Boek 16 - Die Waarheid is uit God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE WARE “KERK” – SEKTES – DIE WERKSAAMHEID VAN DIE GEES
BD. 7072 - 23 en 24 Maart 1958
Die feit dat daar soveel geestelike- of geloofsrigtings bestaan en dat die mense meestal sonder hulle eie wil daarin opgeneem word, moet u mense aan die dink sit. Nie die wil van die kind bepaal in watter geloofsrigting hy "gebore” is nie, en dus is dit in `n sekere sin geen eie verdienste of die eie skuld van die mens om in `n bepaalde geloofsrigting opgevoed te word nie. En sou die een of ander nou "alleen saligmakend" wees; sou die een of ander, wat vir God alleen die ware is, of aan Hom welgevallig is, dan sou die mense met reg die wat in ander geestesrigtings beland het, hulself deur God benadeel kan voel dat die "ware kerk" van hulle weerhou is deur geboorte.
Maar dit is in die geheel nie so dat `n mens sonder eie toedoen tot die waarheid kan kom nie, en dit is wederom glad nie van belang in watter geloofsrigting hy deur sy geboorte beland het nie. Want elke mens moet self tot die lig van die waarheid deurdring. En net so is dit verseker dat die waarheid homself nie deur opvoeding sal laat inprent nie, solank die mens in homself nie die korrekte basis gevorm het waarin die waarheid kan wortelskiet om nou sy eiendom te word en te bly nie. Maar die bogenoemde feit sou ook alle mense aan die dink sit, hulle wat op hulle lidmaatskap van `n bepaalde geestelike rigting roem en homself beskou as "wandelend in die waarheid".
Dit is `n arrogante gedagte om te glo dat ons die privilegie het om die hemelryk te besit. Maar baie mense het hierdie aanmatigende gedagte, want alle sekte-aanhangers is volkome daarvan oortuig dat hulle die enigste waarheid besit. En tog het hulle meestal die kennis slegs oorgeneem wat hulle weer geleer is deur dié wat hulself net so fanaties as onfeilbaar voorgehou het. En geeneen van hulle het daaroor nagedink hoe God Homself dan teenoor diegene opstel wat nie aan `n geestelike inrigting behoort nie.
Solank maar die liefde tot God en tot die naaste en die werk van verlossing van Jesus Christus die basis is van `n geestelike rigting, kan ook uit hierdie geestesrigting ware Messiane (Christene) voortkom vir wie ook die lig van die waarheid spoedig sal skyn. Want word die liefde van God se gebooie vervul in die geloof in Jesus Christus, die goddelike Verlosser, dan word die mens self aktief en gaan hy uit eie beweging die "gemeenskap van die gelowiges" binne, in die kerk wat Jesus Christus Self op aarde gestig het. En hierdie eie beslissing moet elke mens neem, oftewel, die basiese geloof is die vervulling van die gebooie van die liefde en solank dit nie in ag geneem word nie, bevind die mens homself buite die kerk van die Christus, buite die waarheid, en dit is om ’t ewe of hy lid is van `n geloofsrigting wat homself as die "enigste ware" en "saligmakende" uitgee.
Die geluksaligheid kan geen mens vir homself verwerf deur slegs tot `n bepaalde geestesrigting te behoort of deur handelinge wat deur hierdie geloofsrigting vereis word nie. Net die ware, onbaatsugtige naasteliefde en die daardeur aangetoonde liefde tot God lei na die geluksaligheid en dit kan in elke geestesrigting beoefen word en dit sal dan ook lei tot die insig van die suiwer waarheid. Solank daar egter afgebakende gemeentes bestaan, solank elkeen trag om lede vir hulself te wen wat hulle lidmaatskap daardeur moet bewys dat hulle dit erken wat hulle self onderrig, solank die vryheid van denke by hierdie lede beperk word, is hulle ook slegs meelopers, geen lewende Messiane (Christene) wat hulleself kan reken by die kerk van Christus nie.
Maar sodra `n mens "lewend" geword het, wat dus maar net `n lewe van liefde as vereiste het, sien hy ook in hoeverre `n geestesrigting aanspraak kan maak op die waarheid. Hy sal dan weliswaar sy medemens beter kan onderrig as die leiers van die geestesrigtings, maar hy sal sy insig ook nie kan oordra op sy medemens nie, veeleer moet hulle aan dieselfde eise voldoen wat tot insig in die suiwer waarheid lei: Eers moet hy deur `n lewe in liefde `n "lewende" Messiaan (Christen) word, want dan sal sy geloof sterk word en dan hoort hy dus tot die kerk van Christus, wat Hy Self op die rots van die geloof gebou het.
Vir elke denkende mens sou dit duidelik moet wees dat God, die saligwording van `n mens nooit afhanklik sal maak van watter geloofsrigting of -gemeenskap hy behoort nie, want slegs al die omstandighede wat die mense sonder hulle eie wil te kenne gee dat hulle by geboorte in sulke gemeenskappe opgeneem was, sou hulle tog moet laat dink, vooropgestel dat hulle so ver in hulle geloof is dat hulle `n God en `n bestemming van die mens herken. Vir die ongelowiges is sulke gedagtes nie sondermeer te bespreek nie, omdat hulle elke ‘geloof rigting' verwerp. Maar vir diegene wat al te ywerig hulle mening uitdra en steeds weer probeer, om as bewys vir die waarheid daarvan, woorde uit die Skrif (Bybel) daarby te betrek, wat dit egter ook slegs verstandelik uitlê; geld hierdie woorde: dat slegs die liefde die gees in die mens werksaam sal laat word. Maar die Gees sal hulle dan ook volgens die waarheid onderrig, dan sal egter ook die verkeerde leerstellings in elke geestesrigting belig word, waarvan die mens homself moet vrymaak, as hy `n lewende Messiaan (Christen) wil wees, `n aanhanger van die ware "Kerk van Christus", wat geen uiterlike kenteken kan laat sien as slegs die werksaamheid van die Gees van Eloghim nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205