Boek 16 - Die Waarheid is uit God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

ONDERSOEK ALLES EN BEHOU DIE GOEIE
B.D. 8037 - 9 November 1961
Die wil om My te dien, word gewaardeer. En Ek wys nou die mens die saak toe tot dit wat hy in staat is om uit te voer en steeds homself en die medemens tot seën sal strek; Maar op die innerlike aanwysings en instruksies sal u ook moet agslaan, u sal nie na eie goeddunke mag handel nie, wat maklik kan gebeur, wanneer u na vore wil tree met u werksaamheid en dan baie maklik u arbeid in die wingerd in gevaar stel Diepste deemoed en die gevoel van eie onvolkomenheid moet u steeds weer na My laat vlug, sodat u uself aan My kan oorgee. U moet steeds poog om slegs My Wil te vervul, en waarlik, u sal van hierdie Wil van My in u hart gewaar word en daarvolgens werksaam wees.
En die ondersoek moet elkeen wat My wil dien, by homself uitvoer om dan ook oortuig vir My en My "ryk” te kan uitkom. Want die arbeid in die wingerd bestaan daarin: Om goeie saad in die lewensakker van die mense neer te lê: om My Woord te verkondig waar dit maar moontlik is. En om iets te kan deurgee, moet die mens dit eers self besit, dus moet hy eers die saad van My Self in ontvangs neem en dit vra `n bereidheid en `n bepaalde graad van rypheid van die siel. Eers dan kan hy My woord in homself verneem en dit dan as suiwer evangelie in die wêreld uitdra. Waar My suiwer woord nou na die aarde gebring kan word, is ook so `n “graad van rypheid” bereik; die mens ontvang ware saad wat hy nou sonder beswaar kan uitstrooi volgens My Wil.
Maar steeds sal die ondersoek aan uself oorgelaat word, of `n geestelike lering van My Self uitgegaan het, en of daar van `n "werksaamheid van die Gees" in die mens gepraat kan word. En u hart moet vir u `n antwoord gee, want u sal dit voel wanneer Ek u Self aanspreek, wanneer u maar ernstig die waarheid begeer, wanneer dit u begeerte is om My Self te hoor. Ek Self sal My altyd so uiter dat dit wat u hoor,`n aanwins vir u siel sal wees. Ek sal u liefdevol aanspoor en u wys op My gebooie van die liefde, Ek sal u waarsku teen die nie-benutting van u lewe, wat te sien is as u sonder liefde leef. Ek sal u duidelikheid gee oor die doel van u lewe op aarde, Ek sal die werk van die verlossing van Jesus na vore bring en u aanspoor om die weg na die kruis te neem. Ek sal die duisternis van gees in u verdryf, deurdat Ek in u `n lig ontbrand. En dit beteken, dat Ek u kennis laat toekom wat slegs My Gees aan u kan oordra. En gebruik dit dan as toets of u geestelike wins behaal - of dit leë woorde is sonder inhoud, wat nie in staat is om indruk op u te maak nie, wat elke mens uit homself ook kan spreek, of dat daar wysheid na u toe straal. Want elke woord wat van My Self uitgaan, straal My Liefde en Wysheid uit en raak die menslike hart, sodat hulle wegvlug van hulle geestelike donkerte, dat in hulle hart `n lig ontbrand, sodat die mens My Self leer herken in My Wese, sodat hy antwoord kan verkry op sy vrae wat die geestelike gebied betref, wat hom as mens innerlik besig hou.
Steeds uit My Gees Self wanneer Ek die mens regstreeks aan kan spreek en hierdie Gees spreek tot die gees in die mens wat `n deeltjie van My is. Die woord word opgeneem en deur die ontvanger daarvan aan die medemens oorgedra. En hierdie gebeurtenis is iets buitengewoon belangrik, daar dit aan u, mense tog My aanwesigheid bewys, wanneer u in uself My woord sal hoor, En omdat My woord met My Krag geseënd is, maak dit ook `n geweldige indruk op die medemens aan wie My boodskapper dit bring.
Maar een ding sal u mense nie mag vergeet nie, dat in die eindtyd ook die buitengewone werksaamheid van My in Liefde, deur My teenstander onder `n aanvaarbare dekmantel voorgestel sal word om My werksaamheid te verswak; dat ook hy deur geskikte opnamehouers homself sal probeer uitdruk en dat hy sal slaag, wanneer die toestand van rypheid van `n siel My aanwesigheid nog nie toelaat nie, die mens self voel egter daartoe geroepe om dan as opnamehouer te dien, omdat sulke gedagtes hom deur kragte uit die hiernamaals ingegee word en dan opgeneem word in geestelike hoogmoed en verkeerde beoordeling van sy geestestoestand. Dan kan Ek Self nie in hom spreek nie, inteendeel, dan bedien My teenstander hom van homself, hy wat homself ook dikwels verskuil agter My woord, want vir hom is elke middel goed, wanneer hy sy doel daardeur kan bereik, naamlik om mense in die duisternis van gees te hou. Maar steeds sal u die ondersoek self ernstig moet uitvoer, met die aanroep van My bystand, want u sal alles moet beproef en die goeie behou. En steeds moet dit lig in u word, omdat u anders sal kan spreek van `n goddelike aanspreking nie. En lig beteken die toename in geestelike kennis wat ooreenstem met die waarheid en dat maar net Ek Self, wat die Lig is van Ewigheid, u dit altyd kan laat toekom.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205