wat hom die groot genade van God waardig maak en sy beste doen om die dwalende mensdom van die sigbare werksaamheid van God in kennis te stel. En so sal hierdie bekendmaking verstaanbaar wees vir die mens wat na God verlang, terwyl die mens wat die goddelikheid daarvan nie erken nie, nooit die diepe sin van die Woorde van bo sal verstaan nie en daarom nie so `n verlange na die waarheid in homself sal voel nie, want dit is slegs die voorreg van die mens wat homself in alle liefde aan die Vader in die hemel oorgee, sodat hy die Woorde van Liefde van bo kan ontvang. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205