Boek 16 - Die Waarheid is uit God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE BOEK VAN DIE BOEKE - `N LAMP SONDER OLIE
B.D.2203 - 5 Januarie 1942
`n Lamp sonder olie is slegs `n leë houer wat nie aan sy doel voldoen nie, want hy straal geen lig uit nie omdat die permanente voeding, wat aan die lig gevoer moet word, ontbreek. En so is ook die heilige Skrif (die Bybel) so lank as boek slegs te beskou as hy nie waaragtig ligverspreidend werk nie, dit wil sê solank hy nie tot die verligting van die gees lei nie. Die heilige Skrif kan waarlik die hoogste wysheid aanbied aan hom wat in die diepste gelowigheid en met `n hart wat op God gerig is, begeer om daaruit die wysheid te put, sodra die mens dus self deur die verlange sy honger na lig laat sien. Dan is die Boek van die boeke nie slegs `n leë houer nie, inteendeel dit word tot `n skenker van lig. Die mens neem toe in wysheid, want hy verlang voeding vir sy gees, en hierdie voeding laat die lig in hom tot `n helder stralende vlam word wat sy skynsel ver weg stuur en kan die donkerste nag verlig.
Die woord van God is geseënd met Sy Krag en hulle wat regstreeks van God die woord in ontvangs wil neem, sal daarom ook voortdurend deurstroom wees met God se Krag. En hierdie krag stroom ook na die mens wat met dieselfde innigheid die woord vir homself neem waar dit vir alle mense toeganklik is, sodra hy net daarna moet streef om goddelike wysheid in homself op te neem, sodra hy enkel en alleen lig begeer. Want elke honger na Sy Woord sal God stil, Hy sal gee waarna verlang word. Dus moet die hart verlang na geestelike voedsel, dan word dit aan hom gebied in die vorm van kennis, want elke woord uit die heilige Skrif word vir die mens nou duidelik en die kennis maak hom gelukkig en stem hom tevrede.
Maar hoe dikwels lees die mens maar net die geskrewe woord en laat dit nie tot sy hart spreek nie, hoe dikwels ontbreek die betekenis en insig van dit wat hy lees, omdat hy nie bid om die barmhartigheid om dit te kan begryp nie en dan is die Boek niks meer werd as elke ander boek wat slegs die doel het om te vermaak nie. Maar dan mis die lamp die olie, dan is hy sonder lig, hy is slegs `n leë houer wat sy doel nie nakom nie, want hy straal geen lig uit nie en kan ook nie die hart van die mens verlig nie.
Die woord van God kom tot elke mens wat dit begeer, want God is die woord, en aan die wat probeer om Hom te bereik, openbaar God Homself op die mees verskillende maniere. Hy gee hom die waarheid deur middel van gedagtes, of Hy bring mense bymekaar en Hy spreek deur hulle, of Hy spreek deur die Boek van die boeke tot hom. Maar steeds moet die bereidwilligheid aanwesig wees om die goddelike woord te ontvang, die hart moet dit wens, sodat sy verlange vervul kan word. Die Gees uit God sal dan steeds werksaam wees, dit maak nie saak hoe en waar die mens die goddelike woord in ontvangs neem nie, omdat die Gees uit God eers dan kan werk waar die mens honger na geestelike voedsel, na die lig, duidelik blyk. En dan sal elke dwaling ook uitgesluit wees, want selfs waar so iets deur die menslike wil ontstaan het, stuur die Gees uit God die denke van die mens so, dat hy korrek begryp en dus sy kennis aan die waarheid sal beantwoord. Die kennis is dan `n lig wat helder in die omgewing straal en die krag van sy straling die duisternis instuur. En die kennis sal hy altyd en oral mag verwerf. Die Gees uit God is steeds bereid om kennis uit te deel, en waar dit maar uit die diepste van die hart begeer word, daar sal die hart ook gevoed word, want God wil hê dat dit lig en helder in die harte van die mense sal word. Hy wil dat Sy woord nie slegs uiterlik gelees of aangehoor word nie, maar dat dit diep sal binnedring, sodat dit geestelik goed vas sal bly sit en eendag die rykdom van die siel in die Ewigheid sal wees.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205