DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 20 'n Tempel van 'n hoër soort 1. Wat die tweede tipe tempel aanbetref, deur die sonbewoners gewoonlik ook die groot tempel genoem: Waarom hierdie tempel die naam dra, sal in die hieropvolgende baie goed aan julle duidelik gemaak word. 2. Hierdie tempel is wat die bou en die veelheid aan pilare betref, weliswaar nie veel voortrefliker as die een wat ons hiervoor leer ken het nie. Hy sou hier en daar miskien wel duisend, soms ook tweeduisend pilare meer kan hê as die eerste, maar hierdie toevoeging is nie voldoende vir die bynaam 'die groot tempel' nie. 3. Ook al het hy dan meer pilare, tog staan hulle ten eerste digter opmekaar, en ten tweede is hulle ook nie so hoog nie, waardeur die ruimte wat so tempel inneem, dan ook nie veel groter is as dié van die vorige tempel nie. Ook is die dakke by verre nie so hoog nie. 4. Dit is dus die vraag, waarom hierdie tempel 'die grote' genoem word. Dit is omdat in hierdie tempel absoluut geen ander vorm van diening meer geleer word as slegs die diening van die grote God nie! Dit is dus die rede waarom hierdie tempel 'die grote' genoem word. 5. Die inwendige inrigting en ook die uiterlike omgewing is op die willekeurige versierings na, heeltemal gelyk aan dié wat ons binne en buite die vorige tempel leer ken het. Slegs die orkesruimte is in hierdie tempel nog veel grootser en daar staan twee keer soveel harpe as in die vorige tempel. Ook die aantal sangers is meer; dit is egter goed te verstane, omdat daar in so 'n tempel dikwels vier-, vyf-, ses- tot sewe maal soveel leerlinge woon as in die vorige tempel. 6. In so tempel kom die mense van so vier tot sewe tempels van die vorige tipe ook dikwels bymekaar om daar die allerhoogste onderrig in die diening van die grote God te ontvang. Om hierdie rede lyk dit in so 'n tempel en ook in die wye omgewing daarvan uiters lewendig. 7. Wanneer alle mense in so 'n tempel soms nie gehuisves kan word nie, word daar effens laer, ongeveer op die plek waar 'n vrye wandelweg deur die land loop, klein woonhuise met 'n omvang van ongeveer tien tot twaalf pilare gebou, wat op die sentrale wenteltrap na, wat daar ontbreek, presies so ingerig is as die woonhuise wat ons al leer ken het. 8. By sommige tempels van hierdie tweede tipe is daar dikwels honderde sulke kleinere huise. Elke woning het ook 'n eie ampsdraer, wat onder die ampsdraers en derhalwe ook onder die hoofleraar van hierdie tempel staan. Hy hoef vir niks anders te sorg as vir die handhawing van die orde nie. 9. Die grond rondom so ’n tempel is ook eweredig groter en uitgestrekter as die van die vorige. 10. By hierdie tempel is daar ook 'n algemene tydwagter, en daarom moet alle tydwagters van so ’n uitgestreke tempel-distrik hulself na hom rig. Waar in die omgewing van hierdie tempel is die eintlike staanplek van hierdie tydwagter? Kyk daar, ongeveer duisend vadem buite die tempel word daar op 'n keëlvormige heuwel 'n buitengewone sterk, soms meer as vyfhonderd vadem hoë boom gekweek. Daar word vanaf die top 'n pendulum neergelaat tot byna aan die voet van die heuwel, want aan die kant van die pendulum word die heuwel steiler gemaak as wat hy van nature sou wees. Hierdie pendulum word dan deur drie manne in beweging gesit en het vir één slingering byna dertig minute volgens julle tydrekening nodig. 