DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 3 Die ontwikkelingsweg van die sonmens, - in stryd of ooreenkomstig die goddelike orde 1 Wat gebeur met diegene wat egter nie die orde van My wil gehoorsaam nie? Hulle verlaat hulle liggame en beweeg na 'n ander sonnewêreld, wat die eerste innerlike son is waar hulle weereens opgeneem word in geskikte voorbereide liggame, maar ten volle bewus van hul voormalige wese, ten einde met sekerheid te besef dat dit 'n gevolg was van om strydig te handel teen die lewende orde van My wil. Terloops het hulle ook hier hulle volledige, magtige vryheid van wil en kan hulle soos voorheen optree. Indien hulle weer buite My orde sou tree, word hulle verskuif na 'n nog meer innerlike sonnewêreld en uiteindelik, deur aanhoudend teen My orde te oortree, word hulle verskuif na die mees innerlike son self, wat ook die mees materiële en vaste een is. 2 Diegene wat My orde gehoorsaam, styg na hoër volmaaktheid. Alternatiewelik, word hulle in ’n meer vaste gevangenskap ge¬plaas en, as deel van die son se massa, verban na die wye planetêre- en komeetruimtes. 3 Hier hoef julle net terug te val na die volume van "Die Vlieg*" waar julle sal kan sien wat met verloop van tyd gebeur met hierdie geskorste geestelike potensies. Somtyds kan dit inderdaad die geval wees dat hulle as nog ongestolde geestelike entiteite op hul aanvanklike planetêre plasing, weer na die goddelike orde draai op grond van die oorblywende bewussyn en hulle word dan weer deur die son terug ontvang vir hul volgehoue ontwikkeling. Aan die ander kant egter, word hulle beveel tot 'n lang tydperk van onreëlmatige komeet migrasie, waarna hulle selfs in ’n strenger gevangenskap geplaas word, om uiteindelik gedwing te word in die geoordeelde orde van 'n planeet of selfs 'n maan. *Geheime van die Natuur deur Jakob Lorber 4 Bogenoemde verduideliking sal voldoende wees, want daaruit blyk dit watter tipe geestelike kinders julle is en dat julle in werk¬likheid as 't ware kinders is van die sonmense. 5. Maar hoe julle in die omgekeerde geval ook hul ouers kan wees, sal waarskynlik nie al te moeilik te raaie wees nie. Ek sê vir julle: Julle kan dit in dubbele opsig wees. Ten eerste, wanneer julle kinders moontlik vroeg sterf, dan is dit so dat sulke geeste, wanneer hulle van beter aard en bereidwillig was, eerder terugkeer; soos julle immers so pas gehoor het dat sommige uit die son uitgestraalde geestesmassas, wanneer dit in die vorm van 'n beginnende komeet bereidwillig word, weer deur die son opgeneem word, sonder om 'n volkome planetêre rypwording via 'n harde beproewing deur te maak. 6. In hierdie geval is julle al ten eerste die ouers van sulke kinders wat vroegtydig na die son teruggekeer het. Ten tweede kan julle egter in 'n nog veel meer volmaakte betekenis ouers van die totale mensdom van die son wees, en wel dan, wanneer julle saam met Paulus kan sê: 'Nou leef ek nie meer nie, maar Christus leef in my!' 7. Kyk, nou sal hierdie skynbare teenstrydigheid sekerlik vir julle duidelik wees en julle sal daarom ook des te beter kan verstaan wat beteken: 'Onse Vader wat in die hemel woon, laat U Naam geheilig word, laat U wil geskied! "Want daar waar die wil van die Vader ook maar vervul word, of wanneer slegs die neiging oorheers om die wil te vervul, dan is daar by 'n wese geen volledige grofstoflike, planetêre rypwording nodig om terug te keer na die ryk van die ware lewe, óf om in die gees te kan sê: 'Laat U koninkryk kom!' 8. Wanneer julle ietwat nadink oor wat daar tot nou toe gesê is, sal julle selfs geen ondoelmatigheid meer daarin sien wanneer julle 'n groot hoeveelheid bloeisels en nog geen rypgeworde vrugte van die bome sien val nie. As julle wil weet waarom en waartoe, werp dan 'n blik op die son; wat julle dadelik sal sê waarom en waartoe, naamlik: '’n Planeet hoef nie altyd volledig materieel ryp te word om weer geestelik daarheen terug te keer, vanwaar hy uitgegaan het nie. Watter omstandighede daar verder op ons volmaakte sonplaneet heers, sal ons in die volgende behandel. 9. Hier kan 'n vraag gestel word wat lui: 'Wat gebeur met die geeste van die son wie hulle, deur die gebruik van hul volkome vrye wil, so gedra het dat hulle met hulle wil steeds in harmonie verkeer met My wil? En is daar baie sulke geeste op die son wat geen verdere agteruitgang hoef deur te maak, om dan weer moeisaam na volmaaktheid omhoog te klim nie? ' 10. Hierdie geeste, wat reeds op die son volmaak geword het, waarvan daar baie is, bly nie na hulle voleinding op die son nie, maar styg op na 'n hoër sentrale son, waaruit hulle vroeër saam met die son daaruit voortgekom het. Daar word hulle eers sterker gemaak in die deemoed, waarna hulle weer hoër opstyg na 'n nog dieper sentrale son, wat die voormalige son in grootte, lig en heerlikheid onuitspreeklik oortref. 