Boek 16 - Die Waarheid is uit God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

VERSTANDELIKE KENNIS – STUDIE – OPENBARINGE
B.D.6488 - 29 Februarie 1956
Die mense het `n te hoë dunk van hulle verstand, omdat hulle andersins nie teen die werksaamheid van die gees en die resultate daarvan in verset sou kom nie. Hulle voel hulself meerderwaardig aan alle kennis wat hulle op die geestelike weg verkry het, en aanvaar die verkreë kennis nie, omdat die verstandelike denke uitgeskakel is en hulle `n bewys as waarheid sou moet erken dat die verstand geen waarborg bied vir die ware kennis nie, omdat hulle sou moet toegee dat ontoeganklike gebiede ook sonder verstandelike aktiwiteit ondersoek kan word. Hulle oorskat hulleself sonder om daaroor na te dink dat daar geen eenvoudige verstand nodig is om salig te kan word nie, dat die verwerwing van die ryk van God nie alleen die reg van `n skrander mens is nie, maar dat die ryk ook oopstaan vir die eenvoudigste mens, omdat God nie die verstand nie, inteendeel slegs die liefde van die hart beoordeel. En hierdie liefde is die sleutel tot die wysheid.
Die liefde gee die helderste insig ook in die mees verborge sake, die liefde skenk insae in die tot nou toe geslote gebiede, die liefde waarborg slegs `n kennis ooreenkomstig die waarheid, slegs die liefde ondersoek die diepte van die wysheid. Waar die liefde ontbreek, kan die verstand nie alleen die waarheid binnedring nie, dus moet die mens in die eerste plek sy eie ontoereikendheid besef en in deemoed `n skeiding opstel tussen aardse en geestelike kennis. En so behoort die teologie tot dusvêr tot die kennis van die wêreld, waarmee slegs die verstand van die mens homself mee besig hou, as die mens self nog sonder liefde is. Eers deur die liefde kan hulle tot geestelike kennis kom en dan eers kan die mens dink in ooreenstemming met die waarheid, wat tevore vir hom onmoontlik was.
Solank `n bestudering egter van stapel gestuur word, word die ywerige studie wat dit voorafgegaan het, wat bewys dat alleenlik die waarheid geld, hoog gewaardeer, tot dusvêr word die verstand van die mens te hoog aangeslaan en tot dusvêr is die deur, wat na die waarheid lei, vir hom geslote. Want, dit wat die verstand wetenskaplik meen te kan ondersoek, dit verskaf die liefde met sekerheid in `n kort tydjie met uitskakeling van die verstandelike denke. Want nou is die denke van die mens deur die Gees verlig en dit beteken dat hy nou alles helder en duidelik insien en die oortuiging van die volkome waarheid in hom het. En daarom staan daar geskrywe: "God sal die verstand van die verstandiges verwerp en die wysheid van die wyses tot niet laat gaan" en daarom, solank die Gees van God nie in hulle, deur die liefde, werksaam is nie, sien die mense die waarheid, ondanks studie, nie in nie. Want aan hulle ontbreek die deemoed, wat egter die binnestroming van die goddelike Gees teweegbring. Die deemoed is egter nie hoogmoedig nie.
Maar die verstandsmens is met homself ingenome en heg te veel waarde aan sy verstand, wat egter sonder liefde, maar net dooie kennis sonder gees en lewe kan voortbring, wat maar net `n wêreldse kennis kan beheers, maar ook dit sal nie sonder die liefde, sonder dwaling kan wees nie. Dit sal almal teenoor die geestelike ter harte moet neem, want net twyfel en weerstand word dan op die weg van die verstand verkry. En in die eerste plek sal diegene, wat glo om die Woord van God op aarde te verteenwoordig, daaraan moet dink dat slegs solank hulle net met hulle verstand hulle amp uitoefen, dienaars van die wêreld is, dat die liefde hulle in staat sal stel om `n ware verteenwoordiger van God te wees, omdat hulle dan eers met Sy Gees vervul sal wees en in staat sal wees om die waarheid van die dwaling te onderskei en omdat hulle eers dan die suiwer waarheid kan uitdra, wanneer hulle deur "Sy Gees in alle waarheid gelei word. "
Die verstand sonder liefde is sonder waarde, die mens op aarde, wie se denke deur die liefde verlig is, sal bomatig seënryk kan inwerk op diegene wat die verligting deur die Gees ervaar het. Want aan hom sal God Self Homself openbaar en hy sal getuienis kan aflê van God se Liefde, Wysheid en Almag, hy sal die diepste kennis bekom en met sukses werksaam wees op aarde vir God en Sy Ryk.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205