11. Aan die hand van hierdie pendulum moet alle ander dan ingestel word. Ook al is hulle nie ewe groot en kan hulle nie dieselfde stadige slingeringe nadoen nie, tog moet hulle slingeringe so ingedeel word dat óf twee of vier slingeringe presies ewe lank as één slingering by hierdie hoofpendulum neem. 12. Om die rede is daar selfs ook in die kleiner woonhuise rondom hierdie tempel sogenaamde klein handpendulums en aan die hand van hul vinniger slingeringe word die hoofslingeringe van die groot pendulum gemeet. 13. Hoe deel die hoofpendulum nou sy slingeringe op 'n goed verneembare wyse aan 'n hele omgewing mee? Daarvoor is daar nog sommige spesiale ampsdraers aangestel, wat mekaar beurtelings aflos, en wel na elke honderd slingeringe. By so ’n hoof-tydmeter is daar altyd 'n honderdtal sulke ampsdraers, waarvan daar steeds vier is wat die diens moet verrig. 14. Hierdie ampsdraers of chronoloë het by die sonbewoners ongeveer dieselfde aansien as die diepsinnige sterrekundiges by julle. Tog is dit binne hierdie raamwerk nie die doel waarom hulle hier genoem word nie, maar dit gaan nou oor hoe hulle die tyd aan die hele omgewing bekendmaak. Kyk, aan vier kante van die taamlik uitgestrekte heuwel is 'n soort klok aangebring, wat daar weliswaar nie so lyk soos 'n kerkklok by julle nie, maar is 'n groot uitvoering van julle klein klokkespel. 15. Elke tydverkondiger is voorsien van 'n hamer, waarmee hy by elke slingering van die pendulum eenmaal op die klok slaan. Daardeur word aan die hele omgewing wyd en syd deurgegee wanneer die een slingering op die ander volg. Heeltemal bo-op die heuwel is daar twee wagte gestasioneer; hulle tel die slingeringe en deel die aantal slingeringe met sekere afstandsinjale mee aan die tempelwagters. 16. Dat diegene wat hierdie werk verrig ook gereeld afgelos word, spreek vanself. Nou het ons ook hierdie tweede tempel leer ken. Die verskil met die ander tempel is dus alleen geleë in die beoogde doel en in die veel groter aantal leerlinge. 17. By 'n vorige geleentheid is alreeds opgemerk dat tempels van hierdie tweede tipe hoër staan as die eerste; daarom is dit gladnie eintlik nodig om hier te vermeld dat so tempel op 'n nog veel hoër en groter berg staan die van die eerste tipe. 18. Wanneer julle so ’n tempel op die son met julle eie oë kan aanskou of as julle julleself selfs op die uitgestrekte grasveld daarvan sou bevind, dan sou julle die verhewe prag en die buitengewone pragtige uitsig na die wye omgewing nie kon verdra nie. Daarom laat Ek ook selfs nie eers toe dat iemand so iets in 'n droom sien nie, want reeds die droom sou 'n dodelike effek hê. As die gees van die mens so-iets te siene sou kry, sou hy onmiddellik alle kettings van sy liggaam verbreek en hom daarheen haas, waar dit hom sekerlik beter sou geval as in sy sware liggaam. Daarom vermeld Ek hierdie prag ook maar net terloops aan julle, want as Ek dit vir julle ook maar net in woorde volmaakter sou beskryf en daardeur julle fantasie 'n duideliker beeld daarvan sou gee, sou julle dit absoluut nie op papier kon sit nie, want julle gees sou homself daarby so volkome in homself keer, dat hy volkome sou vergeet het om sy liggaam tot aktiwiteit aan te spoor. 