DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 73

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 71 Voortplanting, huwelik en sterwe op die sewende gordelpaar 1. Omdat die verwekking van die mens die begin van sy bestaan is, dit wil sê die intree vanuit die geestelike in die natuurlike sfeer in, sal ons ook daarmee begin. Hoe vind die verwekking nou by hierdie groot mense van die son plaas? 2. Julle het gesien dat die produkte van die land vanuit drieërlei bronne uitspruit, en daaruit sou julle kan aflei dat by die verwekking van die mens byna dieselfde sal plaasvind. Dit vind ook op drievoudige wyse plaas; egter nie of op die een of die ander nie, maar altyd op die tot 'n eenheid verenigde drievoudige manier. 3. Nou sal julle vra: Hoe is dit moontlik? Dan sê Ek vir julle: Dit is baie goed moontlik, want selfs by julle is 'n verwekking tog ook drievoudig, slegs in omgekeerde volgorde. By julle kom naamlik eers die sinlike en daarna eers, as’t ware gewoonlik onbewus¬telik, die van die siel en die van die gees. By die sonmense vind die geestelike verwekking egter eerste plaas en daarna volg die van die siel en ten slotte die liggaamlike. 4. Hoe vind die geestelike verwekking plaas? Deur die innerlike woord, gerig tot die innerlike woord. Waardeur die van die siel? Deur die wil, gerig tot die wil. Waardeur die liggaamlike? Deur mekaar vas te gryp, wat ongeveer lyk soos 'n broederlike omarming. Na so 'n omarming adem die man saggies oor die vrou en dan word die hele verwekking volbring, want wat Johannes oor die wording van die vlees sê, word hier letterlik uitgevoer. 5. Die groot betekenis lê dan in die wordende mens verborge as die basis waaruit hy self voortkom, en wat hy uiteindelik deur sy ontwikkeling as sodanig in homself herken. En hierdie basis is die sentrum waarin alles met mekaar verenig op die manier waarop Ek julle voldoende getoon het. 6. Nou het ons ook niks meer oor die verwekking te vermeld nie. Hoe word die huwelik voltrek? Ook die huwelik word, netsoos die verwekking, op drievoudige wyse voltrek. Beide egliede kom nooit deur een of ander uiterlike beweegrede bymekaar nie, maar uitsluitlik deur 'n innerlike. Indien hulle dit eens is in die woord en daarna ook in die wil, dan word hulle ook met hul liggaam één. 7. As 'n man van so honderd jaar (volgens julle tydrekening) dus sy oog het laat val op die dogter van een of ander vader en opgemerk het dat sy dit in woord en wil eens is, dan gaan hy na die vader en sê vir hom: "Kyk, hierdie meisie, jou dogter, kom in woord en wil met die van my ooreen. Gevolglik is dit die wil van die grote God, dat ek haar tot vrou neem. Ek sê dit vir jou, sodat jy jou dogter na haar wil sal vra en daarna haar liggaam na myne sal bring, sodat ek haar kan omhels en in haar 'n nuwe vrug van die lewe verwek." Na hierdie woorde roep die vader dan sy dogter na hom toe en sê vir haar: "Kyk, hier voor jou staan die man, wie se woord en wil jy dra ooreenkomstig die wil van die almagtige God; word daarom syne en laat jouself deur jou eggenoot omhels! God se seën sy met julle en Sy woord sy met julle lewe vir nou, vir altyd en vir ewig! "Dan lei hy sy dogter na die bruidegom en is die huwelik gesluit. Indien die vader nie meer in die lewe is nie, wat egter baie selde die geval is, dan word hierdie huweliksvoltrekking oorgeneem deur 'n ouer broer van die vader; is daar geen ouer broer nie, dan word die huwelik voltrek deur 'n ander man, aan wie die oorlede vader nog tydens sy lewe die verantwoording vir sy kinders oorgedra het. Hiermee word ook hierdie onderwerp afgesluit. 8. Hoe word die sterfte van hierdie groot mense voltrek, wie gewoonlik tog so ’n duisend jaar oud word? Die proses van sterwe voltrek homself op `n baie wonderbaarlike manier en word deur geen enkele man of vrou gevrees nie, inteendeel, dit is by hulle die toppunt van die allersaligste gebeurtenisse. 9. Daar is geen sprake van siekte daar nie, maar as iemand liggaamlik moet sterf, weet hy dit al geruime tyd vooraf. Gedurende hierdie tydperk, wat vir hom die mees verligte tydperk van sy hele lewe is, berei hy alles heel goed en doelmatig voor met die oog op die oomblik wat hy na die suiwer geestelike sal oorgaan. Wanneer daardie oomblik nader, word daar gewoonlik 'n groot dankfees gegee en na hierdie dankfees volg daar 'n vriendskaplike maaltyd. Daarna staan die een wie se tyd aangebreek het op en groet al sy familie en dan die hele buurtskap wat binne dieselfde boomsirkel woon. Dan verlaat hy die geselskap dadelik en begeef homself baie vinnig na 'n heuwel wat deur die hele geselskap gesien kan word. Wanneer hy homself daar bevind, gaan hy met sy gesig na bo gekeer op die grond lê en binne 'n tydsbestek van enkele minute verdwyn hy dan so volkome, dat daar nie die minste spoor van hom agterbly nie. 10. Spoedig na sy verdwyning keer hy volledig geestelik weer na die agtergeblewenes terug, waarby almal hom dan met die innerlike sig sien. Die aanskoue neem eweneens slegs enkele minute. Dan word die gees weldra van die geestelike oog onttrek en hy word nooit meer op hierdie plek gesien nie. 11. Wanneer dit alles verby is, begewe die hele geselskap hulle na so 'n berg en bring eenstemmig lof en dank aan God. Daarna keer almal weer huiswaarts en die mense is gelukkig en opgewek vanweë die groot genade wat God hul broer geskenk het. Die sterwensproses is op die hele gordel dieselfde, beide op die eilande sowel as op die groot vasteland. 12. Dit is vir julle miskien nog besonder om te weet dat die man gouer verdwyn as die vrou, en in die algemeen eerder die grootste reus as die kleiner mense. Dit is dan ook alles wat daar oor die sterwe van die mense op hierdie sewende gordel gesê kan word. 13. Dat alles wat daar gesê is op beide gordels van toepassing is, hoef nouliks vermeld te word. Aangesien ons met die beskrywing van die hele bewoonbare oppervlak van die son aan ’n einde gekom het, sal ons onsself die volgende keer na die inwendige van die son begewe. Genoeg vir vandag!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205