BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 87

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Drie-eenheid

930 Sien, My kind, (B.D.) Ek kyk in jou hart en sien jou wil om My te dien, tog mis Ek die geloof van jou siel aan die almag van die goddelike Liefde en so sal jy steeds aarsel wanneer hindernisse jou weg versper, terwyl `n onbeperkte geloof hierdie hindernisse vir jou uit die weg kan ruim, want wie My Liefde begeer, sal tog nooit deur My verlate wees nie en as hy nou My hulp nodig het, sal dit hom steeds op alle gebiede te beurt val en as jou hart na My soek, sal Ek digby jou wees en alles wat die verbinding met My kind sou kon verstoor, ver van jou hou. Want Ek het siele nodig wat My vertrou. Ek het nog baie om vir jou te sê en is daarom, soos jou hart na My verlang, steeds gereed vir jou. Daarom, maak jou gedagte los van die wêreld en verneem die stem van Bo:

Die geheimenis van die goddelike Drie-eenheid is vir die mens nog altyd soos `n klip gewees waarop hy skipbreuk gely het. En daarom kom daar vandag weer `n onderrigting na jou toe wat, sonder om twyfel te laat, in alle duidelikheid sal bydra tot die oplossing en die probleem vir die denkende mens maklik verstaanbaar sal maak.

En dus sal die Gees uit God lewend word en sal die Lig helder en duidelik straal, want die Godheid het medelye met die mensdom en poog om opheldering aan die mense te verskaf oor elke onopgeloste vraag. Die mens is nie by magte om die volgende te begryp nie: Dat die Godheid Homself in één WESE in alle volheid kan ophou, maar dat die suiwer Gees nie te skei is nie en die mees onwaardige wese in nouste verbinding staan met Hom; dat dus ook onder die ewige Godheid maar net hierdie onskeibare Gees verstaan kan word en alles wat uit Hom voortgekom het, Gees uit God is, maar net dat die gevoel om aan hierdie Gees te behoort, nie meer presies ingesien kan word nie en met gevolg dat hy homself afgeskei of verwyder het, desondanks tog steeds maar net uit God voortgekom het, dus altyd en ewig as oersubstansie van die geestelike uit God is. Wie hom gevolglik van die Godheid verwyder het, herken homself nie meer nie, maar bly tog wat hy is, maar wie die verbinding soek met Hom, sy gees bemerk dat hy behoort aan hierdie Godheid en is dus bewus van homself. En nou sal julle kan begryp dat die misterie van die Drie-eenheid van God homself as volg laat verklaar.

Die Liefde van God het Haarself aan die mense bekend gemaak as Vader, dus as Oorsprong van die mensdom. Die Liefde het die skeiding van die mensdom, wat Sy verwek het en die Vader oorbrug en Haarself beliggaam in een Mens, Wie se gees ingesien het dat Hy aan God behoort en wat dus as gevolg daarvan één was met die goddelike Vadergees. En die mens Jesus was derhalwe slegs suiwer uiterlik `n aparte Wese, die gees was egter van God. Die oorspronklike verhouding was tot stand gebring, die Gees het Haarself herken en gevolglik was God in alle volheid in Hom, wat tot woning van God op aarde geword het om vir die mensdom sigbaar te wees.

Die Godheid wat met die menslike liggaam verenig het, het as gevolg daarvan sigbaar geword, om die mense die afstand te laat sien wat hy self geskep het. Die goddelike Liefde het dus werksaam geword en die goddelike Wysheid nou netso in die hart van die Godmens geplaas. Want Sy Gees was immers één met God en moes Homself derhalwe ook in alle Wysheid bevind het en Homself van alle goddelike Krag kon bedien - die Wysheid van God moes Haarself uiter deur die mond van een Mens en dus was al die werksaamheid van Jesus op aarde, die werksaamheid van God deur die Menseseun, egter nie so dat `n tweede wese homself daardeur geuiter het nie. En die begrip God die Vader - Jesus die Seun kan nie anders uitgelê word as dat die Vadergees van ewigheid Haarself deur die mond van `n mens geopenbaar het nie, dus dat Jesus, die Seun, dieselfde is as God, die Vader en vir die mens alleenlik verstaanbaar geword het deur Jesus Christus, wat in Homself die afskeiding van die Vadergees oorwin het, juis deur die insig van die eenwording van die ewige Liefde.

“Niemand kom tot die Vader behalwe deur My nie”. Is dit werklik eenvoudiger te verklaar as dat elkeen wat homself met die Vader wil verenig, ook moet insien dat die goddelike gees in homself onskeibaar verbonde is met die Vadergees en dat elkeen hierdie weg moet vind en daarom die goddelike Verlosser in alles moet navolg, wat Sy lewe vir diegene geleef het, wat net soos Hy, na die Vader verlang. Dit is op geen andere manier moontlik nie, as maar net deur die navolging van Jesus, wat as Menseseun die voorbeeld gegee het, dat julle gees slegs moet insien dat hy aan die Vadergees behoort en dat daar dan geen versperrings meer sal bestaan wat hom van die Vader sal skei nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205