Boek 16 - Die Waarheid is uit God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

"DIE VERSTAND VAN DIE VERSTANDIGES SAL VERWERP WORD "
B.D. 2375 - 19 tot 20 Junie 1942
Die wapen van die wyses van die wêreld is die bewyskrag en met dit as wapen, is hy steeds in staat om homself in die wêreld te handhaaf, dit wil sê sy wysheid is onaantasbaar sodra hy die verworwe kennis met bewyse kan staaf. En wie twyfel aan die kennis geld as dwaas. Daarenteen is geestelike kennis nie met bewyse aan te toon nie, dit is nie deur middel van ondersoeke te verkry nie en kan nie sistematies aan die medemens oorgedra word nie, want geestelike kennis is geen produk van die verstandsdenke van die mens nie, slegs `n produk van `n liefdevolle hart. Dus hoef die geestelike kennis niks in gemeen met aardse wysheid te hê nie en kan derhalwe ook nie deur die wyses van die wêreld beoordeel word nie, want hulle staan geheel en al apaties teenoor die geestelike kennis, hulle is nie bekwaam om enige kritiek te lewer nie, solank hulle nie self, deur aktief werksaam te wees in liefde, in die kring van die kenners opgeneem word nie. En so sal die wyses van die wêreld hulle wysheid nie kan gebruik om bewyse te lewer, of om geestelike waarhede te kan weerlê nie. Want hy sal tekort skiet, hy sal moet toegee dat sy wêreldse kennis nie toereikend is om die geestelike gebied binne te dring nie.
Maar die geestelike wat goed verkry is deur werksaam te wees in die liefde, sal aardse wysheid omverwerp sodra hierdie waarhede betrekking het op buiteaards liggende gebiede. Geestelike kennis sal ander resultate oplewer as kennis wat deur die wyses van die wêreld verwerf is; dus sal die geestelike kenners ook elke bewysvoering vermy en as ontoereikend beskou en die verstandsdenke van die mense eweneens beskou as nie dienend as maatstaf nie, en daarom word die wêreldse kennis nie baie gewaardeer deur mense wat in die geestelike kennis deurgedring het nie. Want hulle sien in dat dit onvolmaak en gebrekkig is, omdat dit nie in die minste bygedra het om die mense binne te lei in die insig nie, en goddelike wyshede nooit as te nimmer deur wêreldse wysheid verkry kan word nie.
Maar daarenteen sal ondanks bewysvoering, die wysheid van die wyses van die wêreld in dwaling verkeer. Want die mense wat nooit op die goddelike Gees ag geslaan het nie, wie sy gedagtes dus nooit gerig het na geestelike rigtings toe nie, sal nou moet insien dat mense sonder wêreldse opleiding, in kennis hulle meerdere is en dus sal hulle ook dit wat hulle ondersoek, dan as waarheid moet erken en die resultate daarvan teenspreek. Hulle sal moet insien dat die werksaamheid van die verstand nie alleen as waarborg kan staan vir die korrekte wysheid nie. Die verstand van die verstandiges sal verwerp word en die wysheid van die wyses sal vernietig word. En dit, in ooreenstemming met die geestelike instelling van die maar net wêreldse ondersoeke teenoor God, waarsonder geen mens, sonder die verligting van die gees, die waarheid kan besit nie en die mens sonder die erkenning en die strewe na God, nie verlig kan word nie, omdat laasgenoemde `n toestroming van die Krag uit God is, wat slegs kan plaasvind waar alreeds geopende opnamehouers, vir die toestroming gereedstaan, omdat die stroom van Krag andersins geen plek kan vind om opgeneem te word nie.
Alles wat deur die gees voortgebring word waarby die geestelike Krag uit God nie gevra of benut word nie, het geen waarde nie en sal dit ook steeds weer verbygestreef of verwerp word, want die verstandelike denke bly nie by `n resultaat stilstaan nie, omdat dit van die waarheid daarvan nooit volledig oortuig is nie. Geestelike resultate daarenteen wat met die medewerking van die goddelike Gees ontstaan het, bly ook vir altyd en ewig onveranderlik, omdat dit beantwoord aan die waarheid en ook dan as sodanig ingesien word deur die mense wat ernstig worstel met die waarheid; Elke goddelike waarheid bly ver weg van die mens wat slegs verstandelik dink, want hy begeer dit nie en as dit dan vir hom aangebied word, herken hy dit nie, en dus word hy nóg wys nóg lief vir die waarheid, en so sal ook sy wapen, die bewysvoering, uit sy hande geruk word, want teenoor die geestelike resultate, wat `n regstreekse uitstraling van God is, sal ook die bewysvoering nie kan bestaan nie, want sy teenstanders stry met `n wapen, wat hulle nie besit nie.
Dit wat deur die werksaamheid van die Gees aangekondig is, sal duidelik sigbaar word en sodoende die bewys lewer dat die waarheid enkel en alleen daar is waar die waarheid is, waar die Gees van God verlang word en die waarheid die kennis van die wyses van die wêreld ver oortref, sodat die mense insien dat die wysheid nie afhanklik is van die menslike verstand nie, inteendeel slegs van die ware standpunt teenoor God en `n daaraan beantwoordende lewenswandel. Want dan slegs sal die Krag uit God, Sy Gees, verlang en ook werksaam kan word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205