11. Ook al kom hierdie geeste van die vroeëre son hoe deeglik verlig en deurgloei op hierdie tweede sentrale son aan, lyk hulle tog net asof hulle nagenoeg heeltemal donker en volkome sonder lig is. Daarom word hulle weer hier trapsgewys verder gelei en deur die heersende geeste daar weer so verlig, dat hulle daardeur in staat raak om weer na 'n nog dieper en feitlik eindeloos veel groter sentrale son op te styg. Hierdie son is ook die laaste materiële voorbereidende skool vir die eintlike hemel, wat die oorspronklike huis is van alle volmaakte geeste. Maar op hierdie laaste en gelyktydig ook allergrootste middelson van `n hulssfeer bestaan daar baie vlakke, wat die geeste, voorsien van 'n eteriese liggaam, moet deurloop voordat hulle in staat is om ingesluit te word in die geestelike sonnewêreld, wat die hemel heet. Dit is dus die weg, met weinig woorde aangedui, vir die voltooide geeste op die son. 12. As iemand egter nou sou vra: Waarom is die weg eintlik so lank? Dan lê die antwoord ook al gereed, want sulke geeste het immers hierdie weg ook trapsgewys afdalend vanuit die laasgenoemde, binneste, allergrootste sentrale son afgelê en het op elke sonnevlak nog meer materie in hulself opgeneem. Om dié rede moet hulle nou weer hierdie weg terug aflê, om daarop van vlak tot vlak die laaste materiële atoom af te lê, totdat hulle dan eers in staat sal wees om weer volmaak en vir alle ewighede der ewighede oor te gaan na die waaragtige, allersuiwerste, hemelse sonnewêreld. 13. Dit weet ons nou, maar Ek sien al weer 'n verborge vraag wat in julle opkom en dit lui: Moet die geeste van die mense op die planete dan ook hierdie weliswaar baie ligte, maar tog baie lang pad aflê, voordat hulle in die eintlike hemel kan kom? 14. As 'n mens op hierdie vraag direk 'n algemene antwoord wil hê, dan kan dit nie met ja, nóg met nee, beantwoord word nie. Drie omstandighede is daarby van belang. Kinders en mense, wat na hul afsterwe op aarde nog 'n verdere reiniging benodig, moet sondermeer hierdie weg gaan; maar ook veral die groot geleerde manne van die wêreld, wat nog met baie eiedunk en selfsugtige trots behep is, moet eweneens hierdie weg gaan en dikwels, te begin met hierdie aarde, nog veel omslagtiger, aangesien hulle eers nog op die verskillende ander planete 'n louterende voorbereidende skool moet deurloop, voordat hulle op die son sal aankom. 15. Tussen die vroeë gestorwe kinders, wat onmiddellik in die son opgeneem word, en die daarna genoemde mense, wat eers later in die skool van die son opgeneem word, bestaan die verskil, naamlik dat die geeste van die kinders wat op die son opgevoed word, onmiddellik in die een of ander engele-vereniging van die eintlike ware hemel opgeneem word, terwyl die mense, wat op 'n planeet rypgeword het, sonder uitsondering die hele voorgeskrewe weg moet aflê. 16. Die mense egter, by name die wat op hierdie aarde in die suiwer liefde tot My oorgegaan het, vanuit die liefde al die wêreldse en materiële afgelê het en niks anders gehoorsaam nie as alleenlik My wil, het daardeur vir hulself die lang pad aansienlik korter gemaak, want hulle is waaragtig My kinders en waaragtig My broers en susters, en kom dus na die vreugdevolle aflegging van hul materiële liggaam onmiddellik geheel en al na My - en wel hulle wat alle liefde vir My koester, - in die boonste, allerhoogste hemele, waar Ek wesenlik Self woon. 17. Kyk, dit is dus die verskil wat daar blyk te wees tussen die geeste by name van hierdie planeet aarde, na die aflegging van die liggaam. Iets soortgelyks, alhoewel baie minder, kan ook die geval wees met die inwoners van die planeet Jupiter asook, hoewel nog seldsamer, met die inwoners van die planete Saturnus, Uranus en nog 'n derde, onbekende planeet*. Egter van geeneen van hierdie laasgenoemde planete kom die geeste direk in die boonste hemel nie, maar slegs in die eerste Wysheidshemel. *die eers 4 jaar later ontdekte planeet Neptunus 18. Nou is hierdie weë ook aan julle bekendgemaak, en daarom kan ons, aangesien ons nou hierdie uiterlike omstandighede van die son ken, oorgaan na die inwendige inrigting van die son en die aanskouing van die heerlikhede, waarby julle dinge sal sien wat nog nooit in julle gedagtes opgekom het nie. Sodat hierdie aanskouing nie te vinnig onderbreek moet word nie, sal ons dit alles vir die volgende mededeling bewaar. Genoeg dus vir vandag!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205