Boek 16 - Die Waarheid is uit God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DAAR BESTAAN SLEGS ÉÉN WAARHEID - DIE GEVOELENS VAN DIE HART
B.D.4786 - 23 November 1949
Dit staan u wel vry by watter geestesrigting u wil aansluit, maar steeds sal u daaraan moet dink dat daar slegs één waarheid is, dat, omdat die verskillende geestesrigtings ook verskillende leerstellings het, en dat daar maar een regte geestesrigting kan wees, om welke rede `n ondersoek onvermydelik is, wat elkeen kan uitvoer, as hy maar ernstig wou.
Waar daar goddelike openbaringe na die aarde gestuur word, is die waarheid daarvan gewaarborg en daarom kan hierdie steeds as vergelyking genoem word. En die waarheid kan slegs daar wees waar daar ooreenstemming is met die deur die goddelike oorgelewerde leerstellings. Maar as daar geen regstreekse openbaring as vergelyking voorhande is nie, dan moet God beslis om ondersteuning gevra word en dan sal die mens ook sekerlik `n ware uitleg kry, dit wil sê: hy sal nou `n besluit moet neem ten opsigte van `n geestesrigting wat aan hom voorskryf wat om te glo, om dit te glo, of om dit te verwerp. `n Ernstige verlange om in die waarheid vas te staan en `n gebed tot God in gees en in waarheid, verseker hom die ware insig omtrent wat waarheid en wat dwaling is. En sy hart sal hom self aanmoedig of waarsku, by welke geestesrigting hy hom moet aansluit, maar slegs hy moet ook ag slaan op sy gevoelens, dus nie teen sy gevoel ingaan nie.
Daar is geen geestelike organisasie op aarde wat vry is van dwaling nie, omdat die suiwer waarheid, wat aanvanklik die stigter beweeg het om dit uit te dra en die medemens daarvoor te wen, deur mense `n verandering ondergaan het. En daarom sal `n soekende mens aan elke geestesrigting twyfel, wat ook goed is, sodat hy self die waarheid nagaan en deur ernstige nadenke en verbinding met God deur gebed en werke van liefde, die gees in homself moet laat ontwaak, wat hom nou in die waarheid onderrig en aan hom die ware kennis bekendmaak. En daarom kan `n mens wat homself beywer in elke geestesrigting die waarheid vind.
Die blinde moet homself toevertrou aan die siende - die Siende is God alleen of `n deur God opgewekte en deur Hom geonderrigte geestelike leier, wat vir die blinde waarlik `n egte steun kan wees, wat hom sal lei en hom ook kan help om lig vir sy oë te verkry, as die blinde dit self wil: Maar `n blinde leier sal nie baie seën stig nie, hy sal ook hulle, wat aan hom toevertrou is, op `n dwaalspoor bring, alvorens hy nie self deur sy wil siende geword het nie. `n Blinde leier is egter hy wat nie uit goddelike openbaringe sy wysheid geput het nie - `n blinde leier is hy wat sy kennis slegs van swaksiende mense ontvang het en daardeur self nie verlig geword het nie, inteendeel in dieselfde duisternis sy weg gegaan het as voorheen. God bekommer Hom Self eerder oor hulle wat na die waarheid verlang. Onwetendheid, dwaling en `n verduisterde geestestoestand is steeds net daar te vinde waar die verlange na die waarheid nie aanwesig is nie, omdat die verlange `n voorwaarde is, dat God, as die Gewer van die waarheid en die ewige Waarheid Self, Hom aan die mens openbaar, want wie na die waarheid verlang, sal dit ook aangebied word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205