Boek 16 - Die Waarheid is uit God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

WAARSKUWING OM DIE GODDELIKE WOORD NIE AF TE WYS NIE.
BD. 4587 - 13 Maart 1949
"Beproef alles..."
Waarlik - Ek sê vir u, u berokken vir uself onmeetlike skade as u geen aandag wil skenk aan My regstreekse, uit die hoogte gesproke woord nie; as u uself tevrede stel met die onderrig wat aan u deur ondeskundige leiers gegee word en wat u eers sal begryp as uself My woord uit die hoogte ter harte neem: U moet in die eerste plek strewe na lig, want `n ware lig verlig tans u weg wat u sal moet gaan om die doel te bereik. In die duisternis rig u u skrede daarheen waar u `n lig sien opflits, maar dit is slegs `n bedrieglike lig wat u van die ware weg aflei. U sal `n ware lig moet begeer, dit wil sê - u sal moet soek om tot ware insig te kom, om u `n kennis eie te maak wat ooreenstem met die waarheid en daardeur `n ware beeld van My te kry as die liefdevolste VADER en Skepper van ewigheid, om dan onophoudelik die vereniging met My, uit Wie u eens uitgegaan het, na te strewe. En daarom sal u in die waarheid onderrig moet word.
Maar Wie aan u die waarheid oorbring, kan slegs Hy wees Wie self die ewige Waarheid is, of dit is hulle wat die waarheid direk van Hom Self ontvang. Streef na hierdie enige Waarheid en stel u nie tevrede met `n kennis wat nie die ewige Bron as oorsprong het nie. Ek kan nie hierdie aansporing nadruklik genoeg vir u laat toekom nie, en moet dit, as My Liefde Haar Self aan u openbaar en u die suiwerste waarheid stuur, nie laat verbygaan nie.
Beproef alles en behou die goeie. As Gods woord as `n gawe aan u aangebied word, let dan op en oorweeg in u hart, hoe u uself daarteenoor moet opstel. Wys dit nie af sonder ondersoek nie, bedink eerder dat u immers `n groot barmhartigheidsgawe sal kan afwys en beproef dus vervolgens wat u aangebied word. Sal u dit dan uit innerlike oortuiging kan afwys, dan sal u geen skuld hê nie, maar `n ernstige ondersoek moet dit voorafgaan, sodat - wie van goeie wil is en `n hart het wat tot liefde in staat is, die stem van die VADER wat tot hom spreek, sal herken. Daar word u die kosbaarste barmhartigheidsgeskenk wat My Liefde vir u gereed hou, aangebied.
Benut dit, laat die barmhartigheid op u inwerk, luister na My woord en leef daarvolgens, en u sal baie spoedig insien dat dit die ewige waarheid is wat van My Self kom en u waarlik wetend maak, u sal van die lig in uself bewus word en duidelik die weg na My insien, u sal met oortuiging kan glo en nou ook vir My kan opkom teen die wêreld, omdat u geloof lewend is, wat egter slegs die suiwerste waarheid tot stand kan bring. En daarom spoor Ek u nogmaals aan. Wys nie My dienaars af as u hulle My woord aanbied nie. Ek Self besorg u die mees waardevolste barmhartigheidsgeskenk, die ewige waarheid, omdat u slegs deur die waarheid geluksalig sal kan word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205