19. Om juis hierdie rede vertel Ek julle ook niks oor die onderrig wat daar deur Myne ten dienste gegee word nie. Ten eerste sou julle die hoë graad daarvan, in die toestand waarin julle julleself bevind, absoluut nie kan inneem nie. Ten tweede, indien julle dit sou verstaan, sou julle op daardie selfde oomblik julle aardse lewe nie meer kan behou nie, want as julle ook maar één woord uit My mond, met hierdie hoë betekenis, volledig sou kon bevat, dan sou die hele natuur en die hele wêreld op dieselfde oomblik vir julle as 'n uiters duister en verskriklik gedrog voorkom, veral wanner dit oor 'n woord van die Vader, óf die Ewige Liefde gaan. 20. Sodat julle julleself egter tog baie versigtig daarvan kan oortuig hoe gewigtig net een woord van die Vader is, sê Ek julle by hierdie geleentheid net dat byvoorbeeld die woord 'liefde', met betrekking tot My by die sonbewoners, wanneer dit uitgespreek word, so ’n onbeskryflike geluksaligheid teweegbring, dat hulle daardeur vir ’n geruime tyd geen voedsel inneem nie. Ja, daar word vanaf die hoogste heuwel, waar hierdie laasgenoemde tempel homself bevind, met trompetgeskal aan die wye omtrek bekend gemaak dat binne ’n afsienbare tyd, volgens julle tydrekening ongeveer 'n jaar, hierdie woord met betrekking tot God uitgespreek sal word. Reeds by die eerste basuin val alle sonbewoners van hierdie gordel op hul aangesig ter aarde en durf, van hoogagting vir wat gaan kom, skaars asem te haal en bewe as’t ware van blye vrees. 21. Wanneer die tyd nou nader dat die hoogste leraar en priester afdaal na hierdie tweede tempel om daar uit te spreek: 'God is liefde!', dan word elke mens daardeur soseer aangegryp, dat hy ineensink, asof hy as te ware gesterf het. Ja, deur hierdie woord raak al hierdie mense in 'n sekere sin, volgens julle begrippe uitgedruk, in 'n soort allerhoogste staat van geestesvervoering en geniet in die toestand die geluksaligheid van engele. Wanneer hulle weer tot hulself kom, snel hulle dadelik na buite en val voor die tempel op hul aangesigte neer en dank, loof en prys die grote God vir Sy allerhoogste genade aan hulle en dat Hy hulle waardig geag het om die allerhoogste woord van aller woorde, by monde van sy owerpriester, weereens te laat hoor. En nog vir ’n geruime tyd daarna durf niemand oor die drumpel van die tempel gaan nie. Wanneer die tempel egter weer betree kan word, gebeur dit altyd met 'n allerdeemoedigste, feestelike intog. 22. Aan die hand van hierdie woorde kan julle al `n begrip begin vorm oor die aard en die uitwerking van die leerwyse in hierdie tempel. Julle kan egter ook, om julle afgestompte sinne tot lewe te wek, 'n bietjie aandag daaraan bestee en onder oë beskou welke agting Ek daarenteen by julle geniet, want by julle het Ek nie alleen My woord deur sekere leraars en priesters laat verkondig nie, maar het Ek as Vader en die allerhoogste liefde, Self wesenlik in al My goddelike oorvloed onder julle geleef en julle met My eie mond die woorde van die ewige lewe geleer. En tog kan die mense My vir 'n handvol grond vergeet en My baie geringer ag as al die ander wat daar om hulle heen is. As dit nie so sou wees nie, hoe sou menigeen dan die hele dag met alle inspanning vir die tydelike kan sorg en daarby skaars 'n armsalige kwartier per dag aan My wy!? 23. Werklik, Ek sê vir julle: As Ek op die son gedoen het wat Ek op aarde gedoen het, sou haar vreugdelig die hele oneindigheid gevange geneem het! Maar die kinders van die aarde, wat Ek tot kinders van My hart gemaak het, is in ’n toestand waar hulle die Vader wil ontvlug en verag! 24. O, leer dan van die son, as julle op aarde nie kan leer wie die Een is wat uit oneindige liefde vir julle selfs aan die harde kruis gebloei het! Sien tog net in, dat die Vader die Liefde is!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205