DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 43 Die vyfde gordelpaar, ooreenstemmend met Saturnus. Die land en die mense 1. Oor die vyfde gordel hoef Ek julle maar net mee te deel dat beide die noordelike sowel as die suidelike kant ooreenstem met die planeet Saturnus* wat julle al goed ken; want daarmee het julle al 'n aansienlike deel daarvan leer ken, en daarom sal ons met die beskrywing van hierdie gordel veel gouer klaar wees as met die die voriges. *sien die boek 'Saturnus' 2. Die gordel as sodanig is eweneens deur 'n hoë muur van berge van die vorige geskei, maar vanaf hierdie gebergte loop daar dan dadelik groot bergreekse oor die hele, byna vierduisend myl breë gordel. Aan die noordekant het hy ’n watergordel, wat ewenwel nie oral ewe breed is nie, maar op baie plekke landinwaarts inhamme het. Sommige inhamme strek twee- tot drieduisend myl landinwaarts uit. Die noordelike oewer van die water loop in 'n taamlike reguit lyn en word deur uiters steil bergwande begrens. 3. So is dit ook by die ooreenstemmende suidelike gordel, maar dan natuurlik in omgekeerde volgorde, as gevolg waarvan die noordelike gedeelte bewoonbare land is, deurweef met die vele bergreekse, terwyl die watergordel aan die suidekant lê, wat eweneens groot inhamme landinwaarts het. 4. Tog sal ons slegs die noordelike gordel beskryf en met die omstandighede van die noordelike gordel in 'n sekere sin stilswyend ook die van die suidelike saamneem. 5. Hoe is dit dus op die noordelike gordel met die land gesteld? Kyk maar na Saturnus, dan sien julle ook die gesteldheid van die landerye van hierdie gordel. 6. Die woonboom hoort ook hier tuis, sowel as die reënboom, die straalboom, die tregterboom, die spieëlboom, die muurboom en die allerleiboom en ook die piramideboom; hulle word oral hier aangetref. Hulle is net in alle opsigte nog reusagtiger, verhewener, mooier en vuriger hier as op die planeet Saturnus. 7. Net so is ook al die struike en plante wat ons op die planeet leer ken het, in meer glorieryke mate teenwoordig. Selfs die skeepsplant ontbreek nie en word hier vir dieselfde doel gebruik as op die planeet, want op hierdie gordel begin ook die skeep¬vaart. 8. Wat die diere betref, is die goedaardige ook almal hier te vinde. Die grootste dier egter, die mud, en nog enkele ander meer boosaardige diere van die planeet Saturnus, sowel as die groot vis en die groot voël is nie hier te vinde nie, en ook nie die verskillende mossel diere nie. Al die ander gediertes is hier ewe tuis as op die planeet. Selfs die groot koei ontbreek nie, sowel as die skaap van die bergbewoners wat aan julle bekend is. Soos gesê is alles hier slegs veel meer veredel en nog baie sagmoediger as op die planeet. 9. Wil julle die algehele omstandighede van hierdie gordel as’t ware op één slag oorsien, begeef julle dan maar net na die bergbewoners van die planeet. Daar kan julle alle omstandighede leer ken, sowel in burgerlike, huishoudelike, maatskaplike en godsdienstige opsig. 10. Ook hier word tempels vir die godsdiens gebou. Die tydrekening is by die inwoners van hierdie gordel feitlik dieselfde as op die planeet; die verskil is net dat hulle die tyd bepaal aan die hand van die rotasie van die son om haar as, waarvan hulle die voltooiing herken aan die verskynsel dat daar dan by hulle by die hoogtepunt 'n spesifieke sterreteken te staan kom. Die rotasie van die son, wat ongeveer nege-en-twintig aardse dae in beslag neem, gee hulle dan een tydsduur, wat hulle in sewe periodes indeel. 11. Die tyd van die hoogtepunt is gewoonlik 'n feestelike tyd, soos ook by die inwoners van Saturnus die sewende dag 'n feesdag is. Hierdie tydperk word op die gordel op dieselfde wyse gevier as op die planeet. 