Boek 16 - Die Waarheid is uit God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

PLIG VAN `N LERAAR OM DIE LEERSTOF TE ONDERSOEK
B.D.6728 - 4 Januarie 1957
Dit is `n groot verantwoordelikheid om aan die mense geestelike lering te bied solank dit twyfelagtig is of dit ooreenstem met die waarheid. En daarom moet elkeen, wat daartoe geroepe voel om sy medemens te onderrig, homself eers innerlike oortuiging verskaf dat sy lering die suiwer waarheid is. Hierdie innerlike oortuiging kan hy egter maar net verkry, wanneer hy self vooraf sy standpunt bepaal het, wanneer hy die kennis, wat hy vir homself verwerf het, aan ernstige ondersoek onderwerp het. En hierdie ondersoeke moet weer met My ondersteuning uitgevoer word. Hy moet My Self innig daarom vra dat Ek sy gees verlig, dat Ek sy denke korrek rig, dat Ek hom sal mag beskerm teen verkeerde denke. Dan eers sal hy in staat wees om die waarheid van die dwaling te onderskei en dan eers is hy `n ware dienaar van My; `n ware verkondiger van My woord, wat nou tot seën van die mense op aarde werksaam kan wees. Maar wie sonder beswaar `n geestelike leer verder verkondig, wat hy netso sonder nadenke aangeneem het, bevind homself nie op die regte plek nie, hy is geen verkondiger van My woord nie, want hy staan nie in My diens nie, veeleer dien hy `n ander en sy werksaamheid op aarde kan nie geseënd wees nie, want self tree hy onverantwoordelik op teenoor sy medemens, omdat hy ten spyte van die feit dat hy van hulle geloof verlang, hy hulle op `n dwaalspoor lei.
Nou sal `n ieder en elk aanvoer dat hy dit wat hy aanleer of versprei as die waarheid voorhou. Maar hy het nie een keer die gedagte in homself laat opkom dat ook aan hom die dwaling meegedeel sou kan word nie; En dit is alreeds `n growwe agtelosigheid, dit is `n sonde van nalatigheid, want hy het sy geestelike leringe nie ernstig deurdink nie. Want wanneer iemand vir My wil werk, dan is dit vir hom ook nie onbekend dat Ek `n teenstander het nie, dit is vir hom nie onbekend dat lig en duisternis teenoor mekaar staan nie; hy weet dus dat die werksaamheid van die teenstander gerig is op die verduistering van die lig, hy weet dat hy dwaling rondstrooi om daardeur die waarheid kragteloos te maak: Dus moet hy self ook op sy hoede wees om nie `n prooi te word van die dwaling nie en My beskerming teen hom, teen sy werksaamheid, teen die aanneem van dwaling vir homself af te bid. En doen hy dit ernstig, dan rig Ek sy gedagtes op die verkeerde geestelike leringe en hy kan seker daarvan wees dat sy denke helder sal word. Want geen mens, wie My om die waarheid vra, laat Ek met verkeerde denke nie. Maar wie laasgenoemde agterweë laat en tog nog glo om in die waarheid vas te staan, dwaal.
Hyself moet nou met sy verkeerde kennis klaarspeel, maar dit is onverantwoordelik om hierdie kennis nou deur te gee en daarom laai so `n mens baie skuld op homself, ofskoon sy toehoorders ook weer dieselfde sal moet doen, wanneer hulle onderrig word: om eers My Self om die waarheid en om verligte denke te vra, om die waarheid nou ook as sodanig in te sien; U mense ondersoek alle waarhede op sy waarde en so ook sal u geestelike goed moet ondersoek, maar dit nie gedagteloos en sonder beswaar aanneem nie, want wat nie met die waarheid ooreenstem nie, sal vir u mense skadelik wees, dit sal u siel nooit tot seën strek nie, omdat u maar net deur die waarheid die doel kan bereik.
Wie vir sy medemens `n leraar wil wees, moet homself voor die tyd met dit wat hy hulle wil aanbied, oriënteer en slegs wanneer hy seker is van sy leerstof, wanneer hy self oortuig is van die waarheid daarvan, kan en moet hy dit deurgee. En die oortuiging kan nie aan hom deur skoling gegee word nie, maar hy moet dit self verwerf. Hy moet die suiwer waarheid begeer en homself tot die ewige Waarheid Self wend, sodat dit hom ten deel val. Vooraf moet die innige verbinding met My tot stand gebring word, want dan kan hy sonder skroom homself as My verteenwoordiger uitgee, want dan sal hy steeds net waarheid aanleer, wanneer hy ook die medemens nader aan My wil bring, en sy werksaamheid sal geseënd wees.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205