Boek 16 - Die Waarheid is uit God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

AARDSE KENNIS IS GEEN WYSHEID NIE
B.D. 6931 - 30 September 1957
Al dink u dat u wys is, is u dit nie solank Ek My lig, wat u gees verlig, nie in u kan laat binnestraal nie: Want wat u dan as kennis aansien sal u nie gelukkig maak nie, selfs al het u dit as die waarheid benader: Want dit is slegs aardse kennis, `n kennis wat oor al dit handel wat u vir die aardse lewe wetenswaardig voorkom. En sou u môre reeds u liggaamlike lewe moet opgee, dan sou ook hierdie kennis vir u verlore wees – wanneer u geen geestelike vooruitgang sou kan aantoon nie: Die wysheid egter kan u nie besit as u nie geestelik daarna streef nie.
Wysheid is die insig van die kennis wat onverganklik is, wat slegs van My uitgaan en na hom toe stroom wat innig daarna verlang: U mense heg egter altyd slegs waarde aan resultate van die denke en u ontken alle waarde van geestelik verkreë resultate: U bewys daarmee dat dit nog erg donker in u is, dat daar in u nog geen lig straal nie, dat u in `n betreurenswaardige toestand voortleef omdat die tyd wat u tot nou toe op aarde geleef het, nutteloos was.
U jaag waardelose goedere na as u uself tevrede stel met die kennis wat u tot nou toe verwerf het, wat uitsluitend antwoorde gee op aardse vrae, wat probleme oplos wat geestelik gesien waardeloos is: U bereik nie die doel van u aardse lewe nie, wat slegs daarin bestaan om die geestelike duisternis, waarin u siele hulself bevind, te verander, om u omhulsels, wat die indringing van My lig verhinder, op te los.
U, mense besef nie eens u aardse lewensdoel nie. U ken nie die eintlike opdrag wat aan u gestel is nie, maar u glo u is wys as u kennis besit wat slegs aards georiënteerd is, as u oor `n skerp verstand beskik en die goddelike geskenk slegs te benut om `n suiwer wêreldlike rigting te ondersoek en te pieker. U kan op aarde tot hoë aansien kom, u kan ook iets groots bereik in verhouding tot u medemens, maar u kan uself nie wys noem nie, want u sal kragtens u verstand niks kan deurgrond wat buite die bereik is waarin u as mens leef nie. En aan die einde van u lewe sal u moet beken dat u niks geweet het nie, as u bewustelik u einde sien nader, wanneer u daar vlak voor staan om deur die poort van die ewigheid te gaan en u oor die sukses van u aardse lewe nadink. Dan sal die selfversekerdheid wat u gehad het, u verlaat, dan sal u vermoedelik ook van die nutteloosheid van al u moeite bewus word en u sal dankbaar wees vir `n flou ligskynsel wat u nog sou kan verkry oor die eintlike lewensdoel as mens.
Word u, wat dink u is wys, nou tydens u aardse lewe `n lig aangebied, dan versmaad u dit uit arrogansie, want as u onder die indruk van `n skynlig is, bespeur u nie die sagte skynsel wat tog in u hart wil binnedring nie, terwyl die skynlig, dit wil sê u verstandelike kennis, geen innerlike helderheid versprei nie. U moet nooit `n lig afwys nie - al straal dit ook ongewoon. U moet nie met die verstand probeer om so `n lig te verklaar nie, u moet die oë sluit wat deur die skynlig reeds verswak is en die ware lig in u hart laat binnestraal, dit wil sê vir eenmaal al u aardse kennis opsy sit en slegs stil luister, wanneer wyse woorde by u oor indring. U moet slegs die tyd daarvoor neem, om u gedagtes te laat dwaal in `n gebied wat vir u onbekend is, en daarna verlang om ook daaroor duidelikheid te verkry. En elke gedagte van die aard sal u tot seën word. Want dan sal u `n kennis ontvang wat u dan as "Wysheid uit God" sal insien - en wat vir u waarlik meer sukses sal oplewer as die wêreldse kennis wat deur u nagestreef is, wat vergaan soos u self na die liggaam vergaan en aan die siel nie die geringste voordeel bring nie, wat haar in dieselfde duisternis agterlaat as waarin sy die aarde as mens betree het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205