DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 38 Oriëntasie en lewenswyse van die inwoners van die vierde gordelpaar 1. As julle enigsins aandagtig gekyk het, kan julle al 'n gedeelte van die huislike reëls aflei uit die manier waarop so ’n woonhuis ingerig is. Desondanks is daar nog ander gedragsreëls, wat nie uit die ordening van die woongeboue afgelei kan word nie. Om hierdie gedragsreëls egter op oortuigende wyse te vind, is dit nodig om eers die karakter van hierdie inwoners wat naderby te leer ken. 2. Die mense van hierdie gordel behoort tot die sagmoedigste wat daar maar êrens op die son of op 'n ander planeet woon; ja, uit hulle hele gedrag spreek so ’n sagte en deemoedige karakter, dat julle absoluut geen voorstelling vir julle daarvan kan maak nie. 3. So durf byvoorbeeld geen enkele man in sy volle lengte regop loop nie, sodat die kleiner vrou nie genoodsaak word om op te kyk na hom nie. Ook maak die man, wanneer hy loop, taamlike groot bewegings om daardeur die lug af te koel vir die vrou wat hom steeds vergesel, en om dit in ’n sekere sin te verdun, sodat die vrou hom makliker kan volg. So hou hy ook sy voete, waarmee hy andersins baie lang treë kan maak, behoorlik in toom; hy maak uit louter sagtheid en agting, in plaas van vinnige sewentig vadem lange treë, nouliks treë van sowat twintig vaam lank, sodat die vrou hom oral maklik en ongedwonge kan volg. So sal 'n man byvoorbeeld nooit 'n vrou langs hom laat loop nie; sy sou dan gelykop met hom moet loop, en self stryd moet voer met die lug en hier en daar ook 'n ruie pad moet betree. Sy moet hom daarom volg, omdat sy 'n platgetrapte pad het en geen weerstand van die lug ondervind nie. 4. So is die man ook teenoor sy kinders. Hulle word in absolute liefde opgevoed, en alle onderrig wat die vader aan sy kinders gee, is net so saggeaard, uitnodigend en aansporend soos die allersagste wol, vergelykenderwys gesproke. 5. ’n Onvriendelike gesig word deur die sonbewoners van hierdie gordel reeds as 'n sonde beskou. Daarom glimlag hulle altyd minsaam en is so weekhartig, dat hulle by die aanblik van 'n skynbaar lydende broer, al is dit hoe gering, onmiddellik tot trane toe geroer word en hulle alle moontlike moeite doen om hom te help. 6. Wanneer die een buurman na die ander gaan en hom om 'n vriendediens vra, kom hy hom heel blymoedig tegemoet, want 'n groter bereidwilligheid om sy naaste ter wille en van diens te wees, soos wat by hierdie inwoners van hierdie gordel gebruiklik is, kan julle julleself absoluut nie indink nie. Soos wanneer die een buurman byvoorbeeld na die ander toe kom met die versoek om aan hom een of ander stuk gereedskap of iets anders te leen, dan gee hy hom nie net die gevraagde met die mees opsigtelike vriendelikheid nie, maar hy vra hom ook nog heel dringend of hy nie iets meer nodig het nie. Wanneer die ander een dit dan heel vriendelik ontken, weerhou die buurman hom nie daarvan om die gevraagde self na die woning van die ander te bring nie; boonop bied hy daar nog sy dienste aan, ingeval die buurman dalk nie so goed met die gereedskap kan omgaan nie. 7. Vra die buurman hom eventueel vir vrugte of stof vir klere, dan word die versoek nie net tienvoudig aan die gevraagde gegee nie, maar bring die gewer dit, sowel as die gereedskap, eiehandig na die woning van sy buurman, terwyl hy hom indringend versoek het hom tog beslis nooit daarvoor te vergoed nie. 8. Nog uitsonderliker is die algemene vriendelikheid teenoor vreemdelinge, wat soms reise maak om hul wêreld beter te leer ken. Hulle word altyd met die grootste onderskeiding opgeneem en aan so iemand word die grootste eer betoon wat maar by hierdie inwoners gebruiklik is. Hierdie eer hou in dat 'n vreemde gas dadelik die woonhuis binnegelei word en met alle voorkomendheid die stoel van die huisvader aangebied kry. Dan doen alle gesinslede niks anders nie as om so ’n gas alle denkbare aandag te gee. Wanneer so ’n gas dan weer sy vriendelike gasheer verlaat omdat hy weer verder moet reis, is daar altyd 'n buitengewone ontroerende afskeid. 9. Werklik, as 'n liefdevolle moeder by julle op aarde afskeid moet neem van 'n seun wat na 'n ver land moet reis, dan is die smartlike afskeidstafereel nouliks 'n swak afspieëling van wat hom daar afspeel wanneer so 'n gas hulle weer verlaat. 