BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 89

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Selfmoord - Onverganklikheid – Ewigheid 

974 Die probleem van die onverganklikheid, die ewigheidsbegrip, kan nie deur die mens opgelos word nie. Hy kan nie met sy menslike verstand begryp wat bo die aardse begrip gaan nie. Andersyds is hom ook geen geestelike verklaring te gee wat toereikend sou wees vir die begrip daarvan nie. Eers wanneer die wese in die ligsfeer ingaan, kry hy `n gedeeltelike opheldering en selfs dit bly nog steeds `n probleem vir hom, want ook kan die EWIGE Godheid nooit heeltemal verstaan word nie. Dit moet gesê word om die volgende begryplik te maak, naamlik dat die mensdom in tye van geestelike nood geneig is om te glo dat hulle `n einde aan hul lewe en daarmee aan hul bestaan kan maak; hulle glo dat hulle slegs `n beperkte tyd bestaan en dus geregtig en bevoeg is om hul lewens te verkort.

Die begrip onverganklikheid, onbegrensde tyd, ewigheid ontbreek by hulle. Dat hulle nooit sal ophou om te bestaan nie, is vir hulle onbewysbaar en dit maak die gedagte dat hierdie lewe die einde is, baie aangenamer. Wel het die mens nou en dan `n gevoel van onbehae oor sy verganklikheid, maar hy stel hom eerder met hierdie gedagte tevrede as met die gedagte aan `n verdere lewe na die dood. Hy sien dat alles op aarde `n tydelike karakter het en wil daarom nie aan die onverganklikheid van sy “ek” glo nie. Om aan so `n mens die begrip van “ewige” te wil bybring, sou eenvoudig net onmoontlik wees. Die gedagte dat iets wat in noue verband met hom staan, nooit sal ophou om te bestaan nie, beswaar hom. Dit wek in hom `n verantwoordelikheidsgevoel op, want die lewe is begryplikerwys heeltemal anders te sien, as dat daar met `n voortdurende bestaan rekening gehou moet word.

(22 Junie) Dus sal die mense die ewige lewe bewustelik ontken en ook nie bang wees om self `n einde aan hul aardse lewe te maak nie, want as hulle hul so van hul aardse lewe ontneem, glo hulle om daarmee `n einde te maak aan alles. Maar hulle dink nie daaraan dat hierdie handeling die gevolg is van `n verkeerde opvatting nie.

Wat hulle weggooi is slegs die houer, nie die lewe self nie. Dit gaan vir hulle gewoonweg aan, want dit kan nie vernietig word nie, nóg op aarde, nóg in die hiernamaals. Dit is in die ware sin van die woord onverganklik, dus van ewigheidsduur. `n Einde daarvan is onmoontlik, omdat die Skepper Self die wese uit Homself voortgebring het en alles wat in sy oersubstansie Goddelik is, onmoontlik ooit kan vergaan.

En so het die Skepper ook in Sy Wysheid bepaal dat daar vir die wese geen beperking gestel word om volmaaktheid te bereik nie, naamlik dat die wese besig kan wees om steeds hoër te gaan en dus voortdurend moet werk om dit te bereik, sonder om ooit uitgeput te raak of om die EWIGE Godheid uit te put. Die mense op aarde kan die begrip “ewigheid” baie moeilik vir hulleself voorstel, so ook kan die onverganklikheid nie heeltemal duidelik gemaak word vir hulle nie, want op die aarde is niks onverganklik nie. En die onverganklikheid van die siel kan ook nie bewys word nie, maar moet deur hulle geglo word.

Die tydsbesef “ewigheid” kan ook nie met die menslike verstand ge-analiseer word nie, want pogings daartoe kan onmoontlik tot resultate lei, as daar nie iets aards is waarmee die mense dit kan vergelyk nie. Deur hierdie mense word iets slegs as waarheid aangeneem as dit deur bewyse gestaaf kan word en sodoende bly hier ook weer net die geloof, naamlik dat die mens moet glo wat nie bewys kan word nie en moet daarom die onverganklikheid van sy wese tot in alle ewigheid in sy denke aanvaar. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205