DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 41 Die sorg vir die koringkorrel en die oorblywende planteteelt 1. ’n Ander maatskaplike reël hou in dat die inwoners van hierdie gordel koring kweek en, wanneer dit rypgeword het, in bundels vergaar, die are leeg vryf en sodoende die suiwer saad bekom. 2. Waarvoor word die graan gebruik? Die graan, waarvan die korrels byna so groot is soos 'n klein hoendereier by julle, word op die manier, wat reeds aan julle bekend is, gekook en daarna dadelik genuttig. As julle die koring op hierdie manier sou kook en daarna eet, sou julle daardeur weliswaar 'n baie voedsame voedsel verkry, maar dit sou nie so goed gesmaak het nie, omdat die koring van julle aarde nie soveel suiker bevat as die koring van hierdie gordel nie. Vir die inwoners van hierdie gordel is hul gekookte koring egter hul smaaklikste en mees geliefde voedsel. 3. Nou sou iemand kan sê: Hoe kan dit nou as 'n maatskaplike reël beskou word? Maar Ek sê: Nog 'n bietjie geduld! Met één woord kan ’n mens vir die uiterlike sintuie nie onmiddellik 'n hele onderwerp beskryf nie. Luister maar wat die inwoners oor hierdie graan sê: Onder alle gewasse wat die groot en enigste Heer van hemel en aarde ons geskenk het, is daar geeneen wat ons aandag soseer verdien soos die koring nie, omdat daar nêrens so 'n groot ooreenkoms is met die lewende brood uit die hemele as dit nie. Alle ander vrugte soos julle dit ken, groei sodanig dat ons hulle sondermeer direk vanaf die plant, struik of boom in die mond kan steek, maar die koringkorrel, hoewel hy die beste van al ons vrugte is, moet eers uit die aar, wat vol dorings en hake sit, losgemaak word, daarna gesuiwer en as ons hom wil nuttig, in die (deur die vuur aktief gemaakte) water geweek word. 4. Beskou daarenteen die brood uit die hemele, wat die heilige Woord is wat die geeste uit die hemele aan ons verkondig; lyk dit nie soos hierdie koringkorrel wat uiteindelik, na moeisame toebereiding, ons liefling voedsel word nie? Deur allerlei inspannings en stekelrige beproewings kom ons eers in die besit van hierdie hemelse broodwoord. As ons dit eenmaal ontvang het, dan moet ons onsself eers suiwer deur ons doen en late, want soos julle weet, word dit altyd so aan ons gegee dat die eintlik voedende dele vir die onsterflike gees, steeds ingeslote is deur moeisaam breekbare omhulsels van diepe hemelse wysheid. As ons ten slotte die suiwer inwendige korrel van hierdie omhulsel bevry het, dan moet ons nog die harde korrel in ons eie lewende water van die gees op die vuur van die liefde vir God sag kook, sodat dit vir ons onsterflike gees tot 'n ewige voedende spys kan word. 5. Kyk, wanneer julle die woorde wat hier uitgespreek word, ook maar enigsins van naderby beskou, sal dit beslis vir julle daaruit duidelik word waarom die kweek van hierdie graan op hierdie gordel as 'n maatskaplike reël beskou moet word. Ons het dus weer 'n baie belangrike reël leer ken. 6. Een ander reël bepaal weer die orde waarin alle grond met bome, struike en ander gewasse geklassifiseer moet wees. Ook hierdie staan almal in langwerpige kringe rondom die woonhuis. Die vêrste verwyder van 'n woonhuis staan die groter vrugte¬bome, tot by die heining van denne wat reeds aan julle bekend is en wat ten slotte die laaste afsluiting vorm. 7. Ook hierdie orde het weer haar goeie rede, want dit stem volgens die wysheid van hierdie inwoners ooreen met My ordening, waarvolgens ook die grof materiële, as sinnebeeld van ontoeganklike en verhewe wysheid, die vêrste van my sentrale liefdesvuur afstaan. Alles wat teerder, kleiner en swakker is, bevind hulself egter steeds nader aan die ewige hoofwoning van My liefde. Daarom is daar 'n oue spreekwoord wat sê, selfs op julle aarde: 'Die liefde van God is op die kleine gerig! "En Ek het self eens op aarde gesê: 'Laat die kinders na My kom; Verhinder hulle dit nie, want aan hulle behoort die hemelryk! " 8. Hieruit kan julle maklik aflei waarom die orde van die vrugteteelt op hierdie land ook 'n maatskaplike reël is. En julle sal dit des te makliker verstaan wanneer julle alles in julle herinnering terughaal wat daar al vóór die aankondigings oor hierdie maatskaplike reëls gesê is, naamlik dat hierdie sosiale reëls op sigself die werklike seremoniële deel van die godsdiens van die inwoners van hierdie gordel is. 9. Daar is weliswaar nog enkele reëls, maar as julle die reeds meegedeelde reëls goed beskou, dan kan julle daaruit baie goed verstaan dat alle ander reëls op dieselfde grondbeginsel berus as die reeds bekend gemaakte, wat dan ook op sigself die belangrikste is. 10. Daarom sal ons dan ook die verhandeling oor die maatskaplike reëls van die inwoners van hierdie gordel afsluit en ons aandag op hul godsdiens rig.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205