Boek 16 - Die Waarheid is uit God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

IS DIE BYBEL AFGESLUIT?
B.D. 8054 - 3 Desember 1961
Hoe verkeerd is dit van u om aan te neem dat met die Skrif, die boek van die vaders, My Woord afgesluit is. Dat Ek Self `n grens gestel het in soverre, dat Ek Myself nie meer sal openbaar en tot die mense spreek nie. Wie gee u die bevoegdheid om so iets aan te neem? Wie kan My teëhou wanneer Ek as VADER steeds weer tot My kinders spreek? Wie gee u die reg om `n dergelike bewering te maak dat die Bybel alleen voldoende is en dat u mense verder geen woord meer nodig het nie? U, wat elke nuwe openbaring afwys, bevind uself nog in diepe geestelike duisternis, en in hierdie donkerheid van gees sal u ook nie die Bybel begryp nie en is dit vir u dus ook nog `n geslote boek. Want u begryp nie die geestelike sin van die letters nie, anders sou u in die Boek ook die aanwysings na My voortdurende openbaringe gevind het, en dan sou die werksaamheid van My Gees ook vir u begryplik gewees het. Maar solank u self nog `n onontwaakte gees het, begryp u ook nie die betekenis van die woorde wat Ek Self, toe Ek op die aarde was, tot My dissipels gespreek het nie.
Hoe arm sou u mense nie gewees het as u uself sou moes tevrede stel met `n Boek wat u self nie meer in staat sou stel om sy onveranderde inhoud te ondersoek nie - wanneer u nie steeds weer die suiwer waarheid van bo gegee sou word, om dit as maatstaf te kan gebruik of u uself ophou met die waarheid al dan nie. U, wat slegs die Boek van die vadere laat geld, het self nog nie deurgedring in "die woord" nie, u het dit slegs met u verstand gelees, maar nie die Gees in u laat spreek nie, Wie u onderrig en die geestelike sin van die Woord duidelik maak. U hang nog steeds aan die letter en begryp nie die sin daarvan nie. En as Ek Self u in die waarheid wil binnelei, dan verloën u My werksaamheid en verdink My dienare van omgang met My teenstander. U ontken dat Ek die Wil en die Mag het om tot diegene te spreek wat hulself in volle geloof in My hulle dienste aanbied, en daarom ook in staat is om My stem in hulself te verneem. En u hou koppig vas aan u mening dat My woord met die Skrif afgesluit is, wat u dan as die enigste boek erken waardeur Ek My geopenbaar het.
En dit is tot u nadeel, want deur die afwysing van My woord van bo bewys u dat u maar net dooie Christene is, want `n lewende Christendom is een wat "werksaam in die liefde" is en dit sou u ook die verligting van die gees oplewer en dus ook begrip vir My besondere hulp in tye van geestelike nood wees. U sou dan ook die woorde in die Bybel begryp het, die beloftes wat Ek Self aan u gegee het en daarop gewys het dat Ek Myself sal openbaar aan diegene wat My gebooie onderhou. Hoe sou u dan hierdie beloftes van My wil interpreteer, wanneer u sulke, nuwe openbaringe verloën? Sou u My wil loënstraf wanneer Ek vir u My "Trooster" aankondig, Wie u sal binnelei in alle waarheid. Hoe verstaan u hierdie woorde wat vervul moet word, aangesien elke belofte wat Ek die mense gegee het ten tye van My lewe op aarde vervul moet word. En waarom wil u nie glo nie? Omdat u geestelik arrogant is, omdat dit u ontbreek aan innerlike lewe, aan die opwekking van die gees en u daarom glo dat u My en My werksaamheid kan bepaal, dit self begrens soos dit u geval.
Maar u dwaal, en dit is om te ewe of u meen om deur studiekennis te verkry het wat u die reg gee om My Woord vanuit die hoogte af te wys - u is arrogant van gees en sal daarom ook nooit self `n openbaring van My kan ontvang nie, want slegs aan die deemoedige skenk Ek My barmhartigheid en hierdie deemoed ontbreek by u. En daarom verkeer u ook nog in duisternis en u sal dit nie kan deurbreek nie, omdat die lig, wat u insig sou kon skenk, u sal ontwyk wanneer u sou verlang om sy skynsel te betree. Nooit sal My Liefde vir My skepsele ophou nie en nooit sal Ek, as die voorwaardes daarvoor aanwesig is, versuim om u mense aan te spreek nie. En steeds sal My Woord klink (duidelik wees) vir diegene wat van goeie wil is, tot wie die VADER kan spreek as Sy kinders en wat `n lewende geloof in My het, en aan hulle sal Ek My ook te kenne gee en Myne sal ook My stem herken, want by hulle kan Ek aanwesig wees; aan hulle kan Ek My openbaar soos wat Ek dit beloof het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205