DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 51

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 49 Die Kunsmuseum van die tempel 1. Voor ons lê 'n drie myl breë vlakte, waarop rye pragtige vrugtebome staan. Gaan ons deur hierdie geurige lane, dan kom ons alweer by 'n ewe breë grag. 2. Wat sien ons aan die anderkant van die water? Ons steek dit weer met roeibote oor en lê nog 'n weg oor 'n gladde vlakte van ongeveer een Duitse myl af. 3. Kyk, hier verhef 'n nog kolossaler gebou as die vorige homself. Hy is weliswaar nie so breed nie, maar ten minste net so hoog. Aan die buitekant het hy ook geen vensters nie, maar daarenteen des te meer aan die binnekant. 4. Die hele gebou is hier in slegs sewe verdiepings ingedeel, wat beide aan die binne- en aan die buitekant deur die kleure van die reënboog onderskei word. Aan die buitekant sien ’n mens die kleure van die reuse-muur slegs as ononderbroke deurlopende strepe, wat parallel bo-op mekaar lê. Van binne lyk die enorme, kolossale galerye egter só gekleurd, dat elkeen daarvan 'n ander kleur van die reënboog het. 5. Elke gallery op sigself is so hoog, dat julle met gemak Europa se hoogste berg onder haar booggalery kan plaas. Vanaf die galerye loop simmetriese booggalerye dan die gebou in. 6. Waarvoor dien hierdie hele gebou dan? Dit dien vir hoër geestelike beskouings. Op sigself is dit 'n kunsmuseum, waar allerlei kunswerke op elke gebied uitgestal word, beide om te kyk, sowel as vir studiedoeleindes. 7. Daar sou iemand kan vra: Waarom is die vertrekke vir hierdie doel so buitensporig hoog? Wag maar, dan sal julle dadelik sien dat dit nie so ondoelmatig is as wat dit op die eerste oogopslag lyk nie, want die kunsbeoefening van die inwoners van hierdie gordel, veral op die gebied van die meganiese tegniek (ingenieurswese) wat noodsaaklik is vir bouwerke, is buitengewoon groots en dikwels ook heel ingewikkeld, soos byvoorbeeld hul uitsonderlike hefmasjiene en ook hul werpmasjiene wat van 'n buitengewone grootte en kompleksiteit is. Bring maar net hul reuse strukture voor die gees. Stel jou nou net voor tot welke, vir julle nouliks te verstane, hoogte hulle klippe met 'n gewig van verskeie duisende sentenaar omhoog moet bring. Wanneer julle enigsins hieroor nadink, sal dit tog sekerlik nie al te onbegryplik wees vir julle dat daar vir die bereiking van sulke doelwitte ook ooreenstemmende hulpbronne moet wees nie. 8. As Ek nou sê dat hierdie buitengewone hoë vertrek gevul is met sulke kunstige, tegniese toerusting, dan sal julle hierdie gebou absoluut nie te hoog vind nie, maar julle sal boonop nog moet bedink dat in hierdie vertrek slegs modelle, maar nie die werklike, mees verskillende soorte masjiene opgestel kan staan nie. 9. Nou sal julle wel vra: Waarom is daar eintlik sewe galerye hier bo-op mekaar, en is elke gallery so huiweringwekkend hoog? Dit kan soos volg verklaar word. Neem byvoorbeeld 'n steier, wat mens tog nodig het om nie net baie vadems nie, maar regtig myle hoë geboue op te trek. So ’n steier bestaan uit sewe dele, en elke deel is anders gekonstrueer, want sou die een gelyk wees aan die ander, dan sou die onderste die gewig van die ander daarop rustende dele immers nie kon dra nie. Daarom is hier in hierdie sewe verdiepings bo-op mekaar 'n hele stellasie opgestel, en wel in die verdieping op die grondvloer die onderste deel van die steier. Word 'n gebou nie hoër as één verdieping nie, dan is hierdie steier natuurlik voldoende. Word 'n gebou egter twee maal so hoog opgetrek, dan kan almal vanaf die tweede gallery, in presies bo die eerste verdieping liggende vertrek, die opset of die tweede deel van die steier bekyk en terselfdertyd bestudeer en so word die steier vir elke volgende, hoër verdieping met alle dele verder opgebou. Moet 'n gebou nog hoër opgetrek word, soos by tempels meestal nog die geval is, dan is op die grondvloer en wel in die aangrensende vertrek die volgende opset te sien, en daarbo weer die volgende hoër opstelling. Na gelang van die verskeidenheid van geboue is daar ook verskillende steierwerk, wat almal trap vir trap in hierdie kunsmuseum te sien is. 10. Dieselfde is die geval met die hefmasjiene, die sleepmasjiene, die werpmasjiene, die bindmasjiene, die skuifmasjiene, die drukmasjiene en nog meer dergelike masjiene, wat almal vir die bou van sulke reuse-geboue nodig is. 11. Nou weet ons watter doel hierdie reuse-gebou het. 12. Laat ons nou vanaf hierdie gebou weer voor ons uitkyk en dan sien ons weer 'n ongeveer drie myl breë veld voor ons, wat in belangrike mate beplant is met allerlei vrugtebome, maar waar midde in die vrugtebome terselfdertyd ook 'n oorvloed aan klein argitektoniese werkstukke te siene is. Uit alles blyk dit dat die skool vir die boukuns ook hier gehuisves is. Daarom staan hier ook 'n groot aantal klein woonhuise vir beide die leerlinge en leraars, wat ook die vruggebruik van hierdie boord het. Die volgende gebou sal ons egter eers die volgende keer in oënskou neem.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205