10. Wanneer hy hulle verlaat, word hy eers deur die huisvader en al sy gesinslede geseën, sodat hy baie voorspoedig alle lande mag deurgaan en daar word gevra of hy hulle nie dalk weer op sy terugreis wil besoek nie. Vervolgens word hy voorsien van alles wat hy maar nodig het. En wanneer hy ten slotte sy gasheer verlaat, word hy deur byna die hele gesin só ver vergesel, totdat hy hom weer in die buurt van 'n ander huis bevind. Daar word hy weer geseën, en as hy dan alleen verder gaan, natuurlik buitengewoon dankbaar vir al die ontvange vriendskap, kyk die begeleiders hom agterna totdat hy volledig uit hul gesigsveld verdwyn het, dan eers keer hulle weer om, en daar word gedurende die hele terugweg oor niks anders gepraat as oor die vreemdeling nie, waarby hulle die wens uitspreek dat die liewe, goeie Heer van hemel en aarde hom tog teen iedere ongeluk mag bewaar. 11. Uit hierdie paar voorbeelde kan julle al heel goed die oorblywende karaktereienskappe en daaruit ook die ander huisreëls van hierdie buitengewoon saggeaarde mense aflei. 12. Daar word ook aan niemand opgedra om die een of ander arbeid self te verrig nie. As daar iets gedoen moet word, dan wedywer mense onderling om mekaar te help en te ondersteun, sodat niemand dit te swaar sal hê nie. Die hele huislike regulasies bestaan dus uit niks anders as die volmaakte, mees waaragtige naasteliefde, waaruit alle ander reëls voortspruit. 13. Daar bestaan by hulle geen enkele voorgeskrewe wet nie. Die liefde is hul enigste wet, wat egter nie soseer voorgeskrewe is nie, maar lewend is in iedere hart. 14. Wanneer iemand soms, al is dit maar in ’n geringe mate, hierdie wet oortree het, dan word hy dadelik met die grootste liefde en sagmoedigheid vermaan. Die huisvader sê dan aan hom: "Kyk, my liewe seun, jy het jouself in jou hart ietwat vergeet en jy het nie bedink dat die broeder wat jou om 'n klein diens vra, net soos jy, 'n ewige, onsterflike gees in homself dra nie. Hierdie gees is 'n lewende gees uit God en is 'n deel van Sy oneindige liefde, wat in gelyke mate oneindig en ewig van Hom af uitgaan. Hoe kan ons iets beters doen en wat sou die grote, liewe en goeie Heer van hemel en aarde meer welgevallig wees as dat ons Sy oneindige liefde in al ons liewe broers herken en hulle daarom ag en liefhê uit die grond van ons hart, omdat hy, net soos ons, deel van die oneindige liefde van God is !? Ons het immers geen ander wet nie as: Het die liefde lief! Ons broers is immers net soos ons, naamlik liefde uit God. Waarom sou ons hom dan nie liefhê nie en nie met die grootste vriendelikheid graag alles wat maar nodig is, vir hom doen nie!? Daar is immers tog maar min geleenthede om ons geliefde broers en susters te dien. As ons selfs hierdie min geleenthede nie in ag neem nie, hoe staan dit dan met ons liefde vir God, Wie ons met Sy oneindige liefde in alles tegemoet kom?' 15. So ’n les is volkome toereikend om die een wat één keer ten opsigte van sy broer iets versuim het, so aan te raak, dat hy sy broer naderhand die versuimde of verontagsaamde met die allergrootste sagmoedigheid en vriendelikheid honderdvoudig sal vergoed. 16. Kyk, dit is dan ook wel alle huislike reëls. Ek sou egter wil hê dat dit ook by julle so gehanteer word! As dit op hierdie manier toegepas word, sou iedereen My woord lewend in hulleself gedra het. In plaas daarvan geld slegs die reëls van volkome eiebelang by julle. En My woord in julle en in buitengewoon baie ander mense lyk soos 'n ontbindende lyk in 'n graf, wat niks meer lewend het as die rondom kruipende wurms van die eiebelang, wat mettertyd selfs ook nog die lyk, wat die letterlike betekenis van die woord is, volkome opvreet en uiteindelik vernietig en so van die tempel des lewens 'n huis van die dood maak! 17. Slaan dus goed ag op hierdie huisreëls en vergelyk dit met My wet van die liefde, dan sal julle insien, dat slegs in hierdie liefde die ewige lewe verborge is. Ten tweede sal julle ook insien dat Ek oral een en dieselfde suiwerste liefde is. En ten derde moet dit vir julle ook 'n waarborg wees vir die waarheid van alles wat Ek aan julle meedeel. Want die waarheid is net 'n lig wat uit die vlam van die liefde voortkom. En as julle hier die ware liefde vind, dan sal julle ook die ware lig hê, wat julle die volle waarheid sal waarborg van dit wat hier uit dieselfde liefde ontvlam en wat die grondslag van alle ewige waarheid is. 18. Noudat ons dit weet, sal ons ons eweneens vanuit hierdie beginsel die maatskaplike reëls van die bewoners van hierdie vierde gordel die volgende keer baie goed voor die gees bring en dit deeglik bekyk. En hiermee is dit weer vir vandag genoeg!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205