BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 93

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Ek is by julle al die dae

1004 "Kyk, Ek is by jul al die dae." Hierdie woorde moet altyd vir julle tot troos wees en aan julle vertroue skenk. Ek sal Myne nie alleen laat as hulle na My verlang nie. En Ek wil julle alle leed help dra, as julle maar net gelowig op My sal vertrou. Ek lê julle wel die leed op om te dra, maar net sodat julle aan My sal dink en My as helper in alle nood aanroep om hulp. Want Ek wil jul geloof sterker maak. Ek wil julle geloof so sterk maak dat geen aardse leed julle meer bang en moedeloos kan maak nie.

Maar julle bly mismoedig en dreig om ineen te stort onder die teenstand wat Ek na jul stuur, maar as dit julle nie meer kan ontstel nie, as niks julle meer laat wankel in die geloof aan My hulp nie, dan het julle die graad van volharding in die geloof bereik sodat Ek deur julle werksaam kan wees. Kyk net hoeveel makliker die lewe dan vir julle sal wees, wanneer julle geen ag meer op die daaglikse teenwerkinge hoef te slaan nie en julle jul nie meer oor die daaglikse lewe hoef te bekommer nie. Om `n ware kind van die Vader in die hemel te wees, vereis ook die volste vertroue dat jy in alle nood en alle gevaar beskerm sal word. En so wil Ek My kinders standvastig in die geloof en godsvertroue ken. Ek wil dat hulle My voortdurend soek, dat hulle sonder vrees en vol geloof nader aan My sal kom om steeds aan hul versoeke te voldoen. Hulle moet hul harte steeds tot My rig en hulle moet nooit kleingelowig word nie en My Liefde sal ag slaan op hul nood en hulle daaruit bevry.

Wat `n ongekende volheid van genade is nie te alle tye tot julle beskikking nie, wanneer Ek My hulp aan julle beloof wanneer julle dit verlang. En dit is maar net nodig dat julle glo en vra. EK sal julle nie verlaat nie, want Ek ken tog al die leed op aarde en is bereid om te help waar mense hierdie hulp gelowig verlang. Al julle probleme veroorsaak julle enkel en alleen self. As julle in julle harte ver van My is, moet Ek julle gedagtes op My rig, en wel deur nood en leed. Maar as julle My in julle harte dra, is julle ook aan My Hart geborge. En wat julle dan nog opgelê is om te dra, dien net vir julle eie sieleheil.

Eens sal julle My dankbaar wees wanneer julle insien waarom so-iets vir julle beskore was. Maar op aarde begryp julle dit nie en daarom moet julle sonder murmurering en klagtes slegs die kruisie op julle neem en dit berustend dra uit liefde vir My. Die liggaam vergaan en daarmee die aardse pyne. Maar julle moet vrees vir julle siele, wie se leed baie groter is wanneer die liggaam op aarde die leed gespaar bly. Ek het al my kleine kinders lief en wil nie dat hulle ewige tye lank ly nie. Maar dit sou julle lot wees as Ek die aardse leed, wat waarlik nie die swaarste is om te dra nie, ver van julle gehou het. En as Ek julle My teenwoordigheid beloof, vertrou My dan en word nie kleinmoedig nie. Die een wat julle die leed oplê, kan dit ook van julle afneem. En Hy sal julle waarlik nie tevergeefs laat roep as julle Hom uit die diepste van julle harte smeek nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205