12. Wat verder die woning, die klere en die voeding van die inwoners van hierdie gordel aanbetref, dit is presies dieselfde as op die planeet (dit spreek vanself dat hier steeds die berg-bewoners van die planeet bedoel word). 13. Die mense self, beide die man en die vrou, lyk in alles volkome soos die mens van die planeet, behalwe wat die grootte aanbetref. In daardie opsig is die inwoners van hierdie gordel ’n derde kleiner as die van die planeet. 14. Hulle is buitengewoon sagmoedig van karakter, verafsku niks soseer as een of ander gemoedsbeweging nie en het daarom selfs vir die te groot liefde 'n buitengewoon groot ontsag. 15. Om hierdie rede gaan alles op hierdie gordel daar so rustig aan dat iemand van julle, ondanks die groot lewenskrag van hierdie gordel, sou kon dink dat die dood hier onmiskenbaar sy intrek geneem het. Dit is egter nie so nie. Die inwoners is onder mekaar heel vrolik en opgewek. Daarby is hulle ook groot liefhebbers van mooi klanke en geniet dikwels ure lank, volgens julle tydrekening, van die lieflike gesang van hul talle sangvoëls. Self is hulle egter ook nie sangers en musikante soos die inwoners van die planeet Saturnus nie. 16. Hulle het met die geeste en ook dikwels met Myself meer gereelder kontak as hulle broers op die planeet. 17. Hulle is besonder kuis en dra die agting vir hul buitengewoon pragtige vroue slegs in hul harte. 18. Die voortplanting verloop hier op dieselfde manier as op die planeet. En die wil is nog aansienlik kragtiger as die van die planeet bewoners. Gevolglik kan hulle selfs enkele saadlose plante kweek en met hulle wil al die diere in bedwang hou. 19. Ook kan hierdie gordelbewoners hulself soms deur middel van hul wilskrag vry in die lug verhef en in geval van nood ook kort afstande oor die water loop. Maar dit waag hulle nie om oor groot afstande te doen nie, aangesien hulle sê: So iets is 'n wonderwerk, waarvan die mens homself slegs in geval van uiterste nood mag bedien. Niemand moet egter 'n gewoonte daarvan maak nie, want die Gees van God bedien Haarself slegs van wonders wanneer Sy eindelose Wysheid dit noodsaaklik ag; vir die res moet alles binne die ewige ordening beweeg. Daarom durf hulle ook nooit onafgebroke gebruik te maak van hul wilskrag nie, maar hulle bedien hulleself slegs in uiterste noodsaaklikheid daarvan. 20. Dit is wel alle wesenlike verskille tussen die inwoners van die planeet en van hierdie gordel; die res is presies dieselfde. 21. Dat die inwoners van hierdie gordel merendeels op die berge woon, hoef nouliks genoem te word, want die laagland word gewoonlik aan die vele diere oorgelaat. 22. Oor die sogenaamde 'huiskneg' kan nog gesê word dat ’n mens hulle ook hier aantref, egter nie meer as ’n dier nie, maar as 'n aparte, ietwat ondergeskikte menseras wat, ten opsigte van die eintlike inwoners van hierdie gordel, ongeveer so in verhouding staan soos die wilde negerstamme ten opsigte van julle. Hier is hulle egter nie meer bestem om die werklike inwoners te dien nie, maar meer om, as inwoners van die laaglande, van die werklike inwoners die ware menslike manier van lewe te leer en deur hierdie leer dan self tot die graad van werklike mens op te klim. Daarom is hul lewenswyse dan ook presies dieselfde as dié van die hoofbewoners van hierdie gordel. Daar is slegs by die voortplanting in soverre 'n verskil dat hierdie ondergeskikte menseklasse voortplant deur 'n soort byslaap, wat egter nog lank nie so sensueel is soos by julle nie. 23. Dit is dan ook wel alles wat hierdie gordel aanbetref. Daarmee is ons ook met die beskrywing van hierdie vyfde gordel, beide die noordelike sowel as die suidelike deel, heeltemal klaar en sal ons onsself die volgende keer dadelik na die sesde gordel begewe.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205